Dis Ek, Jackie

Nou ja, hier is dit nou. My eie BLOG.
Ek is nog nie lekker seker van die hele storie nie, maar die is seker ‘n begin. Ek is ook nog nie seker waste format die hele ding moet aanneem nie, gaan dit foto’s en stories wees ? Liegtories of ware stories ? Dalk ‘n lewenslessie of lekker reseppie ? Ek gaan nie nou te veel aandag gee aan die wat/moet/mag/wil ek post nie en maar net so elke nou en dan hier kom skribbel. Die “aim” van die blog is sodat ek eendag deur Thompsons Travel geborg kan word om te skryf oor ‘n afgelee plekkie soos Bora Bora, Europa vol te kan toer om ‘n “book signing” by groot boek cafe’s te doen, my eie talk show op Kyknet se Via kanaal te he of dalk net om eendag wanneer ek rerig oud is terug te kom en te kom kyk na al die wyshede en snert wat ek in my lewe uitgedink het.

IMG_20190104_093343
Ek as Jackie;
Nou maar toe, hier is ek. Dis ek…Jackie. In die groot scheme of things is ek seker nie baie belangrik nie, nou nie ‘n groot influencer (ek hoor dis hoe hulle van bloggers praat) of ‘n bekende wereld figuur nie. Ek is eerste van alles ‘n Mamma, dan ‘n mevrou, dan ‘n sussie, dogter en flippen lekker tjommie. Ek glo in Liewe Jesus, ek het ‘n regte job as ‘n ontwerper en sou so graag ‘n wereld reisiger wou wees.
Gebore in 1978 (JAAAA ek is 40 !!!), grootgeword in die Oosrand, gaan skool in Edenvale, staan elke dag op met hope toekoms planne en toe is ek 40 ! My kinderdae was die waarvan drome en movies gemaak word. Ek het twee onsettende lekker ouers, so gebless om hulle vandag nog in my lewe te he – imagine hoe oud is hulle al ! Ek het 2 jonger Brats vir sussies. Ons speel en baklei en plot mekaar se verdwynings daagliks maar kom nooit verder as om sus se Barbie te ontvoer of Klein sus (oftewel kleinboet – maar dit vir later) se fiets te saboteur nie. Ons ontgrooi ons stuitigheid en word beste tjommies. Ons is soos hobos wat uitgevind het waar die sop kombuis is – is kort kort terug by ons ouershuis vir kos en comfort !
Ek is nou nie rerig “vol” van myself nie, en dink ek het nogal okay uitgedraai. Ja die lyfie is nie soos ek dit in my drome gesien het nie, die ou gesiggie dra ook maar myle, maar ai die hart van my ! Die ding is soos die Ponte gebou – het ‘n miljoen kamers, amper bouvallig met vullis wat rondle, maar die fondasie is stewig !
Ek droom elke dag ! Baie lugkastele ! Ek droom van ‘n beter mamma wees, oulikker vrou wees of finominale ontwerper wees. Ek droom van ‘n cover page huis (grootste droom om my huisie eendag in die Tuis te sien), ek sou graag meer wou travel (tweede grootste droom om ‘n propvol paspoort te he) en ek droom van ‘n geel bikini (mag mens so baie drome he ??)
Jackie as ‘n mamma;
Op 10 Augustus 2009 gebeur ‘n ding met my. EK kry die aller aakligste krampe op my maag vroeg in die more. My blesskop kamermaat lyk nie eens bekommerd nie, hy slaap verder. Ek loop maak yskas skoon, gooi verlede maand se yogurt uit en vryf die margerien in die bakkie glad met die agterkant van ‘n lepel. Ek kramp weer – dis ongewoon ! Ek dink ‘n bad sal help, ek kan nie in nie en toe ek eers in is kon ek nie uit nie. Imagine hande vier voet, in ‘n lee gladde bad – pens so groot soos ‘n Webber se deksel – okay nee moenie Imagine nie ! Ek maak die aap wakker wat my in hierdie ander tyd gesit het. Nou is ek huilerig. Simpel man wil stort voor ons ry – my privates is op display – nie joune nie !!! KOM ! Laat ons ry !! Hy gooi ‘n handoekie op die sitplek van sy Isuzu dubbel cab boerwa. Nou is ek kwaad. Hy ry asof ons soek vir skou huise op ‘n Sondag ! Die res van die dag is so effe blurry. Ok, die details van die bevalling gaan ek nou nie op die eerste post deel nie.
‘n Baba huil en die besef dat dit myne is, is soos daai ice bucket challenge ! Yskoud en ‘n adrenalien rush soos ek nog nooit beleef het nie. Ek, Jackie, is ‘n mamma en die man wat in my hart woon is ‘n pappa !
Ek gaan nie vandag aangaan oor hoe fantasties dit is om ‘n mamma te wees nie – daar is nog baie wat vanaand gese moet word ! Maar ai, dis AMAZING !
Ek is gebless met ‘n wonderlikke dogtertjie, my Anjapanjaparrabout is ‘n sonstraaltjie, so ‘n lawwe, lekker kind. Pragtig binne en buite – ja ja elke kind is vir hul eie mamma ‘n future mej Suid Afrika, maar ek dink Anja het die potesiaal (hehehe). Maar o, sy kan ‘n klein merrie ook wees. My mamma kry so lekker as ek vertel van die kind se geite, se graag vir my “ja, voel hoe voel dit !” of “dis jou beurt”. Ek sien elke dag meer en meer van myself in haar – soms maak dit my bly maar meer maak dit my bekommerd. Kan die wereld twee van my hanteer ??
Die slot som van mamma wees vir my is; Het ek gedink ek kan so lief wees vir iets ? Het ek gedink ek kan worry en trots wees en panic en skreeu en lag en huil, dit alles in ‘n kwessie van 60 sekondes ?
Jackie as ‘n mevrou;
‘n Routine jol op ‘n Vrydag aand in my laat twintigs was die aand wat my lewe verander het. Ek en ‘n ander desperate en dateless tjommie vat die strate aan – met een missie; om so min as moontlik ons eie drankies te koop. Quite challenging aangesien ons albei al laat twintigs was, bietjie dik in die diff is en moet kompeteer met een en twintig-something year olds met aitsa lyfies. Ons kry ons oog op twee vars manne – ons was gereeld by die spesifieke “hool” en het nog nooit oog op die twee perre gele nie. Lang storie kort – die een wat ek eye like glo nie dik girls nie en sluk sy brandewyn. Die een wat agterbly vra of ek wil dans ? Nee eintlik wil ek he jy moet vir my ‘n dop koop en dan in jou karretjie klim as ons kla liegstories vir mekaar vertel het en verdwyn. Dit gebeur toe nie so nie, die details is bietjie R rated so ek sal dit op ‘n ander post reveal en ‘n password verkoop.
Die man kom kuier ‘n paar keer, ag hy is okay. Maak my so bietjie lag maar vry baie lekker, so ek maak maar die deur elke keer oop as die boerwa stop. Tot op ‘n dag, ‘n Vrydag. Ek maak sommer vanuit die kombuis die hek oop, skreeu deur die venster “die voordeur is oop!” Hy stoot die deur oop maar sukkel om verder te loop, ek loer vanuit die kombuis. Die stommeruk staan in die deur, MNET decoder in die een hand, oornag tassie in die ander. Ek kry ‘n paniek aanval en vra wat is eintlik nou die plan. Hy wil movies kyk, stort en tande borsel more. Ek verduidelik dat my huis nie ‘n tyd deel is nie, jy kom nie met intrek goete nie – en as jy wil movies kyk, bly by jou huis ! Weg is hy! Nou sit ek met ‘n magdom pasta Al Fredo en yskoue wyn. Ag, dink ek, dan vries ek maar en eet so elke nou en dan van die romantic dinner, aangesien ek nou WEER single is. Ek drink die yskoue wyn. Ek hoor ‘n gerammel by die hek, die hond blaf (Nix moet die hond maniere leer). Die vuil boerwa staan weer by die hek, sonder movies en niks tandeborsel en onderbroek vol gate. “Mag ek maar kuier ?”… and the rest as they say – is history !
Kort voor lank besluit ons om te co-habit (ander blog post want dis flippen snaaks !!). ‘n jaar en ‘n half later is ek “in die ander tyd”, skandelik as jy on-gehu is, maar heeltemal aanvaarbaar as jy op die drumpel van 30 staan. Ons praat van trou maar ek skop vas. Ons word ouers en ‘n jaar later haak ons die knoop deur op ‘n pragtige bruilof (daasy, nog ‘n blog post) en vandag amper tien jaar later vind ons mekaar nog elke dag. Ons baklei lekker maar ons droom ook lekker saam. Ons leer om met mekaar se foute saam te leef en prober mekaar ook elke dag verander. Die struggles van getroude lewe is real, maar ek geniet elke oomblik van die journey.
Jackie as ‘n dogter en sussie;
Ek spot graag en se my ouers het twee keer weer probeer om weer die perfekte kind te maak en moes maar moed opgee !
Wowie, Jackie as dogter was seker die grootste pyn in die ass. Ek was cheeky en o so slim. Maar daar is niks wat jou so aarde toe bring as twee ouers wat swoeg en sweet om jou groot te kry en nie ‘n dag daaroor kerm nie. My mams en paps het albei baie hard gewerk maar in hul “af” tyd het hul elke oomblik met ons gedeel. Dinge vir ons geleer; dinge soos lief wees, share, explore en live ! Dalk moet Ma hier kryf – sal haar vra om ‘n guest influencer te wees !
As sussie was ek seker maar die tipise ousus. The ruler of the roost. Of so het ek gedink. My twee kleinsussies is net te flippen cool. My middle babba sus Ange is mevrou Revlon, het al op 4 begin blush en lipstiffie dra, kan haar altyd deur ‘n ring trek. Is jonk getroud en maak 3 kinders groot – oor haar kan ek 100 bladsye skryf, sy is my inspirasie en my groot klip. My baba sus, Nix is eintlik my baba boeta. Het die nickname McGyver gehad, kan vir jou ‘n Uno overhall met ‘n pak prestick en ‘n kondoom. Special spesie maar o so groot plek in my Ponte hart !
Jackie as ‘n tjommie;
Jackie is sekerlik die beste tjommie wat jy kan he – al moet ek self so se; ek oordeel nie, ek vat nie kant nie en ek is beslis nie ‘n drip nie. Ek is wel baie kieskeurig oor wie my tjommies is. Ek is nie ‘n snob nie, maar ek kan nie pretentious mense hanteer nie. Ek maak maklik vriende, maar ek kan vining lees wat of wie iemand is. My weakness: having many friends. My strength: getting rid of bad vibes !
Ek dra my pelle in my hart vir altyd. Ek sien van my maatjies min en van julle te veel ! Ek maak moeite as jy kom kuier of soms nie. Maar weet dat ek altyd saam met jou sal huil, lag en glo.
Jackie as ‘n “designer”;
Ek is nou nie ‘n Givenchy of Prada designer nie. Ek ontwerp partytjies vir mense in die bo dorp van Johannesburg. Ek maak blomme en kies lappe. Partykeer verduidelik ek hulle dat hul slegte smaak het – asof ek van Kempton af beter weet… maar ek gee maar my opinie. Ek werk vir ‘n lekker patat wat verstaan waar ek vandaan kom en saam leer ons mekaar van mooi. Ek word geinspireer deur graffiti op die brue in downtown Jozie, mooi lappe wat hulle in Parys ontwerp en die deurmekaar blom neste wat die Gurus in Amerika maak.
Ek love my 9-5 maar is oortuig daarvan dat ek heeltemal te min betaal word – maar het agter ekom dat dit is maar almal se kermliedere.
Jackie as Liewe Jesus mens;
Ek is nou nie jou standard “Bible Pusher” nie – og dis so lelikke term !! Maar ek is wel oortuig daarvan dat “All of this” is nie te danke aan die wonderlikke mensdom nie. Daar MOET ‘n higher power wees wat al die goete beheer.
Ek het aan myself belowe dat ek nie politiek en te veel geloof op my blog gaan post nie, maar ek sal nooit terug staan sou ek wens om iets oor my eie geloof, oortuigings en ervaringe te post nie. Hoe kan ek as ek elke dag te veel blessings ontvang – en dis nie omdat ek so fabulous is nie – dis omdat iemand Groter na my omsien.
Jackie;
Welkom by my Blog.

Disclaimer

Alle gebeurtenisse in hierdie blog is fiktief en mag ‘n helse liegstorie wees. Alle karakters en plekke is van my eie verbeelding. Maar as jy dink ek praat d

15 thoughts on “Dis Ek, Jackie

  1. Yay! Dis so lekker gewees om wakker te word vanoggend en te sien die blog waarvoor ons almal so lankal wag is hier! Geluk Jax, en mag ons nog jare lees oor enige iets waaroor jy wil skryf. Lief vir jou vriendin xxxx ps. Jy sal moet skryf oor jou tyd hier in Dubai ook!

    Like

  2. Jackie, jy is een ongelooflike mens. So het ek jou leer Ken, maar… Tog het jy ontpop en net beterder geword.. Ek geniet jou skryf baie en voel baie geerd dat ek lank lank gelede saam met jou op ñ stoep gesit en gelag en gehuil het…. Xxx

    Like

  3. Hahaha. Deur Thompson tours geborg word! Dit is die eerlikste rede wat ek nogal gehoor het hoor. Ek dink die res van ons jok as ons nie secretly ook graag wil gaan reis op iemand anders se beursie en daaroor skryf nie. Ek weet nie wat gaan jok wees en wat nie, maar count me in. Xx

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s