Oorwin deur Volharding

Driehoek-hoerskool-logo-1

Hoe maak die leuse van Hoerskool Driehoek nie eweskielik sin nie ?? “Oorwin deur Volharding”. Ek het gaan soek op google om mooi verklarings vir die woorde te kry; maar iemand moet asseblief die HAT op google gaan sit. Ek vertaal dit na engels, dit lees; “Conquered by perseverance” – hoe magtig is daai woorde nie ??

conquer

[ˈkɒŋkə]

VERB
  1. overcome and take control of (a place or people) by military force.

    “he conquered Cyprus” ·

    [more]
    synonyms:

    defeat · beat · vanquish · trounce · annihilate · triumph over · be victorious over · best · get the better of · worst · bring someone to their knees · overcome · overwhelm ·

    [more]
    • successfully overcome (a problem or weakness).
      “a fear she never managed to conquer”
      synonyms:

      overcome · get the better of · control · get control of · master · gain mastery over · get a grip on · deal with · cope with · surmount · rise above · get over · curb ·

      [more]
    • climb (a mountain) successfully.
      “the second Briton to conquer Everest”
      synonyms:
      climb · ascend · mount · scale · top · crest
    • gain the love, admiration, or respect of (a person or group of people).
      “the Beatles were to leave Liverpool and conquer the world” 
    perseverance

    [pəːsɪˈvɪər(ə)ns]

    NOUN
    1. persistence in doing something despite difficulty or delay in achieving success.

      “his perseverance with the technique illustrates his single-mindedness” ·

      [more]
      synonyms:

    Jammer vir die les in engels, maar daar is woorde wat vandag vir my so uitstaan soos ‘n spiral perm by ‘n matriekafskeid; “overcome” en “determination”

    Die skool wat in die ergste tragedie gedompel is se leuse is steeds: ” we will overcome by our determination”

    Vrydag 1 Februarie was geen ‘significant’ dag in my lewe nie. Ek het soos gewoontlik te lank gele en toe ek sien die tyd raak min, almal vergil omdat ons gaan laat wees. Ek en Ani-kind baklei want sy wys vir my die haarstyl wat op haar 365 hairstyles app wat Oupa afgelaai het op haar foon sonder sim is. “hoe kan ek jou hare SO kry as jy nie wil he ek moet dit uitkam nie?” haar trane le vlak en my geduld is op !! Ons woon skaars 100 meter van die skool hek af en Google Ways se dis 6 minute as ons stap, dis 7:25, selfs al stap ons vinnig gaan ons dit nie maak nie – soos elke ander oggend. Ons klim in die kar en voor ek in tweede rat is stop ons voor die hek. Die opsigter staan al by die hek met die pad lock sleutel – reg om Anja uit te sluit.. ons soen en druk vinnig, sy hol met haar fensie Zuca wielietjie tas die hek in, skaars in, lui die kok. Ek klim in die kar, steek ‘n sigaret aan en se dankie aan die boonste dat ek die kind nie aangerand het voor die skool begin het nie !

    Ek luister die nuus oppad werk toe, die uur en wat trippie werk toe is siel dodend; ek luister maar net die traffic – asof dit my gaan help as ek reeds in die middel van dit is. Die nuus is ‘n korrupte spul, stories oor politikuste wat steel of leen, celebs wat kinders aanneem en treine in ander lande wat van die spoor af loop. ‘n Skool in die vaal driehoek se brug het geval hoor ek – ek dink ag sies tog ! steek nog ‘n sigaret aan… die melk is klaar by die kantoor en ek drink bitter swart koffie. Iewers in my agterkop dink ek weer ‘ag sies tog’. Die klomp by die kantoor luister een of ander new hits op spotify en ek hoor nie weer die nuus of verwikkelinge van die “ag sies tog” storie nie. Maar iewers is ‘n spook; ek bel huis toe so net na die skool uit gekom het – iets wat ek bitter min doen. Magoggo is mos daar, sy kry vir Patat by die skool, maak vir haar 2 minute noodles of vis vingers en tjips vir lunch. “mamma bel maar net om te hoor hoe was dit by die skool.. is alles okay daar ?” vra ek. Sy antwoord kort-af, worry net oor hoe laat Tannie Ange haar kom oplaai.

    ‘n Toneel uit my grootste nagmerrie speel af by ‘n skool so 80 km van my af. Ek ken niemand in die skool of iemand met enige verbintenis tot die skool nie. Ek hoor klein brokkies van wat aangaan, maar is steeds nie vreeslik bekommerd of beinvloed nie. Ek en Angie en ons girls kuier by ouma die Vrydag aand. Ons drink wyn en maak gebruik van oupa se uncapped wi-fi om op social media op te vang. “Dis bad” se Ange, “wat?” vra ek. “man, se sy, die Driehoek skool se ding”. “ja” se ek. En ons drink wyn. Ons gil vir ons kinders wat nie met hulle voete op ouma se bank mag sit nie. Ons rol ons oe toe hulle na agt nog wakker is.

    Die driehoek skool se “ding” is Saterdagoggend die hele facebook en News24 vol. Met ‘n effe seer kop lees ek wat nou eintlik gebeur het. Dis erg. Dis baie baie erg ! Daar is stories van kinders wat dood is. Stories van kinders wat baie baie seer gekry het. Stories van mammas wat in ongelukke is oppad ramp toneel toe. Nog stories van wie se skuld dit is; die hoof, departement en selfs die voorvaders is blameer. Onwillekeurig rol daar trane oor my wange want daar is stories van mense wat saamstaan, mense wat bid en mense wat hoop. ‘n Tannie wat naby ‘n hospitaal woon waar een van die erg beseerde kinders is sit ‘n advetensie op facebook; sy se die ouers van die kind moet haar asb kontak, sy het verblyf, koffie en ‘n skouer vir troos om vir hul te gee. Ander mense wat kan help met berading (gewoontlik teen ‘n tarief) bied hul dienste aan vir enige iemand wat hul nodig het verniet aan. Die hele gemeenskap om en naby die skool dra blomme, kerse en gebede na die skool toe.

    Ek ken nie een van die kinders wat hul lewens verloor het nie, ek ken nie een van die kinders wat beseer is nie – sonder Google maps sal ek nie eers weet waar die skool is nie. Ek het wel elkeen se gesiggie gesien, elkeen se laaste whatsapp of facebook profiel fototjie gesien, elke laaste foto wat mamma of pappa van hul geneem het gesien – en my hart is in stukke.

    Liewe Mamma en Pappa, Boetie en Sussie, Ouma en Oupa, Vriend en Vriendin van die Driehoek tragedie slagoffers. Ek het net soos jy my kosbaarste besitting Vrydag skool toe gevat – met ‘n geskel en gesukkel. Ek het net soos jy gedink ek gaan vanmiddag my liefling kind by die skool gaan haal. Ek het net soos jy ‘n naweek vol planne gehad… maar ek was lucky !! Ek is so bitter jammer vir jou verlies, ek is so jammer dat jy nie nog ‘n kans gekry het om daai laaste oomblikke saam met jou liefling kind oor te kan he nie – want sou dit anders gewees het ?

    Ek was Lucky !

     

     

3 thoughts on “Oorwin deur Volharding

  1. Hoërskool Driehoek is my man Louis en Lenie se man Marius se skool. Ons hou lekker reünie by die skool as dit ons mans se beurt is om hul ou skool maats weer te sien. Die hoofseun van Driehoek is n familie vriend. Hy het Saterdag 18 jaar oud geword. Hy is deur tragedies in sy lewe, maar is n sterk mens en lewe ook die skool se leuse uit.
    Hierdie tragedie het mense reg oor die land geruk. Ons is dankbaar vir die Vaaldriehoek se mense. Vandat ek my man daar gaan haal het om hier in die Oosrand te kom bly, mis ek die mense se omgee daar in die Vaaldriehoek.
    Sterkte aan almal wat deur hierdie tragedie getref is.

    Like

  2. Was baie sad sussie. Ons maak die kinders wat brille verloor het, nuwes. Van maatjies wat oorlede is of beseer is se ogies was getoets. So baie bekende gesiggies in koerante. Baie hartseer. Oral op tasse en om bome in die strate is pers en geel linte, wat sê, ons dink aan hulle. Regtig erg.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s