I love you no matter what…

I love you no matter what

 

Vandag verloor ek dalk die helfde van my 5 followers deur die post, maar dis hoe ek voel oor die storie, so ek gaan dit nie vir myself hou nie !

Elke kort kort hoor ek van iemand wat “uit kom”. Nou wat presies is uitkom ?? Hoe presies val mens uit die kas uit of soos my kleinsus(kleinboet) gese het, moer uit die “lickerhercabinet” !! Ja ek verstaan dis nou wanneer iemand die aankondiging maak dat hul gay is – so stupid is ek nie ! Maar hoekom nou juis die hele drama ??

Voor ek verder skryf wil ek net eers se: Die is nie ‘n hate post nie, dis ook nie ‘n geskryf om jou van jou mening te laat verander nie, dis net my eerlikke opinie oor die hele straight en skeef ding.

Ek bevind my in ‘n industrie wat ‘n haas nes is ! Ek is seker die enigste girl wat ek ken wat in ‘n straat vol kroe kan afloop en dan op eindig in ‘n moffie bar ! As ek wil weg kom van die regte lewe loop klim ek ‘n vliegtuig reguit na my tra-la-la maatjies toe. Ek’t groot geword met oomies wat rooi lipstiek dra as hulle laf raak en my kleinste sib is ook ‘n letbos – so van gay mense kan jy my bitter min vertel. Eintlik kan jy my NIKS vertel nie – want die helfde van my hart is geverf met reenboog kleure !

Vanoggend lees ek raak op Facebook dat een van ons land se mooiste mans aankondig dat hy skeef is. Ek wil amper ontplof !! Nie omdat daar nou nog ‘n man minder is vir hubare girls nie of dat “all the good ones are either taken or gay” stelling nou nog sterker is nie. Ek is so kwaad, teleurgesteld en hartseer. Ek voel ek wil blomme stuur en simpatiseer. En dan weer is ek boos ! Ek ry vanoggend al die pad werk toe met so swaar gevoel op my hart… een wat wil praat – nee skreeu :”SO WHAAAAATTTTT !!!????”

Wat is homoseksualiteit ? Hoe verduidelik ek dit vir my 9 jarige dogtertjie ?

homosexuality

Dictionary result for homosexuality

/ˌhɒmə(ʊ)ˌsɛkʃʊəˈalɪti,ˌhəʊmə(ʊ)ˌsɛkʃʊˈalɪti/

noun

noun: homosexuality; plural noun: homosexualities

  1. the quality or characteristic of being sexually attracted solely to people of one’s own sex.

 

Dis hoe google dit verduidelik. Aangetrokke tot ‘n persoon van dieselfde geslag. My magtag ! al die bohaai oor dit ???? Al die skande, vernedering en verwerping oor dit ??

In ons mamma sirkels sit ons baie en gesels oor die drome wat ons vir ons kinders het. En keer op keer kom die gesprek op van “wat sal jy doen as jou seun/dogter gay is?”. Dis daar wat ek my wyn sluk, en die situasie ontleed, ek vra vir myself, self is die ‘n battle wat jy bereid is om te verloor, is die mense wat jy weer wil sien of is die vriendekring tight genoeg om my te hoor sonder oordeel. Die volgende vraag is gewoontlik; Jackie hoe het jou ouers dit hanteer toe Nix se sy is gay ? Kyk, ons kom uit ‘n baie afrikaanse gemeenskap; NG kerk se mense, ‘n konserwatiewe lot bitches wat duur gin drink ! Om gay te wees is ‘n siekte vir mooi mans, ‘n epidemie onder die rigtingloses en ‘n straf vir die slegte ouers. My uitgesprokenheid gaan gewoontlik gepaard met die hoeveelheid wyn wat ek gedrink het. Maar dit klink gewoontlik so iets;

Jong, hoe moes hulle dit hanteer ? Opsie een was om te gil en skreeu, haar te vervreem en weg te dryf om haar lewe skelm te gaan lewe. Opsie twee; gryp ‘n bier sussie en vertel ons meer van jou meisie. En hier is nou die ding; wat die hel maak dit saak ?? Waarom ‘n label plak op iets so natuurlik soos aantrekkingskrag ? Hoekom voel homosksuele mense dit nodig om te se; Hey ek is gay ? En hoekom ag straight mense hul self so superieur dat hul MOET weet wat iemand anders se seksuele keuse is ? Want daai label gaan oor baie meer as net jou klere drag, kar wat jy ry of opvoeding wat jy het. Daai label gaan oor die persoonlikste deel van jou lewe. Die deel van jou lewe wat jy met een spesiale mens deel – ongeag hul geslag.

Ja ja, ek hoor julle klomp koeke nou; die moffies leef ‘n losbandige sondige lewe en die lesbienne is ‘n klomp suip lappe wat hoer en rumoer. My skat, wanneer laas was jy by ‘n sokkiejol by die dorp se Hoerskool ? Of by ‘n Nagklub vir “straights”? Wat se jy ? Dis nie dieselfde nie ? Hoe nie ?

Die volgende vraag wat my ‘n aar wil laat bars is as iemand vra; Is hulle so gebore of is dit ‘n keuse ? Ek glo vas dat in vandag se lewe kan mens daai keuse maak as dit is wat jy werklik wil he, ek glo ook dat jy is gebore soos jy is. Ek is vet gebore – dit was nie my keuse nie, maar ek het besluit om “uit te kom” en daarmee saam te leef. Ek ken mense wat slim gebore is, maar die keuse gemaak het om nie dokters te word nie. Ek weet van baie mense wat siels ongelukkig is in normale huwelikke want dit is wat society/mense van hul verwag. So nee ek glo nie jy kies dit nie, jy kies hoe jy gaan lewe met dit wat in jou DNA vas gevang is.

Dan, my gunstelling vraag; Wie is nou die mannetjie en wie is die vroutjie ? MY FOK !! Gaan lees weer wat google se; attraction to a person of the same gender !!! Hoekom dan nou deur al die moeite gaan om uit die flippen kas te val om dan nou net met ‘n vroutjie op te eindig, as dit juis ‘n man is wat hy soek ?? Ja ja, daar is seker meer verfynde moffies en butch letbosse maar dit maak hul nie ‘n man in ‘n vrou se lyf nie, ook nie ‘n lady in a mans body nie. (Daai is ‘n ander episode en ‘n saak waarvan ek min weet.) Maar net soos ek meer aangetrokke is tot ‘n groot, dik bleskop boerseun, is sommige girls meer aangetrokke tot ‘n groter stewiger dame wat Uno’s kan overhall en sommige mans hou meer van ‘n mooi glad geskeerde gesiggie wat ‘n pasta kan aanmekaar slaan met net ‘n klein voorskootjie aan. Ja die moffies se huise is mooi en die letties bly soms in caravans, maar dit maak hul nie anders as enige straight mens wat ek ken nie !!

Maak dit aan jou lewe ‘n verskil om te weet of iemand straight of gay is ? In sekere gevalle beslis; dit sal darm ‘n groot klap in die gesig wees as ‘n man heel aand vir ‘n sexy pop staan en ogies maak en dan uitvind sy hou eintlik van girls. Ek wil my altyd doodlag as die Homophobes so staan met ‘n brandewyn in die hand en se; moffies pla my nie, hulle moet net nie aan my kom peuter nie ! Ek wil in ‘n lagspasma vir hom se; nee wat my skat, moffies het baie beter smaak !

Gaan jou lewe so drasties verander as jy uitvind jou kind is gay ? Ai ek hoop nie so nie ! Ek kan aan baie erger dinge dink as ‘n kind wat aangetrokke is tot iemand van dieselfde geslag.

Hoe verduidelik ek gay aan my kind ? Ek hoef nie. Ek verduidelik dit net soos wat ek die huwelik verduidelik; dis liefde vir ‘n ander MENS.

In conclusion; Hou op labels plak op mense ! Ek’t juis lables vir alle orientasies gebruik in die post om te highlight hoe belaglik dit is ! As jy wil he die queens moet labels dra moet jy asseblief volgende keer jouself ook voorstel as Straight Jan, appeldammer en vroueslaner, Of Koek Katrien, Bakster by dag, Hoer by nag !

Rainbow_flag_and_blue_skies

 

4 thoughts on “I love you no matter what…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s