We don’t need no education..

Graad 4 is nie n flippen grap nie!! Ons staan aan die einde van die eerste kwartaal van die tweede keer wat ek graad 4 moet deur kom. Ek Kan nie onthou dat die eerste keer so moeilik was nie!!

Anjapanjaparrabout is nou offisieel n senior in die laerskool. Dit begin met ‘n grand moerse duur tas.. Een met wielietjies, n uit trek handvatsel soos die van ‘n lugwaardin. Daar is ook geheime sakkies binne in gewerk om die snoepie geld weg te steek, n wafferse knip om jou horlosie ook veilig aan te knip en uit die oog van ‘n lang vinger maatjie te hou en n spesiale padded bere plek vir jou sakrekenaar.. Maar daar is nie plek vir jou kosblik nie. Die kosblik moet in n cooler bag wees want die snacks moet koel gehou word.. Hemel weet niks so aaklig soos n warm laevet suikervrye bubblegum yogurt nie. Die fyn gesnyde groente word in n apparte Tupperware gepak sodat die brood rolletjie met ham nie soggy word nie. Dan vir tweede pouse is daar sout koekies en droe vrugte in nog n Tupperware. Die water is in n insulated stainless steel fles terwyl die sap of te wel oros in n botteltjie met n ingeboude strootjie saam gaan. OK, terug na die tas.. Elke vak het sy eie custom made by ouma denim sakkie met verkillende kleure bias binding.. Elke vak se alles word daar in geprop. Om die tas te pak is al klaar n graad werd.

Skooldrag is deesdae ook n fashion statement! Net in November laas jaar was die onder die knie rok geen probleem. Magoggo (my goedgetroue slafie) of soos Parrabout haar roep “Mags” vra vir navy blou gare. Waarom vra ek.. Ag sommer iets wat sy moet reg maak se sy! Die Klein merrie het haar ingespan om die roksoom 3 cm korter te maak!!! O well, soom is ingestryk en wat weet n 40jarige tog nou van school fashion anyway?? Ek moet bieg as ek sulke mooi bene gehad het het ek my rok sommer 5cm gelig!! Ek hoor dat skool sokkies nie meer omgevou word nie en dat al die cool kinders nou van daai diksool skoene met die velcro strap dra. My oe rol terug in my oogkaste en my beursie se zippie haak vas! Nie te min.. Dit was tyd vir nuwe skoene. Eerste skool dag kan ek sien dat die Jimmy Choo skoene die hel uit haar druk, maar sy weet beter as om iets te se! Die foon het ook nou n app wat 365 hairstyles vir jou gee soos daai bybelversie vir elke dag boksie wat my ma op haar bed kassie het. Ek skaf n lot rekkies aan, kry daai brons skuifknippes en n paar scrunchies en moerse blou lint strikke! Dag 1 gaan die skuins vlegsel wat dan soos n roos opgerol word goed. Dag 2 is n franse vlegsel in n kant ponie stert.. Ek ace die hair styles vir so 5 dae.. Toe verloor ek my shit.. n bolla of lae pony is nou in fashion verduidelik ek.

Dag 1 hoor ek hoe cool dit is om klasse te wissel. Mamma.. Al die juffrouens is so awesome behalwe die SW juffrou, sy is kwaai! Wat de moer is SW??? vra ek myself. Dag 3 hoor ek dat die spesiale duur tas wat gemaak is om trappe op en af te klim nou onder moet staan want die wielietjies MET mags beskadig glo die trappe!!! Daasy R2000 down the drain!! Gelukkig het ouma color coordinated denim sakkies… met velcro… vir elke vak gemaak! Afrikaans is rooi, engels blou, wiskunde geel, SW pers en NW groen… Wat de moer is NW???

OK.. Tas is gesort, lunch box gepak, uniform en hare on point. Nes ek dink graad 4 is n breeze stap ek in die huis in om n berg boeke te sien wat moet decifix kry!! Ek hoor ook ELKE potlood pen skerpmaker en koki moet gemerk word.. En wat doen ek? Ek verloor my shit!!! Toe ek skoon gemaak het gooi ek n glas wyn, gaan sit by die eet kamer tafel en merk ALLES en trek elke handboek.. Ag ekskuus president boek oor met daai plak plastiek wat bubble en kraak en kak maak!

OK nou is die stationary en boeke ook gedoen!

Week 2 begin met n huis werk boek wat vol skribbels is.. Sien tot nou toe het die juffrouens blaadjies laat afrol wat met prit vasgeplak word.. nou moet die groot senior kinders van ons self huiswek van die bord afskryf. DISASTER!!! Dis bladsy 4 in jou tuisskrif boek en bladsy 12 in jou klas werk boek Dan bladsy 1549 in jou watse flippen boek ook al. Ons moet in vaste skrif skryf en met gekleurde penne inderstreep!! Ek bid dat Gods water oor God’s akker sal loop en besluit dat ek elke aand sal vra.. Is jou huis werk gedoen en het jy hulp nodig. So gat ons aan.. 7 weke lank. My standard vraag kry n standard antwoord.. Jip mama als gedoen, geen hulp nodig.. Soms kry ek n sjo mams wat is die of daai. Google help my die antwoord uit figure en more oggend begin die taspak hare bolla en kort rok ritueel maar van voor af. Ons seil deur graad 4!!

So 4 weke terug word ons per sms genooi na die ouer aand.. Dis mid Februarie. Die grade hoof juffrou maak sit ons op daai klein stoeltjies en tafeltjies en verduidelik nou aan ons al die goete.. Bietjie laat dink ek maar nie te min. Sy kondig af dat die eksamen .. DIE EKSAMEN!!! oor 2 weke begin. Bleksem!! Skool het Dan nou net begin waaroor kan hul tog EKSAMEN skryf? Nee verduidelik sy die leerders (nie kinders nie) het 2 weke van te vore die werk afbakenings gekry.. Ek is verbaas. Verbaas dat Anja niks gese het nie.. Verbaas dat ek so sleg ouer is want al die ander mammas steek hul hande op en vra watse aanvullende werk hul saam met die kinders kan doen.. Shit ek dog huis werk is aanvullende werk!!!

Ek verduidelik vir Anjapanja dat sy sal moet beginne leer en dat ons sal saam deur die werk gaan. Maar so gat my lewe aan.. Ekt mos n regte job en n gin klub! Sondag voor die maandag wat EKSAMEN begin vra ek vir sussie of sy haar werk ken. Ja mamma ek Ken alles!! Gaan haal die Ramaphosa boek dat ek jou vra kan vra.. Die kind het nie n flippen clue nie!!! Sien die Mbeki boek het al die inligting maar die oefeninge is sommer sulke half sinne waar jy net die woord habitat moet invul. Vra jy nou die kind wat is n habitat dink hulle dis n magazine by die PNA!!

Ek loop n mamma van n tweeling graad 5 seuntjies raak.. Ek vra hoe de hel het hulle in graad 5 gekom.. Sy se met bid en n paar taai klappe. Ons besef dat ons kinders woorde moet leer wat hul nooit gebruik nie.. Woorde wat hul nooit hoor nie en woorde wat hul in die toekoms bitter min gaan gebruik. Ons staan en lag en besluit dalk moet ons soos die Zuma boeke beginne praat. DAN Sal hulle weet wat ‘n nedersetting is!

So dis hoe gesprekke nou in ons huishouding tans is:

Kom Anja, ons gaan nou met ons enjin aangedrewe vierwielwa beweeg na die mensgemaakte landmerk, die inkopiesentrum. Daar Sal ons voeding gaan aankoop om terug te neem na ons beskutting.

Ai dis jammer ons nedersetting het net n PickNPay want ek hoor dat die 5de siklus van die plant op uitverkoping is by woolies. Ag n ou saad draende vrug sou lekker in jou middag versnapperinkie wees.

Ag wel, Kom ons neem die aankope na ons habitat voor die storm kom sodat ons beskerming teen die elemente het!!

Nou mense, vrinne.. Wie van ons praat so.. Dit laat my wonder of education regtig is cracked up to be what it is? Moet ons nie dalk ons kids laat monitor om te sien wat hul belangstellings is nie. En hul Dan sommer nou in graad 4 (want nou kan hul lees en skryf) stuur om vir n beroep te gaan leer nie? Hemel weet soos wat die koste van voortbestaan styg sal n derde inkomste welkom wees!!!

25 thoughts on “We don’t need no education..

  1. My kiddie is nou eers in Graad 1 en dis ‘n daaglikse “struggle” om haar huiswerk gedoen te kry… Want alhoewel hulle die alfabet letters (nie in alfabet volgorde nie) leer beteken nie hulle kan actully lees wat hulle moet doen met die huiswerk nie. So ons Graad 1 Parrabeen Mammas is maar “hands on!” Met die werk met die hoop dat ons Graad 1 weer sal kan slaag….
    Het jy geweef hulle kry al floppen Woordsomme as huiswerk? In my dae van graad 1 het ons meestal in gekleur en die alfabet geleer… Nie woordsomme gedoen nie… En oh my word het daai woordsom omtrent chaos veroorsaak op ons graad 1 whats app groepie! En het amper begin prentjies teken vir die mammas net sodat hulle dit ook kan verstaan!

    Like

    1. My dogter is nou Graad 5. Sy het nog nooit die Alfabet by die skool geleer nie. Sy het dit wel by die huis geleer. Hoe is dit moontlik?

      Like

  2. Oh the joys!
    Ek het drie seuns, almal 2 jaar uitmekaar. En voor jy my krediet gee, dit was nie goeie beplanning nie, net shitty timing 😆
    Vandag is my oudste 21, en ek kan nie dink hoe ek al die jare deur die skool en eksamens en entrepreneursdae en en en gekom het nie. My oudste kind is ERG perfeksionisties, so in grad 1 het ek begin boeke oortrek en die papier gemeet sodat die hoeke ewe breed is en die sellotape ewe lank is (you get the picture). Min het ek geweet hoeveel dae ek sal sit om al drie se boeke so oor te trek, ek kan mos dit nie net vir die een doen nie. Ek is trots om te sê dat ek teen nou al boeke PERFEK in my slap kan oortrek 😆
    Van die kosblikke (lees wavragte kos elke dag) praat ek nie eers. Liewe Jesus het egter geweet om vir my seuns te gee. Ek kan skaars my eie hare vleg, so my dogtertjies sou met geskeerde koppe rondloop!

    Like

  3. Ek het lanklaas ‘n hele blog deur gelees eb so lekker gelag en as ‘n ma van ‘n Gr 4 kan ek net sé – Ek deel die Pyn . Nedersetting , saaddraende vrug en al . Kyk as ek jou eers moet verduidelik dat die loot van ‘n plant , niks met die lood in sy potlood uit te waai het nie , is ek al klaar op !😂😂

    Like

  4. Ek is nou weer in graad 4 en sommer ook graad 2. Dit wat jy hier verduidelik is my daaglikse struggle!! Sterkte ann almal wat deur skool moet kom. Dankie vir die lekker lagn

    Like

  5. Ek het darm nou lekker gelag. My jongste nou graad 8. Ek het al baie dae gewonder of die onderwysers regtig dink dat die kind alles op hul eie kan doen. Die take is só ingewikkeld en omslagtig; dat ek wat die ouer is, dit eers ñ paar keer moet deurlees. Ja nee. Hef aan lê voor.

    Like

  6. Dis die wonderlikste pitkos-lag wat ek ervaar het met hierdie raak-beskrywing van ma/dogter wat gr 4 moet slaag. As ouma vsn ‘n gr 4 leerder het ek respek vir my skoondogter wat haarself “op-die-altaar-plaas” met hierdie uitdaging. Geen wonder haar gr 1 dogtertjie was verlede jaar bekommerd: “sal mamma tyd kry om my ook te help in gr 1?” En….haar mamma doen! Dis ‘n voltydse “beroep” (sonder betaling) wat hierdie mamma het. Haar “salaris” is visa-versa liefde….en ek is so dankbaar vir so ‘n mamma vir ons kids.

    Like

  7. En moet nie vergeet dat hulle nog sport en die en daai ekstra klas moet bywoon!!
    Jaag heeldag rond……voel of ek mal word!
    …..Dan as jy ander mammas by die skool raakloop lyk dit altyd of hulle sonder enige stres……al hulle balle kan “juggle”!
    “We will survive”

    Like

  8. The struggle is real!!!! Dankie tog ek is nie die enigste Mamma wat so voel nie en dankie tog vir n skelm glasie wyn in die aande net om jou self by jouself te kry want as die kinders se monde oopgaan het ek partykeer geen idee wat nou net gesê was nie en jy is MOS n Mamma en n Mamma weet MOS alles.
    🤣🤣🤣🤣🤔🤔🤔🤔🤔🤦🏼‍♀️🤦🏼‍♀️🤦🏼‍♀️🤦🏼‍♀️🤦🏼‍♀️

    Like

  9. Jy slaan die spyker so op die kop. Nou sit ek met trane in my oë en dank ons Liewe Vader vir my kinders se piepklein laerskooltjie met 4 Graad 4’s en besef hoe gelukkig ons is vir juffrouens wat persoonlike aandag aan elke kind kan gee. Hierdie mamma baklei ook oor gaan doen nou huiswerk, maar dit is minimaal, want juffrou het reeds alles in detail verduidelik. Ons is geneig om oor klein dingetjies te wil kla, in ons geval dat Gr.3 en Gr.4 saam in ‘n klassie moet wees, maar eintlik is ons so geseënd. Baie sterkte aan al julle mammas wat van voor af moet Gr.4, en al die ander grade, moet doen met die “wonderlike” onderwysstelsel wat ons het en met kinders wat in klasse van 40 sit. Ek weet my kind se juffrouens kry na die vakansie elkeen ‘n yslike persent.

    Like

  10. Baie lekker geskryf so uit my maar gelag vir die pitting storie ek het n nasorg Elke jaar is gr 4 n kopseer van voor af dit is nie net vir die ouers n aanpassing maar ook vir die kinders sterkte aan al die mammas ek het die grootste bewondering vir n mamma wat werk nog tyd maak om die kinders te help

    Like

  11. Alhoewel ek nie kiddies het nie, my studies was in verband met die welstand van persone binne die education system.. n sisteem wat ek voel n totale gemors is… Ek het 2 susters-kinders en ek hoor hoe dit gaan.. ek hoor gedurig by vriende hoe hul kinders sukkel, ons sien en lees gedurig in die media oor hoe die kinders sukkel.. ons sien en hoor ook hoe die onderwysers uitbrand.. Ek dink ds hoogtyd dat ouers hul voet neersit en protes by skole oor die belaglike druk wat op hul kinders geplaas word.. my moer man, kinders van 5-8 jaar oud moet SPEEL!! Maar nee, blykbaar voel die hoë koppe daar in hul kantore dat kinders akademies gedruk moet word totdat die arme lyfies emosioneel knak wanneer dit assesserings-tyd is.. ek het geskrik toe my susters-kind die 1ste keer vir my sê, “nee, sy kan nie more skool mis nie, want hulle het assessering.” Sy wqs daaityd slegs 7jaar oud.. assessering, hoe de moer weet jy wat beteken die woord assessering, het ek by myself gedink.. Om terug te kom na ouers… Ouers moet n standpunt inneem en hul stemme laat hoor by die skole.. Jy het die reg, ds jou kind se welstand wat lei onder die dysfunctional skool sisteem.

    Like

  12. My kinders is al in Gr 8 en gr 6, maar vir my was die ergste graad, gr 3, met die uitgebreide notasies. Jy moes eers self iemand kry om jou Wiskunde te verduidelik voordat jy jou kind met huiswerk kon help.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s