Wine not?

Ek is lief vir wyn. Nee ek is Baie lief vir wyn! Maar ek moet ernstig praat oor die nuwe kultuur wat ontwikkel het as gevolg van sosiale media. Dis kommerwekkend hoeveel dronkgat tjommies ek het.

Maak eers gou die blog toe en gaan in jou foon se gallery in. Gaan loer.. Veral by jou WhatsApp kiekies. Gaan tel hoeveel snappies daar is met ‘n drankie. Ja jy weet waarvan ek praat. Daai kiekies met n fyn gemanukuurde hand wat n pikante glas wyn vashou teen n asemrownde agter rond.. French nails.. Polish crystal wine glass en die African sunset.. Of die branders van die see. Daar is ook die wat sommer die bierbottel op die pallet tafel kiek. En dan kan ons nie vergeet van die ry kortglasies vol malkoppie gif nie.

Ja jy weet ek praat van die tipe fotos:

Ek self is skuldig aan die onnatuurlikke begeerte om my drink gewoontes te wil share. En ek moet wonder hoe het ons ‘n generasie van suiplappe geword?

1. Stress

Dis 2019 mense!! Ons spandeer ure in die verkeer om by’ n job uit te kom wat net genoeg betaal om aan die lewe te bly. Ons bly in fensie huise wat ‘n simpel bedrag geld kos om te onderhou en te stock met onder andere wyn. Dan moet ons die fensie huise afshow aan ons grend vriende wat met spog motors aankom. Hul cooler bokse is vol duur gin, skaaptjops en ingevoerde wagu beef. Ons kan dan mos nie paptert en noodle slaai voorsit nie.. Nee dis uitheemse slaai met goats milk cheese en vye van Woolies. Ons laat die slagter Tbones sny so dik soos n messelaar se duim. Ons braai op hout van die bosveld wat per gram verkoop word. Dan na die byeenkoms moet daar skoon gemaak word. Ek kan dit nie self doen nie want ek het plastiek naels wat baie duur is en sal smelt as dit in aanraking kom met skottelgoedwater. So ek het ‘n liefslaaf wat dit doen.. Maar die is al ook so upstairs dat sy net Sunlight wil gebruik.. Nie daai cheap 5 liter seep van die plastiek winkel nie. Volgende week is die soiree by jou huis.. My cooler boks moet beter lyk as joune van laas week en net om jou te wys bring ek ‘n aartappel dis wat ek deur Gordon Ramsey laat maak het. By die kuier kla ons oor ons kinders se miljoene aktiwiteite en hoe ons stress oor die kostuums wat met regte Swarovski kristalle borduur word en die nuwe rugby tokse wat hul laat skop soos Naas in die ou dae! Ons kerm oor ons mans wat so hard werk.. Nooit by die huis is nie.. Dis net werk en jag! Skiet kudus vir die horings en zebras vir die vel. Ons stress ons byna in ‘n onbewusheid in oor ons Desember vakansie se visas.

Hulle se stress is a silent killer en wyn is die antiobotika.

2. Beskikbaarheid

Dis soooo maklik om wyn in die hande te kry. Ek het so paar jaar in die midde ooste gewoon.. Daar moes jy liksens he om bottelstoor toe te gaan en self dan moes jy amper vrystaat toe ry om proviant te kry. Enigste ander opsie was drankies by hotel kroee.. En dis n duur uit stappie. Onlangs in europa kry ek myself amper ‘n duisend rand betaal vir 2 drankies en 2 gifsappies! Daar kan jy drank by die vulstasie koop as jy bereid is om R40 vir n bier te betaal. Hier in moederafrika vloei drank soos moedersmelk.. Elke supermark, koffie winkel en kinder partytjie venue sal die goed aan jou smous.

3. Sosial pressure

Nou maar watse explanation het jy hier nodig? Kry my vir ‘n wyntjie na werk.. Join my wyn/gin/boek klub.. Selfs die kinders vorseer ons al om wyn te drink.. My liewe klein Bella kan my so brainwash as dit lyk of ek wil ry by my sus se huis en sy en Anja het nog nie klaar gespeel nie.. Aaaag Channie Chax drink net ‘n ou wyntjie! Met ‘npuppy face en groot oe wat tot in my siel kyk.. En dan wat doen ek?? Ek drink ‘n ou wyntjie.

4. Status

Ons is ‘nlot brag gatte.. Dis ‘n show me yours and I will show you mine kompetisie as die bottels drank uitgepak word. Check hierdie papawer infused gin of die 300 jaar oue whiskey! ‘nstandaard six pack bier wat in plastiek verpakking kom is nie goed genoeg nie.. Nee dis daai ses lang maer botteltjies wat in ‘n karton dra boksie met ‘n handle verpak is of ‘n craft bier wat so langhaar hippie in ‘n shed gebrou het. Kyk ek is geen wyn Kenner nie.. Ek se altyd die verskil tussen ‘n duur bottle rooi wyn en ‘n doos no name brand is net die eerste sluk! Daarna proe en maak dit dieselfde.. Maar ek vrek liewers voor ek ‘n papsak uit haal! Sacrifice liewers ‘n pak mince wat 5 mense kan voer vir ‘n bottle pinotage vir my eie plesier!

5. Want dis lekker

Nee dis flippen lekker! Ons klomp Suid Afrikaners is ‘n lot sosiale mense. Ons hou van partytjie en Dan maak ons so! Ons gee ons oor aan ‘n lafenis na ‘n lang dag se werk.. Ons reward ons self dat ons nog ‘n dag survive het. Ons maak van enige geleentheid ‘n verskoning om ‘n doppie te vat. Ons deel ons vreugde met sjampanje en verdrink ons sorge met gin.

Na so gekuier bid ek dat ek nie in die toe stand moet dood gaan nie.. En Dan op ‘n oggend soos vanoggend, as ek so voel voel waar die grandpa is en hoop die glas op die bedkassie is nie vol van gister aand se laaste.. Heel laaste dankie nie, dat ek onsteld is dat ek nie maar heen gegaan het nie.

3 thoughts on “Wine not?

  1. Hmmmm ek het nogals so die laaste tyd gewonder wat dit is wat mense soos babas maak wat hul tietie bottel soek as dit by drank en wyn kom…..ons is van nature mense wat ook baie lief is vir kuier saam ons vrinne maar kan eerlik sê meeste van tyd is dit sonder ietsie sterk, ons het so bietjie meer as n jaar terug getrek na n nuwe dorp en bly buite die dorp op n plaas tussen n klomp (wyn suipers) wyn boere en mens ek kan eerlik vir jou so dit gee my n groot kramp in my g_t dat mense so afhanklik is van drank en die ergste is dat ons wat ni saam suip ni soos iemand behandel word wat n virus het, ek het geen probleem met iemand wat n glasie klink ni maar binne perke….ek sê vir jou ons kan net so lekker party en lag en kuier sonder dai gegiste drankies en ten minste kan ek more oggend opstaan sonder n kopseer en kan almal in die oë kyk.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s