What’s cooking good lookin’??

Dis 3 slapies voor payday.. Die laaste paar sente dobber so rond in die Savvy account. Hulle brand om gespend te word, maar hulle moet wag vir “incase”. Incase die kind siek word, incase die geyser bars of incase die wyn opraak!

Dis vrydag aand van ‘n lang naweek.. En ons het belowe dat die naweek vat ons dit rustig.. Geen kuiers en geen gerondrits nie. Hemel weet die “Vans” het dit nodig! Maart was ‘n mal maand van eksamens, familie troues en onbeplande kuiers. So, vrydagaand, lang naweek, braai is out of the question en loadshedding is real!

Ek beloer die loadshedding skedule, dis omtrent so betroubaar soos die weervoorspelling op ‘n SABC kanaal. Ek beloer die koskas en vrieskas, dis omtrent so leeg soos ‘n supermark in Zimbabwe. Ek beloer Pinterest vir inspirasie en dis so depressing soos ‘n hondebegrafnis!

Ek het ‘n pakkie mince in die deep freeze, ‘n ice cream bak half vol gekookte rys (wens iemand Kan n formule uit werk vir hoeveel rys is genoeg?!?),’n blikke no name tamatie en uie smoor en ‘n knorr brown of dalk wit onion soup. Ek het ‘n half loaf cheddar kaas.. Genuine, kaas was op special laas naweek, kon ‘n stuk so groot soos ‘n sasko Sam witbrood koop vir 50 Rand! En dan nog so paar random ingredients wat vra om in ‘n dis gesit te word.

Ek besluit dat vanaand gaan ek iets van niks maak nie. Gaan al die amper klaar bottles souse saam klits. Ek love kos maak! Ek maak snaakse disse as ek gaste het, meng origanum en heuning vir ‘n marinade of braai fetakaas met broodkrummels vir ‘n slaai. Maar magtag vanaand gaan ek uit die boks uit moet dink en flippen kreatief raak.

Dankie tog die doos no name brand wyn het nog so paar teugies in! Ek maak die glas net onder half vol en beginne die bestandele noukeurig by mekaar sit.

Ek vat jul graag saam my op die eksperiment. Volgende blog post is dalk iets soos “ER memoires” of “one night in ARWYP”. Hou duim vas mense!!

OK, ek het uie gerasper, gehuil soos een wat “The Notebook” vir die eerste keer gekyk het. Die mince moes ek in die microwave ontdooi en nou is dit so halfgaar en bleek. In die mengsel kort ek bietjie knoffel, origanum, Ina Paarman se meatspice en so amper koppies meel, sou meer in gooi as ek gehad het.. O ja en ‘n eier blykbaar help dit om die hele spulletjie te bind!

Die lot goete werk ek met die hande deur.. Dis effe gross. Word so slapspul maar ruik heerlik! Die gemeng sit onder my cafe naels vas en rol moeilik in balletjies. Ek pak hul op ‘n bakplaat om in die 220 grade oond in te gaan. Ek reken so 30 minute.. Om kleur te gee.. Want nou nou het ek nog n plan met die 32 balletjies.

Waragtig! 30 minute later en die outjies is prima! Ek skep die oorbly rys in ‘n baie fancy oondbak wat ‘n klient 2 jaar terug via Yuppy Chef se koerier by my laat aflaai het. Ek besluit armgatgeid beteken nie dat ons nie grand kan wees nie!

Nou pak ek die bolle opi rys. Ek meng ‘n sous van wit uie sop, kook water, tamatie en uie smoor en so happie chutney. Dit lyk min, toe moer ek nog kook water by! Ek klits met so gadget wat ek by een van daai stalletjies by een of ander expo by die Dome gekoop het. Jy weet daai stalletjie waar die ou klomp kool koppe optjop en wortels rasper met een magic tool.. En die show special sluit die woerts warts klits ding in. Jy druk af op die hadvatsel dan spin daai klits kop soos ‘n tuimeldroeer in die winter!

Die hele lot word nou gedompel in die sous en vir shits en giggles rasper ek kaas en strooi dit bo oor. Terug in die oond met jou. Ek bedink wat ek die dis sal noem. Die Amerikaners maak mos so one dish casserole as hulle potluck partytjie hou. Ek dink aan ‘n paar name.. Die een wat ek die meeste van hou is “saucy balls on rice.”

Ons eet lekker saam vanaand.. Dis mos vrydag so ons eet sommer op onse skote voor die TV. Anjapanja vra vir nog en Pappabeer se ek moet ‘n bordjie wegsteek vir ontbyt. Dit kiek nie so mooi op die bord nie, maar dit smaak hemels!

Ek sit en bedink die proses van die dis bymekaar slaan. Ek besef dat ons onder geen omstandighede as arm geklasifiseer kan word nie en is teleurgesteld in myself dat ek met ‘n witbrood en meatballs onder die arm loop en kla! Vir my is payday net 3 dae weg en ek kan nie help om te wonder tot wanneer sommige mense moet wag tot payday nie! Ek gaan vanaand slaap met n dankbare hart!

One thought on “What’s cooking good lookin’??

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s