Ek’s vervelig!

Verveelt Ani, Verveelt.. Nie vervelig!! As jy se jy is vervelig beteken dit dat JY is oninteressant! Maar as jy se jy is verveelt is jou LEWE oninteressant.. Moerse verskil!

Dis skool vakansie, die laaste week daarvan en elke oggend voor ek gaan werk moet ek hoor hoe vervelig my 9 jarige is. Ek noem ten minste 6 goed op wat sy haarself mee kan besig hou terwyl ek by die werk is waar ek sit en dink aan 6 goed wat ek liewers sal wil doen as om te werk.

Ja ja tye het verander.. Toe ons op skool vakansie was kon ons op ons fiets spring en na maatjies toe gaan wat in ander voorstede van die dorp woon. Ek onthou hoe ek amper 5km per fiets, sukkelend en sweetend by my pellie gaan kuier het. Ons kon ons maats in die straat bymekaar maak en cafe toe stap om ‘n hand vol nickerballs of pakkie warm slap tjips te koop. Ons het lekker gaan swem by die public pools en kon ure lank in die mall rondloop.

Vandag maak ons hekke met ‘n kode oop.. Net ek, bleskop en Mags het die kode. Selfs as die roomys outjie met die klokkie verby kom moet hy tot teen die hek met sy boks vol droee ys en ‘n aanval van een van my vicious brakke oorleef. Charlie is ‘n Boston Terrier wat so hoog soos ‘n volwasse man kan spring en Bobby is ‘n pug wat soos ‘n hotrod, neus ini grond, gat ini lug staan en rev.. Reg om enige boef die grootste skrik van sy lewe te gee.. Wag, waar was ek.. O ja, ons kinders wat agter slotte en hoe mure die vakannsie moet deurbring. Die swembad is met ‘n stywe net oorgetrek wat net n body builder kan loskry. As hul ‘n speel maatjie oornooi moet ons eers die hele pedigree nagaan en as hul wil gaan speel by ‘n maatjie moet die mamma of pappa tuis wees.. Verkieslik die mamma… Ons wil weet wat hul vir middag ete gaan eet en is die speel area veilig.

Is ons oorbeskermend of net realities?

My parrabout spandeer die meeste van die vakansie tuis, saam haar Magogs. Die twee is besties ! Ek kom gereel by die huis en dan le die berg ongestrykde wasgoed soos Everest en wag om geconquer te word, maar die klip harde lag wat uit die speel kamer kom laat my dit oorsien. Ek stap in die kamer in waar die twee klaar blyklik die hele dag al speel. Mags lyk as of sy verjaar het en by die Spur haar gesiggie laat verf het. Die arme ding sit met facepaint wat iets tussen ‘n butterfly, prinses en tier is. Please take a picture ma’am vra sy. Ek kiek haar en Anja saam. Die speel “studio” is onderste bo, tussen facepaint en dress up het hulle tyd gekry om die barbie huis ‘n makeover te gee met oulappe en mosaic teels uit my craft kas. Ek stap uit om van my bra en skoene ontslae te raak en die twee giggel verder!

Ek vra Anja of sy verveelt was vandag. Nee mams ek en Mags het die lekkerste dag gehad.. Sy vat my stap vir stap deur elke aktiwiteit, hul het selfs vis vingers en tips vir midagete gehad en jellie gemaak vir ons om vanaand te eet. Ma, more Wil ons koek bak! Goeie genade dink ek, hier dog ek om net 1 kind te he is meer ekonomies. Toe nie!!

En soos klokslag more oggend moet ek hoor.. Mamma ek is vervelig, wat gaan ek vandag doen? Magtag Ani dis verveelt!! En lyk my die kind se kort termyn geheue is ook met vakansie.. Ek herinner van die koek.. Ja maar as dit kla is! Kan jy vir Ouma bel om my te kom haal? So gevra so gemaak. Sy en Mags bak koek en laai dit in toe ouma kom haal.

Twee aande by ouma, ek is opgewonde vir bietjie alleen tyd. Niemand wat vra vir milo of inspirasie vir hul vervelig lewe nie. Ek en Bleskop maak n lot planne, gaan al daai movies kyk wat nie kid friendly is nie, dalk gaan drink ons ietsie by die local water gat. Kom ons gaan fliek.. Loop kaal in die huis.. Eet prawns. Doen alles wat ons nooit kans voor kry nie. Die idee van dit alles klink idilies. Ek belowe dat ek nou deur ‘n stort gaan spring, lekker etetjie aan mekaar slaan en dan is die hele vrydag aand ons sin.. The world is our oyster!

‘n Verskriklikke ding gebeur.. Ek word verlam! Ek kan my gat nie lig van die bank af nie.’n Ander tipe luiheid posses my!! Die stort word uitgestel, die lekker ete word Mr delivery. Die dop by die pub word ‘n slukkie doos wyn en die fliek by die bioskoop word n rerun van een van die Bond movies op catch up. Ek kyk nie eers kla nie, slaap lekker opi bank. Sien, vir die eerste keer in n lang tyd is ek dood van verveling en ek LOVE dit!!! Wanneer laas was jy so verveeld dat jy sommer besluit het ag dan doen ek maar net mooi niks nie?

Anja is terug van die kuier van die jaar, was vrot bederf, daai bekkie is nie vir n minuut still nie. Vertel waar hul was wat hul gekoop het en wat hul geeet het. Met haar nuwe t-hempie aan met daai sequins wat goud dan rooi is en n paar nuwe skoene staan sy voor my, shit ek het na haar verlang dink ek, vra sy, mamma, wat het jy gedoen?

Ag Ani, mamma was maar vervelig!!

2 thoughts on “Ek’s vervelig!

  1. Ja, ek moes al ouma gewees het want my 1ste kleinseun is vandag 9 dae laat! Hoop nie dit is ń voorbode van sy toekoms nie. Hoop om so ń goeie ouma soos Anja s’n te wees en kan nie wag om die 1ste “vervelige woordjie uit sy mondjie te hoor kom nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s