Mom For Sale

“Waar kan ‘n ma op my ouderdom in die land van ons, met twee kinders aan haar sy, haar lyf verkoop?” ‘n Mamma vriendin van my vra my die vraag vanmiddag nadat sy die hoeveelste geld insameling kollekteer briefie kry. Julle ken daai ‘R1 vir elke kilometer wat Susantjie stap’ of R10 om die rugby score te raai vormpies!

Ek puzzle ook met hoe om daai bladsytjies vol te kry. Kyk, ouma en oupa kan ook net soveel gee.. En sus het self drie kinders wat met sulke A4 afgerolde irritasies by die huis kom.

Hoe gemaak om die skooltjie wat elke dag my kind so mooi leer te help met fondse?

Ons betaal getrou skool fonds, stuur die ekstra geldjies vir die oom met die paddas, akkedisse en slange wat kom wys. Ons gooi R5 in die bank sakkie in die huiswerkboek vir slipper dag, hoed dag, funny socks en crazy hair dag. Ons koop kaartjies by die hek as ons wil sien hoe sus ‘n hokkie bal mis slaan en hoe boeta sy skouer uit pootjie uit tackle in die rugby game. Ons nooi al ons vriendinne na die oggend tee waar ons amper soveel soos ‘n Afrikaans is Groot konsert kaartjie betaal om die skool koor te hoor sing en een of ander moeg motiverende spreker te hoor waar sy vertel van die waardes van mamma dogter tyd. Pa gaan vang vis saam die manne net om ‘n ketel te wen teen ‘n fooi.

Ek beskou ons gesinnetjie as ‘n middel klas inkomste eenheid. Ek en Pa het albei goeie werke.. Nie een van ons is regtig geleer nie, m.a.w daar is nie sertifikate van grade teen ons mure nie… Maar ons doen oraait. Altyd geldjie vir ‘n braai of A3 karton vir die skool projek. Maar ek bekommer my dood oor enkel mammas of gesinne waar die pappa dalk net nie vaste werk kan kry nie. Wat de hel doen daai mense met bedel briefies??? Daar is ook nou weer die ander kant van die spektrum, die ouers met heeltemal te veel disposable income.. Ja die wat melk tert personeel kamer toe stuur en die seuns se kleedkamers kit met lockers. Basies die toekomstige leerlingraad mammas en pappas.

Dan kom die gesegde.. It takes a village to raise a child.. In my gedagtes op! Ons wat Kan moet gee.. Ons wat Wil moet meer gee… Ons wat nie Kan nie hoef nie!

Kyk ek het in my 4 jaar skool loop baan al elke part van die hoof se tekenprent karretjie gekoop vir die kaskar dag, 100km gesponsor wat ek weet my kind nie gaan stap nie en gegamble op die uitkoms van die olimpiese spele. Maar soms wonder ek waar gaan daai geld heen?

Ek is nie ‘n mamma wat rond hang by die skool nie. Ek sien nie as die badkamers nuwe gordyne of 2ply toilet papier kry nie. Ek weet nie van die mooi netbalsakke wat die eerste span kry nie en ek wonder hoekom die paviljoene se planke so los en vol splinters is. Ek weet glad nie watse finansiele verpligtinge die skool het nie want daai vergaderings is dieselfde aand as my gin club!

Ek kerm saam met al die mammas oor al die ekstra geld wat ek moet betaal vir dietjies en daaitjies by die skool! Maar.. maar ek is flippen bly ek hoef nie ses honderd agt en negentig kindertjies elke dag op te voed, te versorg en liefde te gee nie!

Liewe skool, ek stuur my peanutbutter broodjies met liefde vir die broodjie projek, ek betaal met my laaste sente vir ‘n ou fliek in die saal en ondersteun elke droog boereworsrolstalletjie net omdat julle, naas myself, vir my kind soveel liefde gee. Julle leer haar so baie waarvoor ek nie tyd kry nie. Julle gee so baie tyd vir ons brats dat julle eie brats soms daar onder lei!

Stuur daai irriterende briefies.. Herinner ons weer op WhatsApp.. Maar asb.. Groot asseblief moenie ophou om die goeie werk te doen wat julle doen nie!!

Met Baie liefde van ‘n mamma met ‘n hart vol waardering.. Al is haar beursie leeg!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s