Gee my krag!

Dis dag vier .. Eintlik dag vier en n half!

Vrydag aand was alles nog hunky dory hier in tappit valley, my bleskop kamermaat noem die buurt waar ons woon so! Ek en parrabout het vroeg voor die TV gaan le met ongesonde kos wat ek by n plek gaan koop het wat jy sommer jou kaart in n masjien druk en dan ry na n venster waar n gesiglose arm jou kos aangee. Pa was besig om n ketel by die golf club te wen so ons girls het heerlik gele en girly movies kyk. Ons moes energie spaar want parrabout het more n dans kompetisie.. En ma mag nie wyn drink voor so groot dag nie, Hemel weet die cat eye make up en Beyonce vlegsel kani aangepak word met n omgekrapte maag of deurmekaar kop nie.

Pa kom tuis en praat n taal wat redelik foreign klink, ons giggel en gaan klim ini bed want more oggend, voor die mossies poep moet ons hare was, krullers insit en dans taste pak!

Die mossies poep vanoggend glad nie! In fact dit is nog pik nag giet donker! Ag nee dink ek by myself.. Dit kan sekerlik nie al 6 uur wees nie dis dan nog nag! Nee flip! Iets is fout, die muurlig in die tuin wat gewoontlik op my skyn so een van daai helicopters wat n boef in die stad soek, skyn dan nou nie op my nie. Lekker, dink ek by myself, vandag gaan Ernie Els met sy kroniese hoofpyn ligte moet fix. Ek sluip kombuis toe.. Wil net gou een skelm koffie drink voor dat die klomp wakker word en my kombuis in n room service by n air bnb verander. Die flippen buislig in die kombuis het geblaas!! Ag wat, nog ietsie vir Tiger Woods om te fix! Die ketel werk nie.. Gelukkig het Retief een gewen by die golf dag! Nee o shit, iets groot is fout, die liggie in die yskas het ook geblaas!

Ek is dadelik boos!! Gary Player het vergeet om pre paid op die krag boks te sit.. Want dis hoe ons rol in die onder dorp.. Op pay as jou go vir alles! Ek check sommer die trip switch… Lekker tappit!

Hey! Se ek vir bleskop.. Word wakker! Laai krag! Hy praat weer foreign, maar die keer verstaan ek!

A.pa.rent.leee is daar n krag onderbreking en die hele flippen kempton is uit! Nee maar dis reg… Paar uur sonder krag.. No probs! Die ekurhuleni laat weet hul is bewus van die probleem, werk daaraan, seker by die KFC wat n generator het!

Nou maar toe. Toe maak ons n plan. Ons pak alles in n sleeptassie en vertrek reguit na ouma se huis toe. Daar is krag, koffie en morele ondersteuning!

Aangekom, uitgepak, stort gevang en die haresessie begin! Nou wonder ek of die R400 wat die salon my wou vra dalk die moeite werd sou wees?? Ek knoop my vingers en beginne swets! Ek kan dan skaars skoen veters vas maak, hoe de moer moet ek die styl regkry? My Pa, n ingeneur verduidelik dat die hare wat ek invleg in eweredigge stukke verdeel moet word! Ek rol my oe en vra vir n glas wyn. Hy rol sy oe en verduidelik dat ek dalk n drank probleem het.

Dasy, hare gedoen, Kat oe geverf en een miljoen rand se bedazzled swem broek is aan en ons vertrek. Die kompetisie gaan oraait, flippit nou is ek bly ek het nie R400 se hare laat doen nie! Tuis gekom na die dans karnivaal en glo dit of nie… Snik nag heet donkerte! Die local raadslid het n storie, Facebook en die koerant n ander storie!

Sussie was ha gesig met koue water en ons loop klim ini bed, more is nog n dag!

More Kom, dis soos daai movie “Groundhog day”. Die ketel het weer ontplof, die buislig ini kombuis is gefuse en die soeklig is uit. Moerse oe rol emoji, dit kani wees nie.. 24 uur, geen krag! Wat maak mens nou met n amper 2 kilo vark blad wat pulled pork wraps moes word. Wel, mens klim ini kar met die ontdooide stuk vleis, elektriese stoompot en wraps en ry reguit na ma se huis toe. Pak sjampoe en skoon onderklere verduidelik ek vir my twee loseerders. Ons gaan by ouma bad, eet en movie kyk.

Ouma en oupa is uit vir die dag, die 2 skirminkels wat daar losies betaal maak oop. Al te bly iemand is daar om kos te maak! Die twee help om alles uit te laai, en die gekook begin. Manlief en baba beer kyk n movie. Ek en die huurders kuier, kook en giggel!

Nuutste update van die metro, geen krag word herstel tot dinsdag aand 6 uur. My f@< marelize!!! Hoe nou???

Nou ja toe, so survive ons sondag en maandag aand, ons tel die ure af tot 6 uur Dinsdag middag.

Nou ja toe, ses uur het gekom en gegaan. Self die DA het my n oproep gegee vandag vol lee beloftes. Die koerant praat ook snert en Facebook is vol kermgatte en bodorpse poepholle wat glo hulle het reg op elektrisiteit! Ja ja ou bees, ons almal betaal rates en taxes, ons almal stem en ons almal het stink plekke wat ons wil was!

Ek le vanaand salig in my warm bedjie, sonder elektriese kombers, ekt self vuur gemaak en vleis en braai broodjies voor gesit, ekt n voeltjie bad gevat en koffie gemaak met warm water wat ek op n geleende primus gekook het. Ja ek gaan n magdom vleis en yogurt moet weg moer wanneer die krag aankom en ek weet dat more oggend gaan my haarstyl iets wees om te aanskou.

Ek is vies dat ek so afhanklik is van krag. So useless is sonder n haardroer, ketel en selfoon charger!

Ek is dankbaar vir die tyd wat ek het saam my 2 favorites, sonder TV en sonder elektriese gadgets wat ons van mekaar af weg hou.

Die vuurtjie het geknetter en die rooi wyn was kamer temperatuur! Dinge kon baie erger gewees het.

Slaap sag mense van my dorp, met n bietjie ongeluk het ons more krag dan het jy te veel ander dinge om te doen as om my blog te lees. Xxx

One thought on “Gee my krag!

  1. Jou skryf tegniek is awesome. Lag so lekker…voel jou frustrasie. Ons was in April 3weke aaneen sonder krag. Ons substasie het gegroet….geen fondse vir nuwe een gehad nie, toe gaps “hulle” een in Vereeniging. Jy sal n boek moet skryf. Jou blog stories is te kort.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s