Gee my krag.. Dag vyf!

Ag, dog ek update al my 12 followers op die situasie hier in die derde wereldse dorp van ons.

Het heel dag gesit en introspeksie(groot woord) doen.. Dalk is die probleem nie die krag nie.. Dalk le die probleem met die cope sonder krag by my.

Dinge staan nou so:

Bleskop het n generator by n tjommie (wat in n dorp woon waar krag nie n probleem is nie) gaan leen, eers n moerse gesukkel om die ding aan die gang te kry. Mens sou dink omdat sy pa n sparky was hy iets van die goed sou weet… Niks! Eers breek die trek rat kabel pully stuk kak (sy woorde) toe het ons in ons hele 4 slaap kamer huis nie een ster skroewedraaier vir die plug nie!

Ek raak vir my rustig en beduie ek sal water kook op die geleende primus vir bad en koffie. Aandete is so one pot wonder wat ouma aan mekaar geslaan het, so volgens my is ons gesort. In my agter kop worry ek so bietjie oor die vleis en yogurt.. Maar ook nie te veel nie.

Kyk ekt myself beduie dat ek kan tot die krag weer aangaan n mislukke mens met vuil hare wees.. Of ek kan n vrolikke gypsy word wat vuil hare soos n nuwe trend laat lyk wees!

Iets rattle net buite die laundry, klink amper soos die 1 reeks BMW wat ek destyds gery het, n diep gerammel en dan n saligge suis. Ek besef my liewe man het die elektrisiteit opwekker aan die gang gekry. Hy loop breebors in en skakel so paar goete op die DB bord aan. Ek deel in sy triomfantlikke oomblik, maar ek is min gespin, ekt kla gevoeltjie bad, koffie geskink en le lekker in my bed en blog.

Die ding raas dink ek, maar dis snaaks hoe vinnig dit sommer net in die agtergrond aangaan. Ek dink hoe ek altyd kerm as die buurmam vier huise weg gras sny.. Hoe daai enjin my mal maak, maar die ding pla nie rerig nie. Is dit dalk omdat ek weet hy is hard besig om my oggend stort se water warm te maak?

Ek luister fyn en hoor nog so paar van die petrol suipende masjiene in die buurt. Ek giggel by myself dit laat dink my aan my baie jonger dae toe ons hot rods gaan kyk het op n Vrydag en drags toe was op n Sondag.. Ja ja toe jy was ook jonk en commin! Die gerev van die opfesoepte Unos en Ford escorts het net so geklink.

Jip, vanaand voel ek waragies soos n gypsy. Een wat verdwaal het en opgeeindig het in n plek wat so mix tussen fast and furious en fiela se kind is! Petrol walms in die lug en waslappie in die skottel.

Nou le ek en wonder wat kan ons gesinnetjie nou doen vanaand.. Nag 1 en 2 was lekker om te le en chat, bietjie catchup gespeel en mekaar weer leer ken. Ons het ook sommer op verlore slaap opgevang.

Ons het vanaand minder vir mekaar te se en Patat se eksamen is verby so kan ook nie meer trivial persuit speel met haar handboeke nie!

Ek gaan n paar aktiwiteite voor stel vir bietjie vermaak vanaand. Kom ons speel charades. Wat is dit vra my kind.. Ek verduidelik dat ons moet act en movies of TV shows of iets probeer uit beeld sonder om woorde te gebruik. Ek dog die kind se oe rol uit die oogkaste uit! Really mamma se sy, jy kan dan nie eers een meter voor jou sien nie!

OK se ek, dan maak ons n game op, neurie n song dan moet die ander raai watse song dit is, wat is neurie vra sy.. Ek se dis as jy die song net so in jou keel sing sonder om jou mond oop te maak of woorde gebruik. Sy verstik aan haar eie spoeg, MA Kan nie eers saam die orrel in die kerk sing nie.. Hoe gaan MA n song kan neurie vra sy!

OK, Kom ons vertel mekaar spook stories.. Sy draai net om en stap ander righting.. Seker ook nie haar cup of tea nie!

Nou wat wil JY doen vra ek die 10 jarige met 56 jaar ondervinding ! Ag ma se sy, ek is besig om n dorp te bou op n nuwe app.

Nou maar toe, dink ek, dan gaan bou ek my droom huis op pinterest, speel candy crush en vang op op almal se gekak en kerm op Facebook oor die af krag.

Kyk, ek was all for bonding time, maar genoeg is genoeg! Nou trek ons ons androids se batterye pap.. Ons het mos nou n krag supply vir sulke klein gadgets… En die geyser!

Ek gaan lekker doeks want more oggend stort ek soos een wat by die Maslow geslaap het!

4 thoughts on “Gee my krag.. Dag vyf!

Lewer kommentaar op Adri Heystek Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s