The Story

Almal wat my rerig erig ken weet dat ek lekker kan huil as sekere liedjies gespeel word. Og! Ek huil in die kar as Butterfly Kisses speel, ek huil in die stort as Walking on Sunshine bler oor die draadloos, ek en my sus dedicate gereeld songs aan mekaar as ons wyn gedrink het en dan, DAN huil ons!

My ultimate cry song is sekerlik The Story wat Brandy Carlisle sing. My liewe vriendin Jacqueline Tolken het dit vir my gesing by my 40ste en vanaand toe ek rustig mamma tyd in die bad het (patat is by n tjommie en Pa het een of ander bokskiet federasie vergadering.. Of n affair??), glasie wyn in die hand, deezer tunes op shuffle play op die deksel van die poepketel en daar begin die evangelie van my lewe speel.

Ek sing klip hard saam.. Die akostiek in my badkamer is fenominaal! Ek klink soos Tracey Chapman en Adele se love child! Ek sluk trane, vee hul af met die barbie was lap. Ek loer oor die bad se rand in die spieel wat op die vloer staan (wat al 3 weke terug opgehang moes word) vas. Nee shit, Jackie, en nou?? Vra ek myself. Van waar die trane gesiggie? Wat is dan nou fout, is dit die song?

Ek vra klip hard in die spieel vir myself, Is This It???

Ek soek vir antwoorde oor die getjankery. Ek kry n miljoen antwoorde!

1. Is tyd om my siel te was. Ons mammas is so besig om mammas te wees. Te worry oor wat almal nodig het, wat almal wil he! Ons vergeet ons het ook bietjie pitkos nodig. Ons voel ook soms hartseer, soms net nie lekker nie. My pre teen diva kan so smeek vir AANDAG met n hang skouer en n half hartseer klankie in haar stem… Niks makeer rerig nie. Is maar net lekker om jou rug gekielie te kry en n warm milo te drink. Maar ons het nie die luxury om terug te sit en n koppie milo te drink wat mamma aandra nie. Ons neglect ons eie emosies om sterk te wees vir almal om ons. Jip, this is it! Mamma wees is tough, dis soms lekker poef.. Maar dis die job description.. En die pay is hoog! n Gelukkige kind is baie werd!

2. Dis marriage counseling. As vrou sit ons altyd ons eie behoeftes opsy. Ons se altyd, Maki saki liefie, wat wil jy doen/he/se? Kyk my bleskop drol peer het sy issues, hy kan my mal maak, grensloos irriteer en soms so onredelik wees. Maar ek was gelukkig, hy is een van die goeie poepholle! Nie te isigrimmig oor die kos wat ek voor sit nie, worry nie te veel oor die extra 20 kg waarmee hy nie getrou het nie en kerm nie as ek gin club toe moet gaan nie. Hy is n oulikke pappa maar n kak handyman! Hy verstaan nie hoe my kop werk nie, but then again weet hy ook nie hoe n toaster werk nie, so dis okay! Jip, this is it! Vrou wees is tough, maar dis n adventure. Nou nie n fairytale nie, maar defnitief n roller-coaster ride wat jou laat gil, giggel, skreeu en nou en dan bietjie in jou broek laat pie pie!

3. Dis self healing. My liewe sus moes gister weer haar man aflaai by die lughawe. Hy werk in n ander land vir 6 maande om die huishouding te help onderhou. Sy is so sterk, so awesome! Maak vir 6 maande op n slag haar 3 lawwe lekker kinders alleen groot. Hulle het FaceTime en WhatsApp met pappa daar ver, en hulle smile altyd. Ek kan nie n paar uur alleen wees nie! Hoe nog so lang tyd? Sussa, dis nie n walk in the park nie, maar mens moet ver stap om by die mooi Watervalle uit te kom! Jip this is it, absence is not nice, but it does make the heart grow fonder! Ek kan die volgende 3 dae survive terwyl bleskop gaan jag!

4. Dis debt counseling. Ons jaag ons gatte af elke dag. Elke dag werk ons onself onnosel net vir n paycheck. Ons sien ons base ry grend karre en gaan oorsee. Ons loer daai blou payslippie elke maand met soveel planne, maar net soos n pinball masjien se baletjie vat daai geldjies net so hier en daar kant dan woeps! GAME OVER!!! Jip, this is it! n Rat race elke dag, maar as jy soos ek, blessed is om te doen wat jy love met jou hele hart, dan is die lee beursie net temporary!

5. Dis n pinboard vir drome!! Ons sit ons harte op so baie drome. Ek droom van n kurses by die Meesters in my kuns, n myl lange see vol kennis. Ek droom van n huis wat lyk soos die sesduisend-driehonder-vyfensestig idees op pinterest en ek droom van n vakansie wat drie en twintig dae lank is, wat begin met n vlug uit jozie na n Europese stad, daar klim ek op 2 busse en n trein na n hawe. Die bootreis wat volg stop op 6 eilande. Daarna is 4 dae in n outydse solder iewers waar dit sneeu! Jip, this is it! Lugkastele! Dis die dryfkrag wat ons bymekaar hou, die gom wat ons nie laat uitmekaar val nie , die sout wat ons trane eg maak!

Ek gaan nie ophou huil nie! Ek gaan nie ophou on n fenominale mamma en die beste vrou te wees nie. Ek gaan myself altyd therapy gee en my skuld met n valkoog dophou!

EK GAAN NOOIT OPHOU DROOM NIE… BECAUSE, THIS IS IT!!

One thought on “The Story

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s