Dit raak beter as jy ouer raak!

Dit raak beter as jy ouer raak
en my kop voel minder deurmekaar
verantwoordelikheid mors al my tyd en geld
dit raak beter as jy ouer raak!!

So reken Francois van Coke.. Maar vanoggend is ek nie so seker nie!

Die storie gaan so, Bleskop se werksmense nooi ons vir ete om een van die kollegas se achievements te vier. Ons reel dat patat stout bederf word by ouma en oupa, ons dress in ons mooiste taberts, ek kleur my comic in en klits my hare. Ons reel vir n drywer om ons te kom oplaai na die ete. Ek sit links voor, verf my lippe en is heel opgewonde oor ‘n aandjie uit saam my bles boer.

Ons volg die dame se stem wat verduidelik waar mens links moet draai en dan weer regs. Ons is in n grend deel van Pretoria. Ek is bly want ek het my Queenspark boots aan, wil hul nie verniel op ‘n grond pad. Ons word verduidelik die gaste kom by mekaar in n privaat kroegie, op met die trappe skerp links. Ons word ontvang en dadelik gevra wat ons wil drink. Ek hou my fensie en loer na die wynlys. Ek beduie dat ek ‘n rooi wyn versnit van Diemersdal sal drink. Sjoe dink ek by myself; ek is ‘n classy girl ! Die res van boer se kollegas kom aan en ons word na ons tafel begelei.

Ek knik vir die waitertjie wat ‘n sterk Franse aksent het. Ek vra hom waarvandaan kom hy; Congo se hy. Ek beduie dat ek nog so glasie van die wyn sal geniet. Ek vou die lap servet op my skoot oop, stamp vir boer liggies in die ribbes en beduie so met die oog wat skerp af kyk dat hy ook sy serviet moet oop vou. Hy maak so. Die spyskaart is ‘n digbundel van disse. Die kelner beduie mooi in sy Afrifranse aksent wat die sjef se spesiale aanbiedinge is vir die aand. Ons bestel en kuier al te lekker om die lang tafel.

Daar word geklets oor hoe almal ontmoet het en die slaap reelings vir die jaar eind weg naweek word bespreek. Ek knik weer vir die kelner, hy bring weer wyn. Die ete is ‘n sukses meen die een baas wat saam met ons kuier. Almal groet en trek weer hul dik jasse aan. Ek is besig op my selfoon app wat die drywer moet verwittig dat hy moet aankom.

Hokaai se die jong manne wat saam met Boer werk; net hier om die draai is ‘n lekker dansplek. Kom ons gaan vir ‘n laaste drinkie soontoe, en dan kan jul drywer kom, se hy.

Nou maar kyk, bang vir ‘n laaste dop was ek nog nooit. So volg ons die convoy van bouer bakkies. Ons ry in ‘n riting wat nie net om die draai is nie. Nie te min ! Dis vir net nog een drankie ! Ons ry by ‘n plek in met ‘n parkeer terrein soos die van die randse skou, grond en stof ! My Queenspark boots ! dink ek. Daar is ‘n saal so groot soos ‘n pakhuis wat onwettige invoer produkte van Sjina huisves. Daar is ‘n “billboard” aan die gebou vasgespyker wat lyk soos die van ‘n abattoir; beeste en boere met ‘n logo wat soos ‘n brandstempel uitstaan. Ek verbeel my nie toe ek die gebulk van ‘n bees hoor nie en ook klokke wat lui soos die om ‘n Jersey koei se nek. Kyk mev-pretend-to-be-grand-van Niekerk, vanaand sien jy nou ‘n ding !

Vier enorme boerseuns staan by die deur en hou ‘n ogie op die wat wil inkom, en ook oor die wat vertrek. ‘n Dame in die ontvangsarea sit ‘n papier bangle aan my arm en verduidelik ek kan maar in gaan. Die saal is waragtag groot, ‘n myl lange kroeg is teen die agter muur, ronde tafels en stoele soos die by ‘n banquet staan die helfde van die saal vol, ‘n sement dansvloer kreun onder die massa jong mense wat rondspring op die maat van die musiek wat ‘n band op die verhoog maak. Nee o hel dink ek, ek is te oud vir die storie !

My boer vra of ek wyn wil he. Nee se ek; hier bedien hulle doos wyn – ek kan nie nou voor die werksmense my standaarde laat vaar nie. Ag se ek bring maar ietsie saam, kyk wat lyk lekker. Wel, apparently is Buffelsbaard-fontein-met-een-boog-mors-dood-gesiet-brandewyn op uitverkoping. So much for standards ! Ek kry flashbacks van die dae toe die tipe plekke soos ‘n tweede huis vir my was. Die brandewyn en coke word vergesel met so kort glasie deurskynende vloeistof. Nou maar toe, laat hy val waar hy wil.

Kort voor lank is ek en boer op die dansvloer; maak ‘n tiekiedraai op Maaja-hie-maaja-ho-maaja-ha-ha ! Sjoe, dink ek, ons het dit nog ! Die feit dat ek wil sterf aan ‘n tekort van asem maak nie saak nie. Vanaand is ons weer lekker jonk en jikkerig ! So paar keer stamp ‘n jongman wat ‘n girltjie rondswaai aan my of boer maar gelukkig het die kinders nog goeie maniere, se vining jammer tannie; askies oom. Ek is eers bietjie verontwaardig maar toe is dit vir my mooi !

Ek moet bietjie gaan sit beduie ek. Nou sit en loer ek die hele spulletjie uit. Dit is waragies beter as jy ouer raak ! Hier en daar sit ‘n ouerige paartjie of ‘n paartjie wat al ‘n rukkie saam is maar meer as die helfde van die ek skat so 300 mense in die saal is daar op een missie; om die liefde van hul lewe te ontmoet.

Ek wonder of in ons jol dae of ons ook so desperaat en belaglik gelyk het!

Die manne is of hipster met ‘n fyn gemanikuurde baard en designer mismatched outfits dis hulle wat Gin en botteltjie goete drink, of daar is ‘n klomp wat sommer net rowwe ongeskeerde gesigte het, lang baarde en vellies, lyk of hul sommer affie lande dansbaan toe gekom het, dis hulle wat die brandy specials drink. Dan is daar die klomp odd outjies; lyk bietjie soos ‘n sestienjarige, sommer ‘n no name denim en ‘n t shirt wat hy laasjaar by ini bos gewen het aan, dis hulle wat castle lite drink.

Ek loer die klomp girls ook so; Daar is die wat vanmiddag hare laat blaas het en al die heel week aan hul uitrustings beplan, hul het ongemaklikke skoene aan en ‘n toppie wat vir hul jonger sussie gemaak is; hulle drink pienk botteltjies met sapperigheid in. Daar is ook ‘n vreemde tendens; die wat uber cool is en lyk asof hul so hot en sexy opgestaan het; hul hare is effens deurmekaar sommer so los vas gemaak; hul dra stywe jeans en gemaklikke skoene, die toppie is sommer so oor groot trui wat van die een skouer afhang tot net so bo die boob, hulle drink wat ookal jy koop ! Daar is ook die weird gesiggies; die vriendin wat hulle saam sleep om seker te maak hul maak nie dom besluite nie; sy dra altyd ‘n bril sonder make-up, sy weet glad nie hoe ‘n flat iron werk nie en dra iets wat in die kas was en skoon is, hulle drink gewoontlik coke.

Ek kyk die klomp uit; dis ‘n fees van hormone op daai dansvloer ! Die groepies dans in sirkels en prober mekaar impress met ‘n nuwe move. Hier en daar vang jou oog vir ou Sakkie wat genoeg dutch courage bymekaar geskraap het om vir Genevieve te vra om te dans, hy sukkel met die two step en slaan dan oor sokkie toe met die ritme van somige Afrikaanse sangers. Oor die dansvloer gly Dewalt en Sonette, high school sweathearts, soos die jool koning en koningin, dans passies perfek.

Ek dink by myself, self; ek is so dankbaar my dae van vlerksleep of mating calls uit jubel is verby. Dis waragtag beter as jy ouer raak ! Ek is virseker van ‘n dans partner, virseker iemand gaan vir my iets koop om te drink en virseker dat hy more nog daar gaan wees!

46825054_10155554270181572_698741043905953792_o

 

 

 

2 thoughts on “Dit raak beter as jy ouer raak!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s