Photograph

dear-photograph-manipulat-007

Het jy genoeg fotos ? Is daar iewers ‘n boks vol kiekies van jou of ‘n “cloud” account met digitale beelde van jou lewe iewers in die kuberreim veilig weg gebere ?

Ek haat fotos ! Ek het altyd ‘n snaakse uitdrukking op my gesig, my dubbelken is al wat jy raak sien en my duidelikke agterstewe staan uit soos ‘n landmerk op ‘n vakansie foto ! Ek weet nie lekker hoe om te “pose” nie, en ek sukkel om tussen die maeretjies in te pas. Staan maar altyd agter iemand, of probeer natuurlik smile – net om so onnatuurlik soos die Mona Lisa te lyk.

Na vandag gaan dit verander ! Ek gaan meer fotos neem ! Ek gaan myself op digitale media laat ets want eendag is dit al wat julle van my gaan he ! Eendag as my stem nie meer gehoor kan word nie, en jy nie lekker kan onthou hoe het ek gelyk nie, sal die foto’s van my met Bingo arms en bad hair day al wees wat jou aan my gaan herinner.

Vandag was ek by twee begrafnisse. Twee families wat iemand aan die dood moes afstaan, het vandag hartseer afskeid geneem van hul geliefdes. Die hartseer was amper tasbaar; ek kon sien hoe hul sukkel om asem te haal en hoe die verlies soos ‘n donderwolk oor hul hang met trane wat soos reen probeer die grou weg was.

Die een begrafnis was die van ‘n oom wat al jare deel is van ons familie. Oom Pierre was ‘n vriend van my Ouma en Oupa. Hy was ‘n kleurvolle karakter en het ons graag vertel hoe hy saam met al die “queens” op die plaas by Ouma hulle gaan kuier het. My mamma was veral naby aan Oom Piercie, soos sy hom genoem het. Sy het graag by hom gaan kuier in die aftree oord waar hy gewoon het, vir hom bederfies en blomme gevat. Sy het hom graag gaan haal vir familie byeenkomste – want se sy altyd “hy is mos family!”. Mamma deel die slegte nuus met my oor die foon laasweek Donderdag. Ek kan hoor sy sukkel om dit te glo, want se sy, ek was Dinsdag by hom !

Die begrafnis was mooi. ‘n Somber geleentheid in ‘n koue beton kerk half vol mense wat eer kom betoon, bittermin jong mense, heelwat middeljariges en net ‘n handjie vol ou mense. Ek reken die jong mense die kinders van sy broers en susters, die middeljariges die mense wat hy so raak geskraap het in sy lewe as ‘n argitek en die oumense is mensies van die aftree ooord waar hy gewoon het en die familie wat hy nog oor gehad het. Die dominee is nog ouskool, praat hard, dan sag, dan baie stadig ! Hy lees ‘n versie uit Korintiers; een wat gewoontlik by troues gelees word. Ek vind dit vreemd. Maar soos hy aanhou praat verstaan ek wat hy se. Hy vertel dat Liefde maar net al is. Liefde vir mekaar en Liefde vir God is al wat saak maak ! En, se hy, hy glo dat Oom Pierre soveel liefde gegee het, in liefde geleef het en op die ou end, aan die verlange na liefde oorlede is. Sien oom Pierre het sy lewensmaat, Oom Hugo, so twee jaar terug verloor en sy hart kon net nie gesond geword het nie. Die dominee se so mooi, hy glo op die doodsertifikaat is hartaanval nie die oorsaak van sy dood nie, maar wel ‘n gebroke hart.

‘n Opvallende ding by die begrafnis was die Foto. Ja die een foto ! Dieselfde foto wat Oom Piercie se profile pic was op Facebook – Ja die ou oom het ons almal dop gehou op facebook en resepte vir ons aangestuur – is dieselfde foto op die begrafnis blaadjie en ook die geraamde foto langs die kers en die bos kleurvolle Gerberas. Ek weet vir ‘n feit hy het ‘n ou tin boks vol kiekies uit sy jonger dae, dalk was die een die enigste digitale beeld van hom. Die foto is nou vir ewig in my kop geskets en ek kan dit gaan file onder “die mense wat nie meer in my lewe is nie” vakkie.

Die ander gedenkdiens was die van ‘n jong man. ‘n Hartsvriendin van my moes haar vier-en-veertig jarige broer aan die dood afstaan. ‘n Gesonde jong man wat heel onverwags oorlede is. ‘n Groot skok vir almal wat die nuus gehoor het. Selfs vir my wat hom maar net ‘n paar keer dalk by ‘n braai of kinderpatytjie raak geloop het, kon dit nie glo nie. My teenwoordigheid by die diens vandag was ongesiens en moes net dien as deel van my vriendin se support system. ‘n Vreemde ding gebeur toe ek by die kerk aan kom; ek ken skaars die man wat vandag begrawe word, maar die trane rol soos watervalle van my wange af ! Die kerk is ‘n warm baksteen gebou met baie hout en lig wat instroom, die familie staan by die deur en groet almal wat aankom, baie jong mense, baie middeljarige mense en baie ou mense. Die kerk is tjok en blok vol ! Die dominee is ‘n oom so in sy laat vyftigs – nee dalk sestigs. Die skerm voor in die kerk is ‘n vloed van fotos van Dawie. Foto’s van hom en sy seun, saam met sy familie, hand om die nek saam met sy vriende en een foto trek my aandag. Hy druk sy mamma op ‘n foto en my hart breuk. Ek sien sy Mamma na die diens en kan niks vir haar se nie. Ek het geen woorde om te troos nie. Ek dink by myself, hierdie vrou, so piepklein in postuur het darm maar ‘n sterk karakter. Hoe is dit moontlik ?

Oppad huis toe dink ek aan wat die dominee gese het.

Kyk, se hy, die lewe is soos ‘n wedloop, ‘n resies. Party neem deel aan kort afstande, so 100 meter, ander doen bietjie langer afstande, ander doen ultra maratonne en party se resies is net ‘n half maraton tot by die wenstreep. En net daar maak die dood vir my sin ! Elke atleet hardloop voluit vir sy item, maak nie saak hoe lank of hoe ver nie. Elke atleet moet oor hindernisse kom en sonder ophou die wenstreep oor steek, sommiges kom net gouer daar as ander. En die dag as jy die eind lyn bereik moet jy ge-celebrate word! En dis wat ‘n gedenk diens behoort te wees, ‘n fees wat ter ere van ‘n wen atleet gevier word !

Ek blaai vanmiddag rustig weer deur die begrafnis blaadjie van die jong man, ‘n kleuvolle biljet vol fotos en briefies van sy naaste familie. Sy klein sus skryf, “ ‘n duisend oomblikke saam met jou het ons van selfsprekend aanvaar, omdat ons geglo het daar gaan nog ‘n duisend meer wees”. Is dit nie net die pragtigste manier om totsiens te se nie ?

Ed Sheeran sing;

We keep this love in a photograph, We made these memories for ourselves, Where our eyes are never closing, Hearts are never broken And time is forever frozen.

So you can keep me, Inside the pocket of your ripped jeans….

Gaan neem daai famile foto’s, die waar almal wit hempies en blou jeans aan het iewers in ‘n park. Of neem sommer simple selfies saam met jou vriendinne. Maak kiekies van die goeie tye ! Moenie die volgende duisend memories as van self sprekend aanvaar nie.

Rus in Vrede oom Piercie en Dawie.

 

 

2 thoughts on “Photograph

  1. Vir iemand wat self woes sku is vir die kamera (my tande is skeef, die lyfie ook te rond vir my liking en die smile helemal te aangeplak van skugtergeit) het jy net weer bevestig wat ek begin besef het,……… maak memories en lê dit vas!! Dankie vir die herhinner……

    Like

  2. Dis so mooi. Ek is (gelukkig?) foto mal. Nie soseer myself nie, maar ek weier om my vet lelike self weg te steek. Ek het vroeg in my lewe die dood ontmoet en onbewustelik geleer dat fotos een van die troosgoed is. So kliek voort.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s