God gave us little Girls!

Tien jaar terug was ek so dik soos n drom, in die anner tyd en ongetroud. Ek was dertig jaar oud, confused en bang. Ek was in n twee jaar oue verhouding met n man wat alles was wat ek nie wou he nie.. Maar meer as waar oor ek kon droom maar ek was steeds nie heel nie.

Sien, dis so; ekt n gypsy hart. Het in my twinyigs Baie maklik sakke gepak en gegaan. Soms nie ver nie en nie vir lank nie. Ander kere was dit vir lank en oor die oseaan. Ek het Baie maklik verlief geraak, Baie maklik onverlief geraak, ek kon n stukkende hart met n bottle goeie rooi wyn weer heel maak. Ek is mal vir saam mense wees, maar ek is meer mal daaroor om saam myself te wees.

Daar woon agt mense in my kop. Elkeen spesiaal, elkeen met sy eie persoonlikheid. Hulle baklei soms maar meeste van die tyd sorteer hul probleme uit, hul eie en die van die wereld. Hulle kan droom.. O jinne hulle bou kastele wat lyk soos die Taj Mahal. Hulle is kreatief, kan n ou lap in n rok omskep en met n glue gun en blikkie spray paint n antiek kassie soos n @home stuk laat lyk. Hulle is cool, op n nerdy tipe manier!

Wag ek dwaal.. Die storie gaan eintlik oor vandag…let’s recap. Ek was dertig, nie getroud en hoog swanger! Nee.. Oor swanger. Dit was die laaste aand voor ek n mamma sou word. Ek was bang. Nee.. Ek was donders bang! Die realiteit van n ding so groot soos n waatlemoen uit my noenoe druk oorskadu die romanse van ouerskap heeltemal!

Dit was omtrent die tyd van die nag… So skuins voor sewe op die 9de Augustus 2009. Dit was Sondag en boerbeervel het n paar biere saam vrinne gedrink.. Is mos maandag vakansie dag! Ekt op n trappie gaan sit wat net twee bakstene hoog was. Ek kon nie meer op enige stoel, bank of bed gemak kry nie! My bene het soos die van n praying mantis so verby my ore gesteek, die pens het soos n moeg helium balon gehang tot amper op die vloer. Ek was pootuit. Gatvol! Die klomp vra of ek iets wil drink. Ja! Se ek.. n bier! Ek dog beervelboepens kry stuipe. Ek verduidelik dat die kind al so te se uit is en een bier gaan waragtig nie beteken dat sy onder ontwikkel gaan wees nie.

n Bier word aangedra, ek teug aan die skuim sap, n drankie wat ek nog nooit geniet het nie. Maar vanaand is dit bliksems lekker! Dis yskoud! Dis bitter! Dis hemels!

Net na agt raak ek ongeduldig, ek verduidelik vir bleskopdrol ons moet huis kry.. More het ons kind in die arms! Mamma het gepraat, pappa klim links voor in.

Tuis gekom, ek kan nie rus vind nie. Ek verduidelik vir dikpensskaapkop dat ek 7 uur more oggend wil ry hospitaal toe. Hy rol sy oe, want my water het nog nie gebreuk nie en ek het nie kraampyne nie. Ek vertel hom ek het n pyn in my hol… Hy is die pyn in my hol!

Hyt gaan le. Ekt gaan yskas skoon maak. Die botter met die agter kant van n lepel plat gevryf en die maand oue yogurt uitgegooi. Ek het die suiker bakkie vol gegooi en die rye water bottles herrangskik. Ek was aspris en het die Delcy hospitaal tas oor die teel vloer al tikatik gesleep tot by die voor deur.

Ek besluit ek moet gaan bad. Ek tap die hele buurt se warm water in die bad, gaan haal n sweet pakkie met ekstra stretch uit die hangkas en staan vir n half uur en beloer die dam vol water. Ek besef ek kan onmoontlik nie hier in kom nie! Ek is heeltemal te dik! Ek is bang ek gly en die baba pop uit my uit! Ek maak suutjies bewegings, trappie op. Hanne vier voet tot ek in is. Dis hemels… Meer as die bier van vroeer. Ek beloer die pens wat soos n vol maan bo die wolke uitruis! Die kind moet n monster wees dink ek.. Gods onmoontlik dat n Klein dingetjies so groot soos 2 sakkies rys so baie pens nodig het!

Ek loop oor van emosie.. Oor 24 uur is die ding wat al 9 maand binne my groei buite my lyf. Oor 24 uur is ek n mamma.. Oor 24 uur is ek nie meer gypsy hart pak op en fokkof Jackie nie!

Haar kamer is sprokies mooi, n gediggie is teen die muur geverf en al die linne het ek self gemaak. Sy het die mooiste klere en n spaar kamer kas vol doeke. Sy het elke baba gadget en n trop vol skapie teddies. Sy is klaar gebless met aardse dinge.. Hoe gaan sy ooit gebless word met my as mamma. Ek huil… Onbetroosbaar!

Die water is nou koud! Ek moet uit. Ek kani! My arms kan my nie lig nie en my bene is nie sterk genoeg nie. Ek tap die water uit en rol soos n verspoelde walvis tot op my pens. Weer hanne vier voet.. En ek is uit.

Dis net na 3 in die oggend. Ons het Dstv maar niks wat ek wil kyk nie.. Ek blaai deur n hoe wonderlik is dit om n mamma te wees tydskrif! Dis angswekkend!! Ek het seker bietjie aan die slaap geraak want toe ek weer sien staan dikpenspappa voor my en se dis tyd. Ek skrik so groot, dog sy water het gebreek. Die cheap horlosie wat ek toe sien pas glad nie in die sitkamer wys 6:45. Dis tyd.

Ek besef die maagkrampe en die voel of ek wil poef spasmas van so paar uur teug is dalk labor pains. Is jou water gebreuk vra hy, ek se Nee maar ek dink ek kraam.

Hy tikatoek die delsy tot by die diesel bakkie wat glad nie veilig is om n kramende vrou of n new born in te vervoer nie!

Lang storie kort, aangekom op die publieke vakansie dag by die hospital, waar ons verneem ons dokter is op die golf baan maar ons moet kalm bly en kraam tot hy aankom! Ons bly kalm, water breuk en ons kraam.. Nee ek kraam, maar bleskoplieflyf vryf my kop, dra energade aan en maak die waslappie nat na elke druk, stoot asem haal sessie. Dertien ure gaan verby. My dikpenslover doen alles om my gelukkig te hou.

Dit raak noodsake, die dokter kom aan met sy golfhempie, verduidelik dat ons net 45 minute moet wag dan haal hy kind uit! Kameras reg! Mamma bloed rooi gelaat en pappa gekit in scrubs. Dis tyd!

Sy is perfek! Haar eerste skreeu klink soos die van Nana Mouskouri, sy het die gelaat van n griekse strand Godin en oe soos daai outjie van die blue lagoon movie. Ek is smoorverlief! Ek is n mamma. Bleskopprins is n pappa!

More word my Anja kind tien jaar oud. Tien van die Beste jare van my lewe! Ek reminisce al heel dag oor die highlights van die laaste tien jaar.. En daar is te veel om op een blog post te skryf.. Maar n paar staan so uit dat ek hulle op papier moet sit!

* As babatjie het jy gelove om te bad, die kamer en mamma pap nat geskop.

* Jou dummy het jy dumiekie geroep en die leeu het hom gevat vir sy welpies by die dieretuin

* Jy kon ure lank die koerant stukkend skeur en opfrommel en die lekkerste lag so uit jou maag gehad.

* Jy was mal oor milo, vandag nog.

* jy wou jou Spiderman suit aantrek op jou doopdag (jy was amper 2).. Maar ouma sou stuipe kry!

* Jy het op jou pappa se pens die lekkerste geslaap.. Vandag nog

* Jy kon elke skool dag van begin tot einde oor vertel sonder om enige detail uit te Los… Vandag nog

* Jy is mal oor soene en drukke.. Vandag nog

* jyt jou hare tjoeps afgeknip 2 Dae voor skool fotos in graad 1

* jy word elke dag wakker met n smile

* jy is my Beste maatjie!

* jy is n amazing danser

* jy Leer my elke dag van liefde!

10 jaar terug was ek stukkend, iets was kort. Liewe Jesus het vit my superglue gestuur! Jy is my alles Anja Milan. Jou liefde vir alles om jou, jou ongelooflikke lag en enthusiasm elke dag is aansteeklik. Jou menswees en die mooi hart wat jy het is iets waar na ek streef!

Ek Dink vanaand terug aan die aand toe ek in die bad gehuil het voor jy gebore is en gewonder het hoe ek jou mamma sou kon wees.. En vandag besef ek, deur jou is ek gebless. Ek is die mamma wat ek is omdat JY myne is!!

7 thoughts on “God gave us little Girls!

  1. Awesome…… so moooi.
    Wat n vorreg om n mamma te kan wees, hul maak jou heel en hou jou op jou knieë.
    Onvoorwaarlike liefde.
    Jy kan maar Skryf Jacqui .
    Blessings vir haar en vir jou.
    Tyd stap aan geniet elke oomblik.💕

    Like

  2. Awesome…… so moooi.
    Wat n vorreg om n mamma te kan wees, hul maak jou heel en hou jou op jou knieë.
    Onvoorwaarlike liefde.
    Jy kan maar Skryf Jacqui .
    Blessings vir haar en vir jou.
    Tyd stap aan geniet elke oomblik.💕

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s