Home sweet Home

Vandat ek n Klein dogtertjie was het ek gedroom van my een dag huis. ‘n Mooi picket fence, met perfekte gras, pink blommetjies in n blombak, die hondjies se huis moet lyk soos n pophuis met gordyne en die driveway moet n geel volksie beetle in he. Daar moet n visdam wees met khoi visse.. En n bruggie bo oor! My kamer moet baie kaste he en van daai rakkies waar jou skoene paar by paar bymekaar is. Die kombuis moet n groot kuier tafel reg in die middel he en die yskas moet ys en water kan gee deur die deur. Daar is ‘n swembad met n’ waterfontein op die groot trappie en ‘n stoep met potte vol vet plante…

My mamma se huis is mooi, baie ou goed wat sy elke nou en dan rondskuif. Sy hang bordjies uit Holland teen die muur en het print paintings in duur rame. Sy maak ALTYD gordyne en verander die kombuis se look met gingham lappies. Pa het n aaklige sleeper hout kroeg wat sy mooi laat lyk met n lamp en fensie glase. Die kamers is gemaklik met balsak duvets en quilts opi bed.

My sus se huis is n copy van mamma sin.. Oudhede teen die muur en skuins kussing opi bank.. Maar sy is waaghalsig, verf n muur sommer geel en hang byderwtese lampe oor die swaar hout kroeg.. Dis mooi.

Ek en bleskop loop koop n ou koek wat mooi ge”ice” moet word so paar jaar terug. Ek maak mooi, hang print paintings, snaakse ligte en verf die mure. Ons is nuut getroud met klein baba en credit cards gemax.. So ons doen wat ons kan. Dis nogal mooi. Ons beginne werskaf in die tuin.. Kry goed wat kan groei sonder liefde. Die Lapa is grend! Geroeste prentjies, n paar rusbanke, coke yskas en lekker lang tafel.. Die wow factor van ons huisie in die onder dorp. Dis n stepping stone beloof drolpeer my…

My pelle se huise is grand.. Ander nie so baie. Hulle shop my Mr. Price en duur boutique interior shops. Almal het n stempel, almal het n statement en almal maak mooi.

Ek het jaloesie partykeer.. Partykeer glad nie. Ek droom steeds van my een dag huisie.

Ek en bleskop besluit dalk moet ons die stepping stone verander in forever. Dit beteken n massiewe renowasie.. Ek skuif kombuis na badkamers, maak motor huise TV kamer and kap al die 20meter paving uit vir meer tuin.. Ek maak n hoofslaapkamer van n TV kamer en kombuis word en suite met inloop kas. Die kwotaises rol in… Bleskop word al stiller en ek wil geld spandeer soos n vrou met 4 arms op black Friday! Elke aand pin ek nog idees op pinterest en droom oor hoe perfek ons huisie gaan lyk!

Die realiteit van die moerse huis opknapping slat my soos n nat vis reg oor die kop.. ‘n half miljoen rand vir al my drome!!! Dis belaglik! Dis net daar wat ons wyn gooi, vuur aansteek en die ding moet uitpraat..is die vrot koek die duur icing werd?? Ons Sal moet sny waar ons kan, self paar goed doen.. Of trek!

Trek? Soos in alles oppak en trek Ferreira.. Ag ek meen van Niekerk!! Nee o hel, al die 6 jaar se bymekaar maak en opgaar in ou simba en appel dose gooi, in n trok laai en vir die eerste 6 maande in die nuwe huis sukkel om plek vir alles te kry. Geen kans dink ek.. Geen kans!

Waarheen trek ons dan nou in elk geval?? In n Ander voorstad van dieselfde dorp? Bietjie Nader aan Anja se Hoerskool waarheen sy hopelik oor 3 jaar gaan (verwys na “we don’t need no education inskrywing..).

Of trek ons weg.. Na n Ander dorp? N Ander plek waar ek moet uit figure waar die woolies is, n nuwe nael girl moet soek en die moffie met die koffie shop moet uitsniffel?

Ek is so opgewonde dat ek Kan ontplof! My gypsy hart maak bollemakiesie.. Maar die keer vat ek vir bleskop en liefie kind saam met my op die avontuur.

Waarheen? Ver ver weg? Of na n fancy estate? Kan ons soek vir n ou dorp huis met moontlikhede of n splinter blink nuwe huis waar ons die kaste kies en die badkamers moet uitrus?

Ons identifiseer n area.. Baie nader aan my en drollie se werksplekke. Die area is mooi en die skole is goed. Dis n ou gevestigde area met hoe bome en as jy mooi soek kan jy n stoep met n view oor die botaniese tuine kry!

Maar ek vertel julle anner dag van die huis soek proses…

Vir nou moet ons die vrot koek mooi maak sodat iemand hom vir bo mark waarde sal koop.. Die slimmes se dis n buyers market, so maak mooi, prys hoog en vat die beste offer.

Vir 2 weke lank is dit bouers en verwers.. Die ceiling se gat word uiteindelik reg gemaak, die toilet kry n nuwe sit plek en die lek reg bokant my kussing word opgestop. Die vrot koek kry n nuwe laag icing buite op en die vulsel word mooi reg geruk!

Dis maandag na die agent kom kiekies neem het.. My huis.. My eie huis is op die internet!! Nou nie Tuis se voorblad nie, maar op die wereld wye web. Ek kyk na die fotos op die property website en ek wil daaaaaai huis koop! Ek is so trots op my en drollie se huisie..

Ons stepping stone wat dalk iemand anders se droom huis is.

Ons het mooi gemaak, lekker hier gebly, mal memories hier gemaak en n huis n home gemaak.

Dit gaan swaar wees om jou op te gee Stinkhout straat maar ek weet jou volgende mense gaan jou love!

One thought on “Home sweet Home

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s