Wilson.. Is jy daar??

Dag vyf.. Volgens statistiek is dag 5 die dag wat jy al jou marbles verloor.. In isolasie, rehab of gestrand soos Tom Hanks op n Eiland!

Nuusflits.. Ekt al op dag 2 my marbles verloor! Ek kan mos vir n fok nie still sit nie! Die hek moet oop en die diesel enjin moet brul. Al gaan ek net Cafe toe vi smokes.. Dis uit.. Dis enige iewers behalwe hier!

Ek raak nie benoud in klein spasies nie, ek kry nie engte in n lift nie en ek kan in n donker fliek sit.. So ek het defnitief nie angs nie. Maar dammit hoe word ek, vrou van 41 gehok?

Dis dinsdag, die dag na ons number 1 citizen gese het ons moet vanaf Donderdag middernag nerens erens heen gaan nie! Ek mag net pick n pay toe gaan, dokter en in n queue gaan staan vi my sassa geld.. Wie kry sassa geld? So ek mag net in twee gevalle uitgaan. Is die man kens?

Ek beloof ek gaan nie panic buy nie.. En wat doen ek? Ek fokken panic buy! Boks melk, boks koek en boks wyn. Ek koop n kakhuis vol tuna en gevriedse ertjies.. Ons eet nie eers vars ertjies nie! Ek koop eiers en seker 5 kilogram kaas. Kak papier!!! Ek koop soveel van dit dat al kry ons die virus en spuit poep Sal ons OK wees.. Vir die volgende 6 jaar! Ek koop mince en kook vleis.. Gevriedse hoender porsies en van Nataniel se wors by checkers.

In die skoon maak valley laai ek iets van alles in.. Spuit vir kieme, doom vir die duiwel, extra strong dishwash liquid en Baie Swart sakke.

Alles word ontsmet in die driveway.. Nevermind dat die twee straat brakke van my alles natpiss terwyl ons wag dat die kiemdoder alles wat siek kan maak dood maak nie.

Goed getroue Liesie dra alles in en pak weg. Lyk as of ons lotto gewen het, freezer is vol, spenskas bars en yskas lyk of ons die buurmense nooi vir potluck!

Ek verduidelik vir die ander inmates dat die is nie n vakansie in Mauritius nie.. Die shit moer vi 3 weke hou. Skaars dit gese toe is die biltong in n bakkie en 2 minute noodles gaar! Ek se vir myself, self.. Hierdie gaan n Lang 3 weke wees! Toe gooi ek wyn.

Wyn. Hoeveel wyn is genoeg? Ek Dink nie ekt genoeg nie!

Vrydag word ek wakker.. Die stilte maak my wakker. Nie n kar met n toeter wat die spesiale seuntjie langsaan kom oplaai vir m skool nie. Geen taxi wat hoot en toot om ousie nader aan miesies se huis te bring nie en geen vliegtuig wat skuins oor kom en iemand Kaap stad of Cuba toe vat nie. Die honde loop ook stiller en die ketel is eweskielik n harde irriterende klank. Wat De hel gaan aan?

Die Jirre het vi ons tyd gegee. Magtag ek het so Baie wat ek kan doen met die tyd! Ek gat kaste uitsort, Sal ekstra Swart sakke vol maak met goed vir die armes, die wesies en die klonge wat recycle vi n cort black label.

Dag 1 was maklik.. Dag 2 was makliker, dag 3 was Hemel! Die luigheit is nou normal, die puzzle se raam is amper gebou en die swartsakke le al in die aan trek kamer. Hier gat ons dinge gedoen kry.

Dag 4 fok alles uit! Dis maandag! Ek was nog nerens heen nie.. Ek moet pretend ek werk en dan nog steeds kalm bly as die klomp bandiete wat saam my hier toegesluit is 17 keer n dag honger raak.

Ekt al n resep groepie op Facebook ge join, ma dis n klomp anties wat giblets gaar maak en vet koek van aartappels gis en tuis gemaalde meel maak. Ekt nie tyd vi dit nie!

Ek join n mamma groepie.. Daar vaal ek weer.. Al die mammas het huis werk stasis op gesit in die huis, het blaaie tuis werk afgelaai en gaan homeschool.. Norrefok! As my kind nie graad 5 maak nie gaan sy dit nie op haar home school juffrou se gewete sit nie!

Ek facebook soos n slaaf.. Maar Kan nie meer die huis konsert, families groente tuin projek of mamma day spa posts handle nie!

Ek is n toss ma! Ek probeer net almal gelukkig hou tot dit social distancing aanvaarbaar is om wyn te drink.

OK, so dis dag 5. Die swartsakke vol klere is nog net netjiese swartsakke, opgerol op die kassie in die aan trek kamer. Die laatjies vol kak.. Is nog steeds vol kak. Mej SA 2030 het nog steeds nie n doktors graad nie en die bemarking strategies waar aan ek wou werk is nog n paar weke weg van deadline.

Maar dit alles is OK! Ek is in lockdown met 3 van my favoritste mense, ons is gesond.. Ver van anoreksia en het darm nog 1 puzzle in die Kas. Ons is OK, ons Sal OK wees…

Is julle OK?

3 thoughts on “Wilson.. Is jy daar??

  1. Hi daar Jackie.
    Nes hoe jy dit kan skryf, lekker gelag…..
    Ek het besluit om te spring clean…. net omdat ek my foon soek wat voete gekry het…… omtrent 6000 pragtige foto’s van my kleinkinders op….. so dag 5 klaar, uitgegooi vir hospice ens….. geen foon. Hart seer maar besef dit is ook nie die einde nie. So die persoon wat my foon gevat het , bless you. Sterkte vir julle. Bak, eet , drink en wees vrolik. Ons is ok , stay home , stay safe. 💕🎂😂

    Like

Laat 'n boodskap na Una Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s