Daar was nie eiers nie !

Ek vat die lockdown ding nogal serious ! Daar is oomblikke wat ek nie kan dink dat dit rerig so erg kan wees nie dan hoor ek die helfde van die hele wereld se mense is in die toestand. Hoe is dit moontlik ? Hoe kan so baie mense deur iets so klein soos ‘n mikro kiem so onderdanig wees? Daar was al oorloe waar mense nie eers geworry het oor groot tenks, atoom bomme en Hitler nie. En nou hier, is iets wat ons nie kan sien, voel of moer nie, besig om die hele wereld sat te maak !

Dis onwerklik !

Ek moes bieg, toe ek hoor van ‘n shutdown vir drie weke was ek so opgewonde. Drie weke se verlof net na die Desember verlof – sommer so oor die tydperk met al sy vakansie dae, waarin ek in elk geval flippen on produktief is want al waarna ek uitsien is die betaalde verlof dae tussen Donderdag vakansie dag en Dinsdag werk dag ! Ek weet mos geen mense hou funksies in daai tyd nie – so no skin off my back !

Ek hoor toe dat die malls gaan toe maak, net die supermarkte en apteke gaan oop wees. Die “apteek” met die sterk medisyne maak toe en nerens gaan ons kan klere, grimering of ketels koop nie. Ag, dis nie so bad nie dink ek. Ek koop proviant van die “apteek” en vir die eerste keer in my hele lewe koop ek ‘n karton sigarette. Ekt altyd gese, die dag wat jy ‘n karton sigarette koop moet jy terug staan en besef die ding is ‘n probleem, nie te min, gif stokkies het ek !

Steeds is ek nie te veel gepla nie, soos voorheen gese, ek het gaan opstock op allerhande dinge soos vleis, tuna en kak papier en dinge was redelik normaal hier by Casa Van Niekerk. Al verskil rerig oor daai eerste naweek, is dat ek ook soos die res net gele het. Kyk ek kan mos nie so le nie ! TV het my nog nooit geintereseer nie, ek kon nog nooi ‘n hele movie kyk nie, raak verveelt en as die eerste advertensie breuk aankom loop soek ek iets anders om te doen – my konsentrasie is nou gebreek en ek het nie ADHD pilletjies nie ! Ek hou van wiele wat rol ! Ek moet uit ! Die lewe is mos te kort om net te sit.. ek ry draaie by die local mark, gaan loer in by my sus (shit, ek mis dit die meeste) of gaan dwaal doel loos rond deur die Builders Warehouse.

Maar nou is ons hier, Djy ry Nie !!!

Maandag het aangebreek en my baas het ‘n paar slim planne oor die naweek uitgedink om my mee besig te hou. Doen die, soek daai, design die en beplan daai. So gat ek maar aan. Pretend heeldag om besig te lyk.

Dinsdag breek aan, ek gaan sit by my makeshift office in die lapa. Maar dit raak toe ‘n distraction vir my en my mede bandiet. Skuins na 12 dra hy ‘n bottel wyn in en net daar word ons dag dronk ! Dit was sooooo lekker, werksdag, stout en skelm !

Woensdag oggend – met ‘n moerse babbelas word ek wakker. Dis die dag wat ek op sy gesit het om die essential te gaan koop. Dit was nodig. Die brood was klaar en ons was al halfpad deur die doos melk wat ek gekoop het. Daar is ook niks meer vars nie en as daar een ding is wat kakker is as heeldag TV kyk is dit gevriesde groente ! Ek gaan saam Lief Liesie ‘n lysie maak van goed wat ons benodig en goed wat ons wil he.

Ons MOET wyn..ag eksuus melk koop, ‘n paar brode om te vries. Mies, kry bietjie meel en eiers. Haar potskuur is ook al dun en die besem se hare is kort ! Die lysie sluit allerhande lekkernye in en Origanum – die een spice waarsonder ek nie kan kook nie. Dit was tog die deal met Magog, bly by ons vir die duur van die epidemie, at least het jy water, kos en lekker bedjie om in te slaap. In ruil word my bed op gemaak, my klere gewas en die TV kamer gemop. Ek moet kos maak vertel sy my ! As ous praat dan luister die miesies. Dis eintlik die een ding van huishou waarvan ek hou ! Ek kan ure in my kombuis spandeer – met ‘n glasie wyn en ‘n gadget wat die werk van 7 vrouens en 1 rasper kan doen.

Nou maar toe, ek bad (soos elke ander oggend, bad, bra, band ini hare), trek mooi aan, blaas hare, sit eye liner aan en gryp die bottel spray on Covid 19 repellent. Ek kry amper ‘n orgasme toe my Ecosport start ! Ek ry uit die hek uit, loer wie anders is op die pad. Ry my merry way tot by die vars mark net so paar kilos van ons af. Ek was vroeg maar daar was baie karre. Die mense staan in ‘n lyn, een meter van mekaar af weg, so slang om by die winkel in te gaan. ‘n Oom met ‘n masker en handskoene se ek moenie ongeduldig wees nie, dit gan vinnig en is vir my eie beswil. So staan ek in die ry. Beweeg soos ‘n trapsuutjies een voet dan die ander.

Uiteindelik is ek voor. Ek is impressed ! Daar is een mannetjie wat al die trollies afspuit, een wat afvee, en een geklee soos een wat aangetrek is asof hy met die atoombom betrokke was stoot jou trollie nader. Dan weer by die deur moet jy gespuit word. Ek snuif al aan die hand goete net vir ‘n ekstra Kick ! Binne is ook klomp gemaskerde en gehandskoende mense. Hulle loer hoveel mense per isle, en stop jou soos by ‘n Stop en Go op die Belfast pad as jy by ‘n gang wil afloop waar daar klaar anner mense is.

So staan wag, go stop ek deur die supermark. Ek kry amper alles wat ons nodig het. Ek loer ‘n laaste keer na Goggo se lysie. EIERS !!!! Ek slip deur ‘n stil isle – die een met luxuries soos sjampoe en feta kaas. Daar waar die berge eiers altyd gestaan het is…. NIKS !!!!!

Onwillekeurig staan ek en huil. Ek huil erg ! Ek huil nog. Daai snot loop huil..ek het net hand sanitiser doekies in my handsak, ek vee die snot af en brand al die are van my neus na my brein in flarde met die alkohol reuk ! Nee o hel, ek huil sonder end. nou huil ek sommer oor alles ! Die yeast wat nie op die rakke is nie (wou nog nooit iets bak met yeast nie) !

Ek bring die week se proviaant huis toe en vee alles af met n savlon en kook water mix… dit stink soos ‘n tandarts in my huis. Ek huil weer – dis net te erg ! Hoe dan nou ? Hoe gaan mens aan na al die dinge..

As die ding verby is, gaan ons steeds moet spuit met goete voor ons in die winkel in gaan. Die enigste sanitary protection voor die kak was as jy ‘n baai broek moes aanpas met jou pantie aan. Gaan ons ooit weer iets kan aanpas ? Gaan ons ooit weer ‘n winkel kan ingaan sonder maskers en handskoene ? Hoe de moer gaan ek my naels laat doen ? en my skurwe hakke laat glad skuur ? Ek worry sommer oor alles ! Gaan ek ooit weer salon toe kan gaan vir hare, wax en tint ?

Die ergste slat my toe net na 4..nou is daar skool op ‘n app – en ek is die juffrou ? Hoe die hel doen ‘n mamma dit? Vir 8 van die 24 uur moet ek nogsteeds probeer werk..die ander 8 moet ek die bandiete voer, die agt wat oorbly moet ek myself enrich, ‘n online course doen en kaste uitsort – dit Los my met NIKS tyd om te slaap ! Die 21 dae lockdown vakansie het in ‘n nagmerrie ontaard!

FPG_06-EggsCarton_FeaturedImage

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s