Lief en Leed van ‘n Plaaskind

37718547_10155303918611572_3348188806963527680_nVan swaarkry kan jy haar niks vertel nie ! Weeskind en boere slaaf is al wat op haar CV geskrywe staan.
Blink oe, soms van huil..soms van droom, kyk oor die horison.. vir stof en beesmus is sy so gatvol !
Daar is ‘n wanderlust in haar oe, droom van die langpad en die stad se liggies.

Bedashne se storie is een van hoop, geloof en liefde !

Die stomme kind is as pasgebore afgelaai voor die kerkie in Zastron. Haar ma was op sestien nie lus vir pram stoot nie. Die skande op die naam in die boere gemeenskap was net te erg. Tannie dominee het haar op die stoep gevind en ingeneem, totdat beter heenkome vir haar gevind sou word. Sondag voor die ere diens begin lees die dik ouderling die gebedelys. Vir die siekes en die haweloses word gebid. Hy vertel van mev.dominee se vonds opi stoep.

Agter in die kerk sit die dorps-malle..n kunstenaar met ‘n liefde vir pink verf. Sy kry trane in haar oe en besluit dat sy vir Bedashne wil bed maak en kos gee, al is dit net tot iemand anders haar kom haal.

Antie Lena gaan praat ini pastoriehuis na die diens, dominee stem in en Bedashne is met n sak klere wat die dorpsmense aangedra het daar weg.

Sy spandeer die volgende 18 jaar van haar lewe opi dorp Kenlak. Haar dae is lank daar op die vlaktes, sy maak skoon en help opi plaas. Sy en Antie Lena kom nie reg nie. Bedashne is dankbaar maar o jinne sy is kla met die armsalige lewe !

Sy praat met die jongmense van die dorp Sondae na kerk, die wat net naweke plaas toe kom van die stede af. ‘n Mooi klong wat van die Kaap af kom kuier aan huis by familie en loop vir Bedashne raak waar sy by n dorps koffie kroeg uithelp op Sondae. Sy vertel hom van haar drome.

“Klim ini kar” se die man. Bedashne haal asem, huiwer nie lank nie, klim links voor in. Sonner suitcase en sonner koebaai.

Hulle ry paaie en plekke wat sy nie ken nie. Hy wys haar die hele wereld in vier dae en Bedashne is verlief…nie op die man nie…op die wereld !

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s