As dit so is…

Liewe Mnr Die President, Kabinet Ministers en Adviseurs

Baie dankie vir al julle harde werk tydens die moeilike tye wat ons almal deur gaan. Ek verstaan julle is moeg en net so gespanne soos ons. Ek weet daar is baie faktore wat julle in ag moet neem wanneer julle groot besluite maak. Dis n helse taak en ek sal nie graag al daai besluite en belange van ‘n hele land op myself wil neem nie.

Ek wil graag met jul n storie deel.
Ek was seker so 16 jaar oud. Die regering van ons huishouding (my ouers) was amazing leiers, hulle het ons gelei met liefde, respek vir ander en ook hoe morele en waardes geleer. Hulle was streng op sekere gebiede maar nooit onredelik nie.
‘n Groepie van ons maats wou graag na ‘n nagklub gaan waar jy 18 moes wees om in te gaan. Ek en my ouers het nagte om baklei oor die redes dat ek nie mag gaan nie.. Ek kon nie verstaan hoekom hulle so streng was nie!! Ek doen dan goed op skool, ek help met huistakies en ek is mos nie stupid nie, sal nie drugs gebruik of te veel drink nie.. Hoekom mag ek nie gaan nie??? Ek het geweet die uitstappie saam met my vriende sal hul nooit goedkeur nie so ek het besluit om ‘n liegstorie te vertel, ek het gese ek moet aan ‘n taak werk saam met n vriendin en daar oorslaap.
Hulle het my vertrou en my toegelaat om te gaan. Groot fout! Ek het make up aangesit.. heeltemal te veel, ek het sexy, of so het ek gedink, aangetrek en ons het skelm na die nagklub gegaan. Haar ouer boetie het ons gaan aflaai en ons sou plan maak om by die huis te kom. By gese dit was meer as 20 jaar terug so dinge was bietjie anders.. Of dan nie! Na die aand se kapperjolle en heeltemal te veel alkohol moes ons plan maak om huis toe te gaan. Ons het met so paar jong mans gesels en die het ingestem om ons huis toe te neem. Dit was nie die geval nie, hul het ons na n woonstel geneem waar die dwelms sommer so oop en bloot rond gele het, hul het ander planne met ons gehad. Die details van die aand ontgaan my nou maar ons het weg gekom, huis toe geloop en die skrik van ons lewens gekry. Vir n rukkie was ons katvoet, het ons skelm nagklub sessies goed beplan en nie saam met vreemdes soontoe of terug gegaan gaan nie. Maar gaan het ons gegaan! As ek nou terug dink kon daai eerste aand lelik skeef geloop het !

Nou in my veertigs sit ek tussen twee vure, sal ek laat my dogter op sestien na ‘n ngklub gaan ? Of sal ek haar toelaat met voorwaardes ? Ek sal haar neem en gaan haal ? Ek sal streng wees met wat sy mag aantrek en hoe sy lyk. Ek sal dalk self eers die klub besoek om te sien watse tipe plek dit is. Kyk, my ouers was nie verkeerd om my dit te verbied nie, hul het reels gemaak en verwag ons moet die reels nakom; dis wat die uitstappies soveel lekkerder – en gevaarlikker gemaak het !

Hoekom nou die lang storie van my rebel jare in ‘n brief aan ons staatshoof ? Wel, ek voel vandag as een en veertig jarige vrou weer soos ‘n sestienjarige tiener !

Ek is ‘n goeie landsburger, ek betaal my belasting, werk hard en dra by tot ons land se ekonomie maar my ouers (Ons land se regering) is flippen streng ! Ek is ‘n roker en ek geniet ‘n drankie of twee of twaalf. Ek hou van partytjies en rondloop en om my kind in die oggend af te laai by die skool voor ek by my mamma inpop vir ‘n koffie is die lekkerste deel van my dag ! Net so bietjie die verntwoordelikhede van ouer wees an iemand anders oorhandig so vir ‘n paar uur !

Ek is te dom om die omvang van die virus heeltemal te verstaan, ek weet dis hoogs aansteeklik en dat mense dood gaan van die ding. Ek verstaan dat daar moet maatreels in plek gestel word om die verspreiding van die pandemie te beperk. Ek verstaan dat dit nie net Suid Afrika is wat veg met die Chinese monster nie.

Ek verstaan glad nie hoekom die reels so streng is nie ! Ok, ons sal nie partytjies hou nie, ons sal nie kerk toe gaan nie, ons sal nie gaan rugby kyk of ons hare laat doen nie.

Ek verstaan nie hoekom ons vandag mag gaan draf van 6am tot 9am maar daarna terug moet wees in ons huise nie – slaap die virus dan van 6am tot 9am ? As dit so is maak dan die drankwinkel oop van 6am tot 9 am sodat ons kan wyn en sigarette koop. As dit so is maak die haarsalonne oop van 6am tot 9 am sodat ons darm weer mens kan voel !

Ek verstaan nie hoekom ons kinders in die nabye toekoms mag terug gaan skool toe en saam met nege en dertig ander kiem draende snot neus vuil handjie maatjies vir ses ure in ‘n beperkte spasie mag deurbring nie. As dit so is maak ons kerke oop sodat ons vir ‘n uur eer en ons tiende kan gee. As dit so is, maak die naelsalonne oop sodat ons ‘n enkel mamma kan help om haar kind se skool fonds te betaal (ek se nie nael girls is enkel mammas nie – dis maar net ‘n prinsiep..) As dit so is maak die Gym oop sodat mense nie van hul trollies af raak en seshonderd vier en sewentig keer om hul swembaddens hardloop nie !

Ek verstaan nie hoe sekere winkels mag oopmaak nie. As dit so is hoekom mag my sus se blomme winkel nie oopmaak of my vriendin se boetiek waar daar op die meeste 2 of 3 mense op ‘n slag ietsie wil koop nie ?  As dit so is, laat alle klein besighede oopmaak sodat hul hul bediendes en gimnastiek fooie kan betaal.

Ek verstaan nie hoekom ons wegneem etes mag gaan koop of laat aflewer nie. As dit so is hoekom kan ek nie na my mamma se huis gaan op ‘n sondag om ‘n lekker gesonde bord kos wat sy self in haar skoon kombuis met haar gesteriliseerde hande vir my voorberei het nie ?

So baie goed wat ek nie verstaan nie mnr Die President !

Die tiener wat binne in hierdie veertigsomething jarige se lyf woon wil rebelleer ! En ek is seker daar is ‘n hele klomp ander wat ook so voel !

Hou die inperkings maar en moenie onredelik wees nie. As sekere industriee mag voortgaan met streng maatreels, hoekom nie die hele land se ekonomie laat voortgaan met streng maatreels nie ?

Ek is bevrees dat die siekte wat na ‘n meksikaanse bier vernoem is nie ons grootste pandemie gaan wees nie ! Honger; ‘n kruppel ekonomie en rebellie van ‘n magdom tieners gaan baie meer skade doen !

Ok, ek het genoeg gekerm, ek moet gaan aartappelskille en suiker meng met gis (wat ek ook nou skelm moes koop toe ek sigarette gaan kry het) sodat ek darm Saterdag aand ietsie het om te drink !

 

2 thoughts on “As dit so is…

Laat 'n boodskap na Stephanie De Kock Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s