Faith like potatoes!

Ek het aartappels gekoop vandag!

Hoekom is die aartappels so duur dink ek. Jissie en kyk wat kos kaas! Nee man, hoekom is die halwe trollie vol niks so baie geld?

Ek moes aartappels koop want die bandiete wat saam my in die isolasie selle is wil blokkies vleis en mash eet!

Ek is vies vir hulle want hulle le en movies kyk en ek moet aantrek en winkels toe en moontlik met n dodelikke virus terug kom! Ek is vies want ek mors grimering vir die uitstappie want die helfde van my gesig is toe met n masker.. Maar ek kan nie soos n spook lyk ini dorp nie! Ek kleur die comic prentjie in en loer die hare. Og! Ek is vies want die doos dye wat ek aan gesit het is besig om uit te was! Ek is vies want na jare se plastic naels weet ek nie hoe om te cope nie! Ek kyk na my stomp vingers en wonder hoe het hulle so lelik geword? My vel is droog van al die sanitiser, my naels kort van al die worry!

Ek moet aartappels gaan koop! Die eiers is ook klaar en daar is nie melk vir die koffie wat ek sekerlik later vandag agter iemand moet aan dra nie!

Ek is vies want ek wil vandag saam my mamma op haar stoep sit en Cinzano drink terwyl my pa saam met sy skoonseuns staan en kak praat om die webber!

Ek moet gaan aartappels koop! En nou staan ek hier in die ry buite die winkel met my masker en maskara en wag om in te gaan. Ek staan want ek moet aartappels koop! Ek is vies want ek is nie lus vir aartappels nie! Ek wil mengelslaai en n skaaptjoppie eet met ma se bierbroodjie. Bierbroodjie.. Dis ook nou iets van die verlede! Wys my een ou wat sy bier gaan opgee vir n broodjie!

Ek loop doelloos deur die winkel se rye, onthou die tastic is ook klaar, dankie tog dis op special! Ek moet aartappels koop onthou ek.

Ek het aartappels gekoop.

Die twee hier by die kwarentyn kwartiere is steeds in hul pajakkies. Ek is vies want my masker en bra druk en irriteer my! Ek is vies want ek het aartappels gekoop wat ek moet skil en kook en mash! Ek is vies want ek wil n glasie wyn drink terwyl ek staan en die feesmaal van blokkies vleis voor berei.

Ek het aartappels gekoop wat so moeilik is om te skil dat my semi arthritis gewrig beginne pyn. Ek is vies want die jare se werk met my hande is besig om my n Carpal tunnel te gee! Al daai jare se werk voel vandag sommer soos n helse mors van tyd.. Ek weet dan nie eens of ek oor n maand nog n werk gaan he nie!

“hy praat vanaand!” hoor ek uit die TV kamer. Ek is nie meer vies nie.. Ek is bedonnerd! Vir wat dink ek?? Gaan hy vi ons drank en sigrets gee?? Nee dink ek, hy gaan grants uitdeel en kak praat.. Soos my pa en sy skoonseuns!

Ek het aartappels gekoop en met elke stukkie skil wat ek tussen die gleuwe en die ogies op die knol moet uitsny raak ek net vieser! Kan mens vieser wees as vies?

Ek het aartappels gekoop en het nou al amper die hele sakkie geskil terwyl ek staan en die lysie van viesheid langer en langer word.

My kind moet skool toe gaan.. Ek is vies want n juffrou vriendin se hulle gaan nie formele onderrig kry nie, dis maar soos toesig klasse! Hoe de hel?

Ek het aartappels gekoop wat nou in die pot kook. Ek kyk hoe die borrels een vir een begin opstoot. Die water word skuimerig. Shit! Sout! Ek kook aartappels sonder sout!

Ek kook aartappels. Aartappels met sout. Nou nou is hulle sag en kry so klontjie botter en n splash room by voor die elbow grease en plastic masher gadget dit gaan verander in my huis mense se gunsteling maaltyd.

Ek kook aartappels terwyl die killogram blokkies vleis prut in my fensie elektriese stoompot tot dit amper smeltsag is. Dit was net so homp bloederigge vleis.. Met bietjie spices en n pakkie bruin uie sop.. Sonder moeite transformeer dit in n fees vir die mond en maag.

Ek is vies vir myself! Vies dat ek nie die laaste sestig dae se blessings raak gesien het nie.

Ek kook aartappels. Klip harde gewasse wat moeilik was om te skil. Ek moer hulle toe in warm water… En sout.

Sien, ek kook aartappels!

Ek is nou in die kook water van my lewe. Ek is nou besig om deur n transformasie te gaan. Ek gaan uit die pot soutwater uitkom heeltemal anders!

Daai sakkie aartappels het nie geweet wat voorle nie. Hyt nie geweet wat volgende gaan gebeur nie. Hy het nie baklei met die mes wat sy velle afgetrek het nie. Hy het nie probeer uit die pot uit klim nie! Hy het geduldig gele in die kook water en geweet as hy daar uitkom gaan hy iemand baie happy maak.

Ek is n aartappel!

2 thoughts on “Faith like potatoes!

  1. You are not alone. Your blog gives inspiration en well needed giggles waneer ek dit nie meeste nodig het. Ons is almal vies, elke mamma, elke vrou, ons is vies en uit gestress. Jy se wat ons almal dink, hoe ons almal voel. Well done.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s