Ek is!

Elke dag as Facebook se memories opkom dan loer ek terug na wat n jaar of wat terug gebeur het, die herinneringe is meeste van die tyd goed. Ek giggel oor die lawwe foto wat ek van saam my man geneem het en ek kry skaam oor ek alweer saam die girls staan met n vol glas wyn in die hand. Ek gaan loer my Anikind se kleinwees fotos met n traan in my oog en ek kan die sand en see ruik op die vakansie fotos.

Vanaand stap ek deur my huis en kyk na al die memories wat in die mure vasgevang is. Die selfde mure wat soms voel of hulle my versmoor! Die huis van my is so vol stories.

Ek is nie n groot foto muur mens nie, ek het nie mure vol gesigte nie, ek het nie baie goetertjies of soos Ouma Tokkie dit genoem het “kaggel kakkies” nie. Ek is te bang vir afstof om op te gaar!

Ek is versot op die stories wat my kakkies vertel. Van my goete hou geheime al vir jare, geheime wat ek ook nie weet nie. My erf goed loer misterieus na my en my verbeelding gaan op hol…

Die antieke stryktafel wat nou in my gang staan het n brandmerk op. ‘n perfekte silhouette van die kool yster wat op hom neergesit is. Was daar iemand by die deur of het die kind geval tussen die stof op die plaas? Wie was by die deur? Was dit n skelm besoeker of dalk mense van die kerk?

Ek erf n Imbuia kas by my ouma.’ n donkerhout “boefet” kas wat jare lank in die graadge gestaan en lelikker word. Toe byt die chalk paint gogga my en ek verf die ding bloed rooi! Jou ouma draai in haar graf se my ma. Die ding was so verhinneweer sy sou my help verf se ek vir ma. Die kas pronk nou in my voorhuis. Versier met kershouers en boeke.

Die Chaise Lounge by my bed se voetenent is ook n erf stuk. Ma en een van haar moffie maatjies het die ding jare terug oor getrek met aaklige tapeserie lap, die maroon trimming rafel ook al uit. Dis vandag my Ani se le plek as ons movies in die kamer le en kyk.

My mamma se trousseu kis staan in die hoek van my kamer, propvol ou gordyne en ou fotos. Al my mamma se trou goed was daarin en nou is al my goete wat ek aan vasklou vir eendag daar in weg gebere.

Hier is so baie goed wat die plek vol maak. So baie goed wat ek seker van ontslae kan raak. Declutter se hulle! Less is more hoor ek baie!

Maar sien, dis wie ek is! Die goete is waarvan ek aanmekaar gesit is.

Ek is die stryktafel met die brandmerk op, ek dra n seer saam met my, maar ek kan nie mooi vinger daarop plaas nie.

Ek is die Imbuia kas wat met n bietjie liefde weer kan staan en pronk.

Ek is die Chaise Lounge wat my Anikind se velige plek is, al rafel ek so bietjie uit.

Ek is die trousseu kis, vol ou goed, hou goed en memories.

Ek is waar ek moet wees! Ek is wat jy sien! Ek is gister se memory, vandag se hande werk en more se mystery.

2 thoughts on “Ek is!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s