We don’t need no education part 2.

‘n Jaar terug skryf ek n storietjie oor hoe verskriklik moeilik graad 4 vir my is. Min het ek geweet wat graad 5 vir my inhou!

Graad vyf begin sommer baie makliker as graad vier. Ons het mos nou klaar die moerse duur tas met die wieletjies, ons verstaan mooi van klas wissel en ons kan nou self ons hare doen vir skool! Die jaar gaan ons deur seil!

En net so vinnig soos die jaar begin het, kom hy tot stilstand!

Sien, n sjinese girl het n vlermuus geeet, n helse siekte opgedoen en dit beginne versprei. Donald Trump maak toe al die lughawens toe en Dlamini Zuma raak van haar kop af! Ons word verplig om vakansie te neem vir drie en negentien duisend en twaalf dae. Die enigte catch is ons moet by ons huise bly, saam met niemand kuier nie en skool werk by die huis doen.

Die eerste paar weke was waragies n lekker vakansie. Ons het laat geslaap, movies gekyk, gebraai en lekker wyn gedrink. Skool werk was die laaste ding waaraan ons gedink het! 0ns het monopoly gespeel en die pophuis geverf. Ons het koek gebak en ons naels reenboog kleure geverf.

Ek mute die juffrou se whatsapp groepie en stel dit af vir more want vandag is spa dag. Ek ignoreer die google classroom invite want vandag is konsert en eier challenge dag. En so karring ons aan… elke dag iets lekkerder om te doen as skool werk.

Ek lag kliphard vir al die memes van mammas wat sit en wyn drink om deur die skool werk te kom. Ek rol my oe vir die voorbeeldige mammas wat op Facebook met hul tuis skool klaskamers spog. Man ! Dink ek die ding is mos een van die dae verby dan kan hulle terug hok toe en al die werk mos doen !

Toe nou nie ! Die vakansie word meer soos ‘n sabbatical. ‘n Soeke na jouself en ‘n hoop op “internal growth” Bull Shit ! So loop registreer ek toe nou maar ook vir die online-flipgrid-google-class-zoom-room of whatever !

Dis mos ‘n kakhuis vol werk dink ek by myself ! Hoe gaan ek die kind van my wat dink sy is die hoofrol in die nuwe Mary Poppins fliek kry om vir 10 minute stil te sit, stil te bly en die werk te doen – nevermind ‘n hele oggend. Ek verstaan eweskielik hoekom die mammas wyn drink net na 10 en hoekom die hoofmeisies almal klas kamers opgestel het.

Dit begin heel skaflik, die eetkamer tafel is nou Juffrou van Niekerk se klas kamer. Daar is ‘n houertjie met penne en potlode en ‘n pennesakkie met inkleurpotlode, highlighters en kokie penne. Die hopie boeke le links voor en die rooi rug Croxley hardeband boek waarin ons elke dag se werk gaan doen is op die eerste skoon bladsy oop.

Kan ek die eertse bladsy versier vra my student ? Ek rol my oe want dit is mos nou tyd mors, maar besluit ek moet seker instem want dit is wat ‘n regte juffrou doen. Ja, kleur die bladsy in. Juffrou gaan maak koffie. Na die voorblad versier is vra die kind of dit al tyd is vir pouse ?? Pouse ?? Jy is dan al drie weke op vakansie. Maar ek stem in want dis wat ‘n regte juffrou doen. In die kombuis dink sy seker ou Magog is die snoepie tannie en word sy gevra vir ‘n toast broodjie met kaas, ‘n vrug en ‘n snack. Hoe lank dink die kind is pouse ?

Pouse is so net voor 12 eers verby, want se die student, sy moes bietjie buite ook speel. Ek stem saam, dis dan sommer die LO klas vir die dag afgehandel.

Ons takel die spelwoorde vir die week en skryf sinne. Ons loer na die geskiedenis werkies oor die Khoi of die San of die Bantu Boere of iets – ag anyway.. die werk kaarte word gedoen en daar word aangekondig dat skool nou seker verby is – dis al twee uur. Ek stem saam want dis wat ‘n regte juffrou doen. ‘n Regte juffrou loop mos 2 uur uit haar klas uit en gooi ‘n helse glas wyn, ne ?

Dis dag twee van die skool ganery, ek print die Epson se kleur cartridge leeg aan die flipgrid-powerpoint-slide-show-live video-presentation. Ons werk dit deur en ek laai nog data op vir die volgende video. Pouse breek aan, die snoepie tannie is op diens en skool kom 2 uur uit. Ek is mos nou ‘n regte juffrou, so ek gooi ‘n glas wyn in.

So gaan ons aan, vir maklik 3 dae – toe is ek ook nou oor die shit ! Ek loer wat op die epos en whatsapp groepie is, skryf dit sommer so op ‘n papier neer en laat weet die kind dat sy maar moet aangaan en roep as sy hulp nodig het. Die juffrou is in ‘n beheerligaam vergadering en daarna gaan sy vir die res van die week op ‘n onderwys simposium, so sy sal nie baie beskikbaar wees nie.

Die student bank gereeld skool en die juffrou hou nie meer boek van afwesige dae nie. Die enthoesiasme is nie waar dit moet wees nie maar so elke derde dag verloor die juffou haar shit dan moet die arme kind deur pouse sit en opvang werk doen !

Ons hoor skole maak oop, dan maak hulle weer toe, dan kan almal terug gaan en dan net die matrieks. Ons is confused en almal van ons is mos nou regte juffrouens so ons is vol raad en advies oor hoe die kinders moet terug gaan skool toe, hoe hulle die werk moet opvang en hoe hulle sommer elke skool vakansie ook skool toe kan gaan. Hemel weet ons regte juffrouens het ‘n breuk nodig !

Vandag sit ek en beloer hoe my kind nou maar so self self deur die handboek worstel – ek kan eerlikwaar nie se hoeveel sy rerig gedoen het of wat sy rerig geleer het nie. Van die skool werk dink ek sal sy weer moet doen en dalk die jaar herhaal – niemand van ons weet hoe die jaar gaan uit speel nie. Maar sy het baie geleer van self disipline, hoe om met stress (myne en hare) te cope. Sy was creative en inventive. My student was behulpsaam in die huis en het elke dag met oorgawe aangepak – al was dit net op die bank te le en movies kyk – met oorgawe. My hoerskool hoof mnr Pieter Booysen het altyd die saal opening afgesluit met die woorde “Doen alles met oorgawe !” En as dit al is wat ek my student die laaste paar weke kon leer is dit genoeg vir my.

Dankie aan al die REGTE JUFFROUENS wat deur die hele tyd oulike werk kaarte deur gestuur het, wat met ons gesels het en ons op hoogte van sake gehou het. Dankie dat julle ons kindertjies so lief het dat julle elke dag vra hoe dit met hulle gaan en se dat julle na hulle verlang. Dankie dat julle bereid is om terug te keer klaskamers toe om ons kindertjies te leer…. Wanneer ek die minister van onderwys word gaan dit verpligtend raak vir elke onderwyser om twee uur ‘n glas wyn in te gooi. O ja, en die departement sal julle elke desember Mauritius toe stuur 😉

Screenshot_20200526_130700

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s