It’s Tool Time !

Die huwelik is harde werk ! Neeeee; dit is flippen harde werk ! Dis werk sonder pay; dis 24 uur ‘n dag, 365 dae ‘n jaar… VIR DIE RES VAN JOU LEWE !

Het enige een van ons dit besef die dag toe ons in ‘n duur Andre Croukamp rok by die paadjie afgestap het? Vandag dink ek terug aan daai dag en wonder of die trane toe al geweet het van al die swoeg en sweet wat dit vat om ‘n huwelik te laat werk !

‘n Jaar of wat terug haak twee van ons pelle die knoop deur op ‘n spog geleentheid in die dorp se mooiste venue. Ek word gevra om Seremonie meester te wees. Ek ? Stil, terug getrokke Jackie ?? Ek stem teen my wil in en vat die taak baie ernstig op. Ek wil nie cheesy dronk grappies vertel nie, ek google storietjies maar die meeste van dit is maar redelik onder die belt… So ek moes uit die boks gaan dink. Ek besluit om die twee huweliksraad te gee op die dag, so bietjie humor en so bietjie erns.

Ja, ek weet julle dink wat de hel weet ek tog nou van huweliksraad af ? Ek het geen graad nie en my eie huwelik is soms maar so bietjie onstabiel. Maar, dink ek, hy is darm nog heel, so kom ek gee dit my beste shot ! Ek dink dalk die meeste van die raad wat ek daai dag uitgedeel het het ek vir myself ook probeer gee.

Kyk, mans verstaan nie altyd hoe werk ‘n vrou se kop nie – my man weet nie eers hoe werk ‘n toaster nie, maar dis okay. So as mens raad uit deel kan dit nie te airy fairy wees nie – dit kan glad nie emosioneel wees nie. Dit moet reguit en to the point wees.

Ek verduidelik die huwelik toe nou maar so.

Kyk, die dag wat jy daar staan, voor die kerk se mense, jou familie en vriende met die Phaleanopsis orgidee boeket en Zantadesia lelie in die knoopsgat is julle eintlik heeltemal overdressed vir die eintlikke rede dat julle daar staan. Sien, daai dag stig julle eintlik ‘n maatskappy en dis maar net papier werk. Daai dag word die Smit Conglomerate of Van Wyk PTY Ltd gebore. Dis ‘n splinternuwe maatskappy wat van daai dag af swoeg en sweet gaan vat. Van daai dag af is die belange van die besigheid al wat saak maak !

Nou vir die manne se onthalwe moet ons ‘n Toolbox talk he; die tipe van geselsie wat die voorman met al sy werkers het voor die werk begin.

Elke werker by die maatskappy kry ‘n toolbox met die nodige gereedskap in.

  1. ‘n Uitveer; Vandag is die eerste dag van die res van jul lewens saam. Begin die nuwe hoofstuk op ‘n skoon bladsy. Geen fairytale begin met “once there was a princes , who had seven boyfriend before she met the handsome good for nothing son of a butcher ” nie ! Wat ek eintlik wil se is, niks van die verlede maak meer saak nie, dis net nou en die toekoms wat plek het in die verhaal. Moet ook nie die uitveer te ver weg bere nie, almal maak foute en verdien ‘n tweede kans !
  2. ‘n Blikkie Tabard; Die van julle wat kamp, kan nie se ek is ‘n groot kamper nie, weet dat Tabard soos cheap parfuum aangespuit word langs die viswater of kampvuur om die muskiete en kak weg te hou. Wel; jou huwelik moet jy beskerm met Tabard; maak seker dat geen ongewensde peste naby jou huwelik kom nie, goete wat wil steek en moeilikheid maak nie !
  3. LipIce; hou jou lippe sag vir al die lekker vry wat voorle ! Maar dit dien ook as herinnering om jou mond mooi te hou vir jou maat. Alles wat uit jou mond uit kom moet mooi wees; of jy nou met jou maat of van jou maat praat ! Maak altyd seker dat dit nie seer maak nie !
  4. Birthday Sparkles; Jy weet die tipe wat jy by Spur kry as jy verjaar ! Hulle se mos, keep the sparkle alive ! Maar moenie wag vir ‘n spesiale occasion om een aan te steek nie; elke dag moet julle celebrate; die feit dat julle mekaar het, liefde het en ‘n lewe saam maak moet gecelebrate word !
  5. Spykers; Jip, spykers ! As ‘n ding mos beginne lendelam word dan help ‘n spyker mos om dit bymekaar te hou ! Moenie laat jou huwelik so uitmekaar val voor jy dit probeer fix nie. So; as dinge bietjie wankelrig raak spyker dit dadelik reg !
  6. ‘n Horlosie; Tyd is so belangrikke ding ! Ons het nooit tyd vir niks nie – maar dis belangrik om tyd te maak vir mekaar. Al is dit daai halfuur in die oggend voor die ander huis mense beginne rondbeweeg en skarrel; ‘n lekker koffie en chat voor die dag begin; of vanaand laat wanneer die kinders in die bed is om net te sit en saam te wees, deel jul hoop vir die dag en julle drome vir die jare wat voorle. Gee mekaar ook bietjie tyd weg.. Laat hy gaan jag of n boys night he, gaan spa saam jou sussie of gaan wees laf saam jou vriendinne op n plaas iewers!
  7. ‘n Bybel; In die nuwe maatskappy waar julle albei vandag vir die eerste dag aanmeld gaan dit moeilik wees om te weet wat om volgende te doen; nie een van julle is die baas en die ander die tea girl nie – albei begin in die mailroom ! Gebruik die Bybel as jul Operating Manual; die gids waarin alles opgeskryf is oor hoe om te werk te gaan. Die nuwe venture van julle gaan ‘n gebou nodig he en die veiligste plek om dit te doen is binne die Heilige Gees; die fondasie is sterk en dit is bestand teen al die elemente ! Elke bousite of fabriek het ‘n Safety officer; iemand met wie jy kan gaan praat as jy seer gekry het of hulp nodig het; Bied asb daai pos vir Liewe Jesus aan. En elke maatskappy het ‘n Groot Baas ! Een wat seker maak dinge loop reg; wat die weeklikse meetings call en leiding gee; Die Here wil graag daai office with ‘n view he…

Ek is nou nie ‘n huweliksberader nie; ek het self baie berading nodig; maar ek glo dat as jy die paar tools in jou toolboks het gaan jou werk in die huwelik baie maklikker wees; Die pay is dalk shit; maar die incentive rewards is amazing !

163819_485324241571_4145297_n

One thought on “It’s Tool Time !

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s