Toe word ons dors!

Dis iets soos uit n ou western fliek. Die boewe grawe n tonnel onder deur die gebou en kom in die kluis van die western union bank uit!

Ek val vanmore amper van die poep ketel af toe ek soos oudergewoonte sit en Facebook voorlat my oe eintlik al oop is! Die skerminkels het waragtag n gat gegrawe tot by die Tassenberg rak in die geel apteek iewers in Jozie! As ek nie van beter geweet het nie sou ek gedink het Andre Stander homself is agter die fyn beplande rooftog!

Ek sit en se vir myself, self vandag gaan jy dinge sien wat in die geskiedenis boeke opgeteken gaan word!

Besef julle dat die ding wat ons oorgekom het gaan onse klein kinders van leer in die skool.. Enigste verskil is daar gaan nie daai trietsige swart en wit fotos wees waar die kinners sonner skoene staan en die mamma lyk of sy nog nooit n Yardley counter gesien het nie, in die tyd van cholera nie! Nee kyk, dis selfies met home dyed Maybelline, because I’m worth it, hairstyles en videos van sluk n eier, jagermeister, suiker en down n dop challenges. Die ding was eintlik maar net n Desember vakansie met n paar stupid reels!

Een van die reels was die restricted dop.. En wat n klaag spul het dit nie af gegee nie. As jy nie kakpapier gekoop het nie het jy dooswyn gekoop.. Dose vol wyn, kaste vol bier en kratte vol brandewyn. Die probleem is, almal het gedink hulle moes net genoeg kry om deur drie weke te gaan.. En vir drie weke was ons permanent dronk! Dit was braaivleis, potjiekos en dop.. Elke middag skuins na 3 het die buurt van ons geruik soos Loftus Versfeld se parkeerarea voor die bokke die kiwis bliksem!Hier by week vier of dalk vyf raak almal se proviant klaar. Maar moenie worry ekt n connection wat vir jou kan organise as jy bereid is om n klein karretjie se paaiement te betaal vir iets wat seker al verval het! Die ander helfde van ons raak oulik en google resepte van allerhande brews, dis hunters dry, pynappel bier, rooiwyn en gin. n Lot kallits gooi sommer hand sanitiser by en vrek op die spot.. Maar dop gaan ons dop.. Afrikaners is plesierig mos!

Die oom in charge vra die miesies wat eintlik in charge is of die Tops mag oopmaak. Sy stem in en die dag wat almal kan inkopies doen word afgetel soos die tyd toe ons kind was en verjaasdag of kersfees om die draai was. Nog 7 slapies, nog 4 slapies, nog 1 slapie!

Ek sit vanmore daar op my gemaklikke porselein stoel en wonder hoe die ding gaan uitspeel.. Nee wat dink ek.. Mens beginne mos nie n nuwe week met dop nie! Ek gaan nie loop staan in n ry om wyn te koop nie.. So dors is ek nog nie.Ekt n afspraak in die dorp, en by elke dopshop wat ek verby ry staan daar n klomp mense, met jaste en maskers. Nee dink ek, dit gaan nie vir my werk nie.. Ek het in my vroee twintigs vir te veel ure by n kroeg in Hatfield gestaan en wag vir dop.. Op veertig-iets gaan ek dit waragies nie weer doen nie.

Blykbaar staan die mense by Makro soos in ’95 om die blok en voor die City amper tot op die skool 3km verder se rugbyveld!

Ag, as ek net nie haastig was nie sou ek ook seker daar gestaan het.Ek hou meeting, maak planne vir die nabye toekoms en onthou ek moet brood en melk koop.. En chicken stock want my huis mense soek sop.

Ek ry verby twee sentrums waar dit lyk soos Black friday en dink ek sal liewers toast en eier eet as om daar in te gaan.Kort voor ek by die huis kom lyk dit stil by my neighbourhood winkeltjie. Beklee met masker kry ek n gesanitizde trolly. Ek kry wat ek nodig het en loop net verby die wynrak. Daar is NIEMAND! Die bottel Nederburg Duet knipoog vir my.. Sy staan amper alleen op die rak. Sy is die Delilah van wyn en oortuig my dat ek haar so nodig het soos sy my het!

Nou ja toe. 1 Junie 2020. Toe word ons dors!

Hoop julle het almal n grandpa vir more oggend xxx

One thought on “Toe word ons dors!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s