Shop soos n VetGirl!

Bleskop sal liewers die kar rol as om by n padstalletjie te stop. Dis my favourite plekkie om rond te snuffel. Ek is mos laf vir n sousie of jempie, tuisgemaakte beskuit en meringues!

Ek kan ook vir ure doelloos deur die supermark wandel en loer wat is nuut op die rak of n pakkie iets wat Ina Paarman saam geklits het bekyk en wonder wat ek met dit kan maak.

Ek vrek ook vir n dekor winkel.. Veral die wat mooi goete het wat ek nie kan bekostig nie. Ek loer na die prystag en dink hardop “nie te bad nie” terwyl ek goed weet my savvy account se kaartjie sal smelt as ek daai bedrag moet swipe.

Een ding wat ek n kleintjie dood aan het is klere shopping. Kyk ek was nog nooit nommer pas vir my age nie, so ek dink die sielkundige letsel wat ek het van die jare toe my mamma vir my sondagskool klere moes koop, bly my steeds by. Al die ander dogtertjies het Minnie Muis rokkies gedra en ek moes iets wat soos n doilie en n teepot cover gelyk het dra.. Dit was of tuisgemaak (baie dankie vir al die ure se naaiwerk mamma) of by die woolies se young and not so skinny adult section gekoop.

Ek beny my maergat vriendinne wat elke seisoen spog met n pragtige jas, wat voor kan vasmaak of n geel tweestuk, met bypassende sarong, swembroek.

Ek HAAT klere koop! Maar elke begin van die seisoen staan ek voor my hangkas en wonder hoe de hel gaan ek myself skaflik laat lyk. Ek het soos elke ander seisoen tevore nie die 30kg afgeskud wat ek myself n eed op die Bybel laat afle, die keer gaan doen nie! Inteendeel.. Ek is dalk vetter, of die klere het van die maande se wegkruip in die winterkas gekrimp!!

Kom. Laat ek nou net verduidelik hoe werk n vetgirl se lyf.. Dis n ongemaklikke storie! Ek byvoorbeeld is gebless met die nouste skouertjies en uit hulle spruit arms wat kan deurgaan as hefbome om n plaas se generator te start. Somigge vetgirls het n stewige paar skouers, soos die van n olimpiese swemmer en die arms is ferm gevormde ledemate. Ek het n paar tette wat daar nog nie n bra size voor gemaak is nie.. Sien as die cup pas dan is die rek omi lyf so los soos n matriek meisie by die after party! Pas die rek dan peul die tette soos oorgebakte poedings bo die cup uit! Ek kyk so na die goedbedeelde dik girls wat sulke stywe hoe goete het wat soos kropduiwe penorent staan.. En die cleavage is iets wat die Pope sal laat wonder oor sy lewenskeuse! My cleavage aan die ander kant lyk soos n pornstar wat al in die tagtigs moes aftree sn! Dan is daar heupe en boude.. Die mooi vetgirls is rond, koeel rond, lyk soos n lanbouskou se wen peer! I, on the other hand het n plat maag, heupe so breed soos een wat reg staan om n tweeling te kraam.. En boude wat so ver uitstaan jy kan n skinkbord met n savory platter daarop balanseer. Die bene is ook dik, plat kniee koppe wat lyk soos kleinbordjies waarop jy dieselfde savory snacks kan bedien.. En dan.. maer kuite.. Maar nie maer genoeg om fancy under the knee boots vas te kry nie. Ander dikkekies het lekker bene, kan n Boeing kick start maar die shape is in proporsie.

So sien, die challenge om iets te kry om te dra wat nie lyk asof jy n beanbag in n checkers sak probeer indruk het nie is real!

Soos elke ander seisoen skraap ek die moed bymekaar en vat die winkels aan. Die jaar, belowe ek myself gaan ek nie by die dikgirl boutique shop nie.. Ek loop deur woolies en Edgars, soek die grootste nommer in die mooiste top wat ek kan kry.. Dasy, n 18 toppie en n 24 broek.. Aanpaskamer toe! Die toppie pas mooi as ek my maag intrek, maar dis te styf om die arms, daar is nie n groter size nie! Die broek span bietjie oor die heupe, is so styf oor die bo bene dat die lyk soos polonies! En dan bellbottom oor die kuite.. My vetgeid maak die broek ook korter, my enkels steek uit en die is nou al so geswel soos twee waterbalonne van al die “wandel” deur die shops. Ek wonder of die winkels se designers weet hoe lyk n size 24??

Dikgirl boutique toe met jou dink ek.. Dis eintlik soos n kerk vir vet meisies. Die winkelpoppe is dik, die winkelassistente is ook dik, en ek voel tuis. Cynthia herken my, sy weet waarvan ek hou, wys my dadelik wat is op sale.

Die designers wat vir hulle klere maak is soms net bietjie deur die kak! Ek is kla groot en trek aandag, jy het nie nodig om toppies in salm pink lap met moerse turquoise rose op te gebruik as jy n rok vir my design nie! Ek is vet.. Nie blind nie!

Ek krap deur die rakke, gelukkig is ek by die winkel n medium en size 16 broek werk mooi. Ou Cynthia dra al my finds na n aantrek kamer.. No need to take a number darling, se sy.. Take all you want!

Ek loop in die aantrekkamer in, daar is 6 hakkies teen die muur.. Ek is n methodical mens.. So ek pas aan, hang wat nie werk nie op een, hang must haves op n ander en die maybes op n ander een. So begin dit.. Die broek pas mooi, bietjie styf maar ek gaan mos volgende week 3kg verloor. Die toppie is nommer pas, so hier en daar ietsie wat net nie werk nie.. Kan nie pinpoint of dit die kleur of shape is nie.. Maar hakkie 1 is mos daar vir n rede!

Ek is nou al 2 ure binne in die Donnadikgirl winkel, koop sommer n paar panties wat kan deurgaan as shammielappe waarin bokke toedraai na die jag, n blink paar oorbelle wat dalk as badproppe gebruik kan word trek ook my aandag. Drie sakke vol vetgirl klere vergesel my uit die winkel uit.

Ek is in my noppies.

Ek se altyd vir my beste-este.. Jy kan se ek lyk vet.. Moet net nie se ek lyk sleg nie..

So hier is my raad vir al die vettieboemstieks daar buite..

Embrace the body you own, decorate the loveliness you have, be the big badass bitch that does not hide herself! Love who you are and show the world your beauty!

PS… Dit geld vir julle skinny bitches ook!

5 thoughts on “Shop soos n VetGirl!

  1. Hierdie winter lyk ek soos ‘n hawelose ! Ek sien eenvoudig nie kans om die winkels aan te durf nie – ek sien niemand en niemand hoef vir my te sien nie 😀
    Ek love Donnadikgirl winkel asook Fat Eagle clothing en soms red Milady’s my gat – of keer dalk dat iemand my gat sien ?!?

    Like

    1. Hehehe.. Ons ou vettetjies is so simpel.. Dan as jy broek kry wat pas koop jy sommer in swart navy en beige!!! 🤣 🤣 🤣

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s