Love in the time of cholera (covid19)

Ek staan en maak pap en wors.. Foksakes! Dis die beste wat ek kon maak met dit wat ek het.. n blikkie mielies raak warm in die mikrogolf, dank vader vir panic byuing something ini tagtig dae terug!

My foon lui en ek is nie voorbereid op die gesprek wat nou gaan plaasvind nie. Anja het fotos van haarself op haar foon! Ag fok dink ek.. Ek ook! Neem selfies voor die dooie roosboom en langs die braaivleis vuur.. Sy neem kiekies van haar eie geklitste gekoekde hare en selfies in mismatched outfits.. Hoe erg kan dit wees?

Ek het n renons teen kinders met n selfoon! Sodat hulle my in die hande kan kry of ek vir hulle, is die standard antwoord as ek n mamma vra vir wat haar kind van 8 n selfoon het.. Wat bedoel jy sodat jy hulle in die hande kan kry? Watse tipe mamma los haar kind in elk geval op n plek waar sy in die hande gekry moet word.. Sy is of by die skool wat n telefoon het, by n maatjie wie se mamma n selfoon het, by die dansklas waar die juffrou n foon het, by die huis waar Magogs kan bel of by ouma.. En dan het sy jou in elk geval nie nodig nie! Min onthou ek dat die dae toe ek kind was het ons huis fone gehad, ek vergeet hoe ons ure lank na skool op die foon gele en klets het met ons tjommies wat ons die hele dag by die skool gesien het… Tye was anders!

Ek is onsteld oor die oproep, die source is betroubaar en ek weet ek sal moet investigate. Daar was ander aantuigings ook. Ek wil nie daai mamma wees wat skelm spy op my kind se privaatheid nie. Maar ek sal moet… Ek wil ook nie daai mamma wees wat na die ramp getref het se ek het nie die tekens gesien nie. Tye het verander.

Net vir die rekord.. Anikind het n ou tweede handse selfoon wat geen simkaart in het nie, sy speel games en as sy geleentheid kry om op wifi te gaan kyk sy tiktok en youtube lite.. Ek het die foon so gestel en word verwittig elke keer as sy n app download. Niks suspisieus oogemerk tot dusver nie, dis 3d drawing en craft dinge, simpel speletjies en puzzles.

Ek wonder dadelik of sy nie een van daai apps het wat ma dink is n calculator dan is dit n ondergrondse porn sindikaat nie. Ek sidder om te dink wat die kind aanvang, veral nou dat ons fibre by die huis ingesit het.. Tye het verander!

Ek is altyd uitgesproke oor selfoon education as ons mammas so sit en wyn drink.. En hier reg onder my neus is ek nie besig om self daai opvoeding te doen nie.. Ek het mos parental control op Parraboud se foon!

Ek google, how to talk to my daughter about sex… And stuff. Die advies is van stywe lip sielkundige mammas wat wil kop dokter speel of kontroversiele hippie tipe mammas wat kruie tee drink en glo kinders kan kies of hul n seuntjie of dogtertjie wil wees. Tye het verander.

Hierdie ding gaan jy op jouse eie manier moet aan pak dink ek.

Mamma gaan bad, Patat, kom sit by my, nooi ek haar uit. Sy sit op die poep ketel se deksel en daai bakkie beginne vertel van al die funny videos wat sy vandag gesien het en hoe sy sukkel met sinonieme. Ek dink by myself, sy is so onskuldig nog, sy is skaars 11 jaar oud. Ek vra of ek kan sien watse nuwe games sy het, sy is bekommerd dat ek die foon in die bad sal laat val.

Ek scroll deur haar app file en glips in haar foon se gallery in. Daar is hordes fotos en videos! Klomp simpel outjies wat met skateboards van dakke af ry en hulle gatte afval en so paar tiener meisies wat diy makeup videos doen. Daar is n klomp selfies met snapchat filters waar sy lyk soos n hasie of juffrou met n ronderaam bril. In die tyd wat ek deur alles gaan lyk sy nie ongemaklik of bang dat ek dalk op iets af sal kom wat nie vir my oe.. Of hare bedoel is nie!

Ek vind n reeks fotos van haar maag.. Ek raak yskoud, wat gaan ek nog raaksien? Ek vra dadelik watse fotos dit is.. Sy kry skaam, mamma se sy, ek oefen om n sixpack te kry so ek wil net sien wanneer ek lyntjies beginne kry. Die antwoord het te natuurlik uitgeglip om n jok storie te wees.

Ek soek vir die fotos en videos waaroor ek so worry, so paar videos vloek die grapmaker bietjie, maar niks wat haar vuilbek mamma nie so nou en dan ook uitblaker nie!

Tye het verander se ek vir haar, sy mag glad nie met iemand op die internet praat nie, sy belowe sy doen nie.. Het dan nie whatsapp nie.. Verduidelik dat sy vir niemand ons adres of selfs die dorp waarin ons bly mag se nie! Ek praat reguit met haar oor kaal fotos, seks, menstruasie en sommer al daai dinge wat ons nie oor praat nie. Daar is trane, giggel oomblikke en verligting.

My kind word groot, haar lyfie verander en sy is nuuskierig! Sy verstaan nie wat aangaan in haar kop en hart met al die hormone saam nie. Sy is bang om te beginne bloei en het n crush op n seuntjie wat al 12 is!

Ek dink terug aan die tyd toe ek my eerste crush gehad het en toe my lyf beginne verander het.. Het jy vergeet van die dokter dokter speletjies? Die feit is, kinders is inquisitive.. Hulle is nuuskierig en hulle smag na kennis. Maar tye het verander, daai onskuldige wys my joune dan wys ek jou myne sessies met die nefies gebeur nou op die internet. SIEN DIT RAAK!

Ek is steeds bekommerd, ek le die hele aand en bid, vra vir hulp, hoe kry ek my meisiekind groot sonder enige horror stories? Hoe gemaak as iets met haar sou moet gebeur?

Wees asseblief daai mamma wat tyd maak om te luister, te sien en te help. Wees asseblief daai mamma vriendin wat die ongemaklikke oproep maak en die mamma wat glo haar kind is nog te klein of onskuldig om dit te doen atent te maak.

Ek glo, die ongemaklikke gesprekke met jou kind is baie gemaklikker as om n stukkende hart of n verwoesde lewe te probeer fix.

One thought on “Love in the time of cholera (covid19)

Laat 'n boodskap na Una Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s