No Elephant Size!!

“Flee size, flee size!!” die bordgesiggie staan buite te haar klere boetiek in Orchard street downtown Bangkok en lok so mense in haar winkel in.. Alles pas almal verduidelik sy.

And for me, vra ek. “no, no, no elephant size!”

Was ek ontsteld? Net so bietjie, nie oordat sy nie dink iets gaan my pas in haar winkel nie.. Nee ek is die moer in want al my maergat vriendinne wat saam op die vakansie is gaan met n paar duisend baht wat omtrent 10 rand is moet n nuwe tas koop vir al die klere wat hulle by die Flee Size boetiek geshop het huis toe! En ek gaan maar met diealefde ou kak en 4 nuwe sarongs huis toe!

‘n Hele paar jaar terug.. In my mid twintigs besluit n klomp van ons young and restless terte om te gaan rond dwaal in Thailand. Dis een van daai soek jouself onder n coconut boom tipe trippies. Ons gaan shop vir 3 dae en dan op die beach le vir 4. Ons sal dalk na n tempel gaan kyk en defnitief n draai gaan maak in die stoute PatPong area!

Ek moet bieg die Elephant size tjonkie het so effense demper op my mood gesit, maar na twee van daai local biere toe is ek weer hunky dory en onthou ek dat my hele tas vol vetgirl klere is wat ek van Dubai af gebring het.. Ek het toe in die midde ooste gebly en vetgirl boetieks was volop!

Nou sou jy dink ek het 15 odd jaar terug my les geleer ne?

So gaan ek selfs nou nog by die Chinese boetieks in.. Met met 200 rand en die hoop dat daar n ou rompie of bloesie is wat die lyfie sal pas! Op uitgesoekte geleentheid kry ek een van daai groot servette toppies wat dik girls dink hulle moet dra, daai met die vlermuis moue en die punte wat hang langs die sy soos n sleg gedekte sondagmiddagete tafel!

En steeds leer ek nie my les nie.

‘n Vriendin uit die Kaap laat weet dis haar veertigste later in die jaar.. Ek moet seblief spaar vir n kulula ticket en kom! Die tema is bohemian chic. Nou ja toe.. Dan sal ek n uitrusting vir die ding moet aanskaf!

Ek soek in my kas vir enige iets gehiekel, of getyedye. Dalk iets met rafels en blommetjies. Niks! Ek is mos maar n swart en navy girl, hier en daar iets pink of groen maar fokol met blommetjies en patroontjies, lyk altyd soos n kleuterskool gordyn met prints!

Ek besluit om die online shopping ding te probeer. Wish sien my nie weer nie, ek wag nou nog vir die 2 dollar make up kit wat ek in 2018 bestel het! Ek kom af op n aanlyn winkel met n westerse naam, iets soos “Dress me Delilah”. Alles is in dollars geprys en ek glo dat dit uit die USA gaan aankom. Ek vind die petfekte rok, so laaaaaang een wat sleep met so bietjie kant en subtiele blompatroon net om die soom van die rok. Dis BEAUTIFUL! En hulle maak hom in plus size. Ek gaan na die size chart, meet my heupe, tiete en lengte. Nou ma toe dan bestel ek n nommer 24! Betaal per kredietkaart vir die rok, en sommer die ekstra $5 vir speedy delivery.

Elke dag loer ek die posbus vir daai slippie soos een van ouds wat wag vir n brief van haar kerel wat op die grens is!

Drie weke gaan verby.. Shit, dink ek.. Dalk het ek nou $20 plus die $5 speedy fee in die toilet gegooi.. Maar soos altyd gee ek nie moed op nie.

Die slippie arriveer, ek is so opgewonde ek kan ontplof! Jaag poskantoor toe om die rok van my drome te gaan haal. Daar gekom, gestaan vir n uur en uiteindelik voor by die kasier. Sy gaan haal die pakkie, en verduidelik ek moet R350 duty betaal. Net daar verloor ek my shit.. Rerig??? Anyway, betaal en kry die pakkie, dis so groot soos n A4 koevert, plat soos n legal document.. Maar ek vat, daar is steeds hoop, hulle het hom dalk gevacuum pack om die gewig minder te kry.

My kar idle nog in die graadge toe ek die pakkie opskeur, ek is sommer lus en trek die rok net daar aan! Ek sien dit kom van China af.. Nee o bliksem, die ding sal ek moet disinfect! Spuit sommer met die handsanitizer wat in die kar se cup holder is!

Wag dink ek.. Moenie soos een wees wat niks gewoond is wees nie. Ek hol badkamer toe, gryp my step-in en fancy bra oppad. Ek skud die rok uit, sal seker beter lyk as dit gestoom is!

As julle dink Marelize se ma was disappointed toe sy met ha bicycle in die paal vasgery het, het julle nog niks gesien nie!

Op die kiekie van die rok was hy so beigerige mushroom kleur, met kant wat fyntjies was, die blomme was ligte maroon en pers soos daai berries wat jy by woolies koop se kleur. Die ding wat uit die koevert uit kom is botter geel .. Die blomme bloedrooi en n pers wat plascon nog nie n naam voor uitgedink het nie! Die kant lyk asof dit gehiekel is by die blinde skool in Worcester! My fok Jacqueline!!!

Ok, daar is nog hoop, sal hom fix.. Met bleach en sal my denim jacket aantrek met bruin leer boots.

Ek skud hom weer om die ergste kreukels uit te kry.. Die size is groot, lyk soos n tent, but then again, al my rokke kan jy oor n draad span en n klein gesinnetjie huisves.

Neeeee o hel! Ek het dalk die mates verkeerd verstaan, die ding is so groot om die heupe en te styf om die tiete, die moue is amper so lank soos die rok en so wyd soos n bell bottom! Die blomme onder is in die middel van die rok en die kant hang soos n toga oor die skouers!

Wat ek nou eintlik wil vra.. Het enige iemand iets om vir my te leen om te dra na die party toe?

2 thoughts on “No Elephant Size!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s