Hoekom moet ek so suffer???

Sy het eendag opgestaan en vir haarself gese, “self, vandag gaan jou hele lewe verander!!”

Nie te lank terug word sy in n koue sweet wakker, met trane wat onwillekeurig by haar wange afstroom, snot spoor hol vinnniger as die gautrain oor haar lippe en haar hele binneste het gebewe. Dit was kompleet of sy iemand aan die dood af gestaan het! Slaap kon sy nie meer nie, geen mens drink wyn daai tyd van die oggend – tensy dit die laaste een vir die aand is van die partytjie wat gister al begin het nie! Koffie en n sigret sal die troos moet wees. Dis kak koud buite in die laundry waar sy rook maar die koue lug doen haar goed.

Kyk, sy kom van n anderste tipe plek af as die waarin sy nou is. n Plek waar sy heeltemal in beheer was, so het sy gedink… Lewe voor die DING was gemaklik. Hard werk het beteken hard speel en duur skoene koop!

Nou is die DING hier en sy moet maak asof alles net Okay is. Sy moet n bra aantrek en haar gesig verf, elke dag, sy moet kyk dat die kind nie van domgeit agter bly nie, elke dag, sy moet al haar kamermaat se se slegte dae reg dokter, elke dag… Sy moet survive… elke dag.

Hoe de fok doen sy dit as sy haar sente moet tel as die brood op raak. Hoe doen sy dit as sy nie meer na haarself kan kyk in die spieel sonder om al die moegheid en worries te sien nie. Sy lyk soos Ant Stiene, sigret ini mondhoek, kopdoek op, plooie soos hoenderpoepholle orals oor haar gesig en dink hardop, weetie hoekom moet ek so suffer nie!

Sy maak elke dag n nuwe plan, dalk kan ek bak en verkoop by die tuisnywerheid, dalk kan ek naai en serpies in maskers verander.. Nee wat sy kan meubels restoreer en baie duur verkoop soos daai moffies met die “interior” shop ini dorp.

Sien, sy worry so oor dalk dat sy nie die geleenthede gesien het wat reg op haar voorstoep gele het nie! Sy het maar die geleenthede saam met al die dalk in haar duur handsak gesit, die duur een wat sy gekoop het toe sy nog “in charge” van haar vorige lewe was! Sy sal by dit uitkom wanneer sy tyd het. Wanneer sy nie meer moet stresssss nie.. Anner dag!

Sien, sy moes vrede maak met die change, sy MOES change!

Vandag was daai dag! Vandag het sy opgestaan en gese.. Self, vandag verander JY jou lewe.

Sy het gechange, sy het daai geleenthede uitgehaal uit daai handsak, na haar lee duur beursie gekyk en soos n miljoener gevoel!

Sy.. Is.. Ek!

4 thoughts on “Hoekom moet ek so suffer???

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s