Dansplaas

Hierdie storie is NIE gebaseer op ware gebeure nie! Al die karakters is imaginary.. Maar as jy dink ek praat van jou.. Dan praat ek seker van jou!

Elke jaar so om en by die tyd, so net voor n mamma-moer heeltemal strip, gaan n klomp vriendinne op n galz weekend. Dis n fyn beplande okasie, kinders kry bly plek by grootouers wat hulle lelik gaan bederf en kak stout huis toe stuur. Die mans wat agterbly word gepaai met gunsies voor die tyd en lee beloftes na die tyd.

Die eksodus begin vrydag wanneer Amanda en Janine wegtrek uit die stad. Amanda het n vakansie huis met 4 shalets op n wildsplaas. Sy ry een van daai groot privaat-skool-mamma karre en sy en haar beste vriendin Janine ry vroeg oggend met die naweek se spyskaart in die boot en die skroppie Sophie op die agter seat. Janine is vreeslik grend! Sy dra omtrent vier en sestig armbande wat by haar uitrusting pas, sy het n sonbril vir elke look en designer vellies vir die stap op die plaas. Janine rol haar oe, want wie de hel stap op n plaas? Janine is bietjie dik, vreeslik kommin en suip soos n vis. Sy spog ook met n klomp bykomstighede in haar naweek tassie, pruike, haak skoene en ietsie blink.

Aangeland op plaas “Goeie Nuus” begin die twee werskaf. Ok nee ek lieg, Sophie werskaf en die twee verduidelik baie mooi wat sy moet doen terwyl hulle “ys tee” drink.

Die plaashuis lyk soos een wat in die Visi tydskrif hoort, infinity pool en all. Daar staan ook so khaki groen wa met stoeltjies wat so in trappe van vergelyking agter op die bak gebou is. Met die meganiese renoster gaan kyk hulle wild en wag vir sononder op n plank deck in die bos.

Die ander ses vriendinne sal eers later die middag aankom. Hulle ry almal saam in Annetjie se bus, maar eers as almal se kinders uitgesort is en Mariaan klaar gewerk het.

Amanda en Janine raak giggelrig en pak so lank n piekniek mandjie met stink kaas en joodse sout koekies en olywe, ‘n koelboks met ys, bottelkie sap en tequila!

Die tequila ding is n jare oue tradisie, op die eerste aand se wildrit sak die klomp op bok voer plek af, lek die sout lek en gooi n sopie terug. Almal gril en skree maar almal speel saam. Imagine n klomp fourty somethings hanne vier voet wat sout lek soos rooibokke en dan kierts regop soos dassies staan en sluk uit klein kristal glasies!

Annetjie se beste vriendin Corrie sit links voor in die bus en stuur per WhatsApp n boodskap dat hul by die hoofhek in kom. Sophie is op standby om tasse af te laai.

Nou Corrie en Annetjie is ook al lank vriendinne! Annetjie drink goedkoop rooi wyn terwyl sy wegkruip vir haar drie kinders in die kas. Sy is n gesiene besigheidsvrou in die dorp en haar man verdien dollars! Corrie het n catering company maak glo platters vir die dorp se krieket klub en begrafnisse. Haar man is baie mooi en haar kinders blerrie oulik, maar Corrie kyk rond in die dorp.. Dra baie pers.. Julle weet wat dit beteken.

Saam hulle ry Mariaan, sy kamp graag en slaap op snaakse plekke, haar man dink ons werk vir Uber want hy ry heeldag kinders rond. Haar laaities is klein vi hul ouderdom maar maak span vir elke sport by die skool, ons sit haar in die shalet saam met Rina, die kens een! Rina se naweek tassie is n kas bier en een skoon pantie, sy borsel tande met n Savanah en praat met die wild, sy is die zebra whisperer. Haar man is aantreklik, n regte flirt en maak mooi kinders, die twee waarvan ons weet is pragtig en sportief!

Charmaine is n jare lange vriendin van Janine, saam kak aangejaag in hul jonger dae en amper met dieselfde man getrou.. Sonder dat die ander een weet. Sy het gewen en met die beer getrou en een wildekat dogterjie gehad. Sy kan nie wag om uit die huis uit te kom nie, want beer kyk snaaks as sy vloek en wyn alleen op die stoep in die kompleks drink. Sy is eintlik kak snaaks. Sy het Rina se man gedate in haar twenties, en die twee lag lekker saam vir die strooi van hom. Charmaine deel n shalet met een van Amanda se private school mamma vriendinne, Tara. Tara is weduwee en skool juffrou, resep vir n alkohol probleem. Haar kinders is al amper te groot vir hul skoene en sy lag saam al verstaan sy nie altyd Afrikaans nie! Sy is vreeslik mooi, naels altyd gedoen en dra sulke boheemse klere.. As Janine se afwyking inskop dan dink sy sy kan dalk vir Tara vry.

Die bus stop op die grys klippies, Sophie hol om tasse, cooler bokse en ander proviant af te laai. Die ses nuwelinge kry kans om te gaan pee.. En dan op die renoster om te gaan kyk hoe die son sak ander kan die Waterberge. Rina en Charmaine het al begin drink net ander kant die Total garage wat amper afgebrand het n paar jaar terug.. Hulle is baie loud. Mariaan vang saam spoed en Tara beduie hulle moet sjjjjt, hulle jaag die diere. Annetjie en Corrie begin sommer met dooswyn in daai consol jars met die strooitjie. Janine se vir haarself, self hier kom kak!

Die tequila en soutlek was n sukses, die sononder op die plankie deck n sirkus, almal moes pee en die son het gesak voor die sjampanje oop was.

Terug by die Casa Grande kuier die klomp soos n nuwe jaar in ons studente dae, pink melk shooters word op n skinkbord met gaatjies uitgedeel. Rina was al twee keer in die swembad en nou is die enigste klere wat sy daar het ook pap sop nat! Sy leen n serp by Amanda om oor haar tiete te drapeer. Janine kom by die trappe af met n Tina Turner wig, blink haak skoene en n jean wat heeltemal te styf is vir haar vet lyf! Die juke boks bler Dancing queen uit en soos n eksodus uit Egipte klim al 8 terte in die bus.. Dansplaas toe!

Dansplaas het brandy en coke special en Janine en Charmaine bestel 8 specials, met n shot po10cy vir almal. Die dansvloer kook, hulle dans en maak storietjies met al die boerseuns wat van daai eina styf kortbroeke en vellies aan het. Dis n storie om al 8 weer in die bus te kry, Janine is heeltyd op hol, Rina wil die bouncer klap en arme Annetjie kry net nie almal in die bus terug nie. Halfpad by die pad op kom ons agter Mariaan en Corrie is missing, die twee het by die boot uitgeklim en verder gaan kuier.. Dis soos n vicious cycle.. As die een in is klim 3 ander uit.. Schuster sou noe so goeie movie kon maak nie al probeer hy!

Die lot paas uit in drips en drabs, die bitterienders sit en dronk verdriet kry op die stoep.

So kuier die klomp vriendine die Saterdag ook deur, een le en lees met n gin cocktail, 3 in die swembad met n slet sappie, iemand pak n platter met kaas en parma ham en die res kuier op die stoep.

Ons gesels oor ons drome, huil oor ons kinders en raak weer verlief op ons mans.

Die verlange na die elke dag mamma wees, vrou wees, ek wees is real! Ons batterye is gecharge en die langpad huis toe is almal stil. Babelas.. Miskien? Nuwe fut vir die res van die jaar.. Defnitief!

Ek gaan oorlog toe saam daai klomp terte wat my vriendinne is. Die tribe wat my sane hou en die village wat my help kind groot maak!

4 thoughts on “Dansplaas

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s