Die Brief

Saterdag in die dorpie Kenlak is n geskarrel! Daar is nie parkering nie en die ry staan om die blok om braai wors by oom Boet se slaghuis te kry! Tant Lena moet Pep toe ook, sy het haar laaste heel jersey gehaak aan die draad onder by die dam, kanie more kerk toe gaan met n gat in die bont jers nie. Haar roete begin soos gewoontlik by die poskantoor en eindig by Heidi se koffieshop vir n stukkie melktert en n koffie met n spyker in.

Soos elke week hol sy by die koperasie ook in, knoop n geselsie aan met Danie, die eienaar se seun, die is al 42 en ongehu, snaakse karakter met slegte pleisterwerk so oor die gesiggie. Tant Lena vra vir n fitting vir die hosepipe.. Gevaar, die pitbul, het die ding alweer opgevreet!

Die saterdag is nie veel anders as enige ander een nie, sy loop vir Bets, die ryk skaapboer se vrou raak buite die Checkers en maak praatjies oor laasweek se lelikke blomme in die kerk, was seker Louisa, die vrou van die biblioteek wat weer gemaak het! Buite die kafee skinder sy saam met Miena, een van die terte wat Jan Harm mee getroud is, dink dis sy 3de vrou?? Soos elke ander Saterdag…

Heidi het Ta’Lena se koffie reg want soos elke ander Saterdag is sy net voor toemaak tyd daar. Sy sit by die rakkie vol amper dood potplante, eet vinnig die melktert, maar drink staaaadig aan die stoute koffie. Sy haal die pak pos uit haar handsak en begin deur kyk. Die met vensters skuif sy agter toe, daar is n koevert van die SPCA wat haar herinner om haar dagboek te bestel vir die volgende jaar. Daar is so paar strooibiljette van die dorp se plumbers, electricians en die nuwe girltjie wat n salon by die huis oop maak. Daar is n brief.. Geadresseer aan

Lena Venter

Stofpad, draadhek.

Kenlak

Iewers in die Vrystaat.

Daar is geen return to sender adres nie.

Die handskrif lyk bekend, maar anders.

“Liewe Tant Lena,

Ek sit vandag op my stoep en uitkyk oor die pragtigste wingerde. Die wind waai saggies en lig die stof so bietjie, net genoeg sodat ek gedwing word om terug te dink aan my tyd op Kenlak.

Twee jaar terug het ek sonder woord, skoene of skoon pantie weg gehol uit die dorpie wat my as babatjie gekry het. Die dorp wat my groot gemaak het so saam met my “ma Lena”, die dorp wat my lief gehad het, maar wat my hart nie wou terug lief he nie. Ek het links voor ingeklim toe n man van die Kaap af gese het ek moet saam gaan.

Ma Lena, die man het my die wereld laat sien. Ek en hy staan op die drumpel van trou, ma Lena, ek is swanger met die man se kind. Die man kyk mooi na my. Hy het klein Lientjie se kamer pienk geverf, dis mos Ma Lena se favorite kleur! Ma Lena, ek is happy ”

Ta’Lena se trane loop n ry spore oor haar wange, sy dra net op Saterdae eye liner en die le soos n tikkop se swart ringe onder haar oe, vasgevang in die web van plooie oor haar wange. Sy wonder al vir 2 jaar wat van die kind geword het. Die polisie het gese hul kan nie gaan soek nie, sy is agttien en het op eie wil weg gegaan.

“Ma Lena, ek is jammer. Jammer oor ek net weg is. Jammer dat ek net so misterieus soos ek aangekom het op Kenlak verdwyn het. Ek is jammer dat ek nie op die plaas by jou wou bly nie, Ma Lena ek is jammer dat ek nie skool kon klaar maak nie en so vreeslik jammer dat ek vir 18 jaar kwaad was.

Ma Lena, ekt nooit vir jou gese dankie nie. Ma het my geleer van gee, liefde tyd en geduld. Ma het my geleer van survive, met min aardse goed maar baie planne. Ma het my geleer mooi maak om ma se manier en ma het my geleer kyk met my hart.

Ma Lena, ek kom nooit weer terug Kenlak toe nie. Ek wil nooit weer daai stof pad ry na die ou plaas huis met die windscreen vensters nie. Ek wil nooit weer koffie aandra by Heidi se winkel nie, nooit weer wors van oom boet se slaghuis eet nie. Ek wil nooit weer in Bets se skynheilige gesig vas kyk nie en ek wil nooit weer voel hoe Jan Harm my uit trek my sy oe nie, weet arme Miena van sy streke?

Ek sal vir ma Lena kiekies stuur van Lientjie en ook van die troue. Ek sal vir ma e-wallet stuur vir kersfees en elke sondag in die kerk vir Ma bid. Asb Ma Lena moet my nie kom soek nie, want ek weet as Ma Lena my vasdruk soos altyd en my saggies op my voorkop soen sal ek links voor inklim en die lewe wat ek nou leef soos n droom sal verdwyn.

Pas Ma op. Moenie laat die dorp weet van my nie, ek was net geleen.

Groete

Liefde

Bedashne”

One thought on “Die Brief

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s