Happy Birthday.. My lief!

Dit was n Vrydag aand soos elke ander Vrydag. Ons 9 to 5 het einde se kant toe gestaan en op ons alcatel fone mos ons drie keer druk om by C uit te kom op die number 2 button. Ons het briewe getik op die fone soos een wat hakkel ddd om n f te tik mmm om by o uit te kom en een keer 5 gedruk vir n k! Vanaand loop maak ons kak met dubbel a en triple k verduidelik ek n vriendin. Smeer dubbin op jou parra, ons gat dans en nuwe boyfriends kry.

Ons twee dikkekies trek mooi aan, cleavage met masking tape opgestoot en hakke wat ons agterstewe nie kan balanseer nie.

Min het ek geweet daai aand ontmoet ek my life long kamermaat nie. Twee tiekie draaie op die cheap hout dansvloer en ek is verlief.

‘n Skamele 15 jaar teurg ontmoet ek die man wat vandag steeds in my hart woon.

Vandag verjaar my favoritste mens in die hele wereld!

Hy poep in die bed! Hy irriteer my grens loos! Hy kak my uit al is dit nie my skuld nie. Hy drink net sy bloedruk pille as hy warm koffie het. Hy skree soos n cracker as dinge nie sy way is nie en hy kak die myt uit nog voor sy iets kon breek. Hy moan oor my petrol liggie en hou fokkol daarvan as ek maandagaand wyn drink nie. Hy is n pyn in die gat!

Maar hy is my pyn in die gat. Hy kyk elke dag na my asof ek die enigste vrou is wat nog ooit met n vol pantie voor hom verby gestap het. Hy se nie elke dag vir my ek lyk mooi nie, maar as hy dit se kan ek maar weet ek lyk mooi. Hy moan nie as ek nie been hare skeer nie, maar hy is die eerste een wat agterkom as ek dit gedoen het. Hy eet die moer by mekaar aandete wat ek met n halwe hart gemaak het en se altyd dit was lekker.

Wanneer ek wil vlieg knip hy nie my vlerke nie, hy bring die glue gun en plak volsruis vere aan. Hy vat my tot op die einde van die krans, gee my n hupstoot en laat my vlieg. Hy gee my alles wat ek nie geweet het ek kort nie. Hy laat my onthou dat ek sy alles is al wonder ek soms of hy my alles is!

Bleskop, ek is so lief vir jou. Jy maak my weet dat ek met my lawwe deurmekaar gypsy hart n plekkie het. Jy laat my en patatbaba veilig voel.

Ek weet ek vaal in baie plekke, mamma, vrou en menswees.. En elke dag probeer ek beter wees as gister.. Maar ek weet, vir jou was gister goed genoeg.

Happy birthday MY MAN!

3 thoughts on “Happy Birthday.. My lief!

  1. Jong sus, maar dis so waar wat jy skryf. Ek ken van sy nukke. Maar wat ek ook wel weet is dat jy sy hele hart in jou hande vas hou. Hy is baie, baie lief vir jou. ☺

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s