ASB liewe Liesis

My Anikind het toe sy nog geleer het om te praat gepraat van Liewe Liesis. Dit was vir my so mooi! Ek het altyd klem daarop gesit dat sy ander se name reg uitspreek. Dis nie tannie lea nie, dis tannie Rhea… Dis nie tannie antcnhlie nie dis tannie Angie en so aan..

Maar liewe Liesis het ons mee gebly.. Net soos wat Bella kind nooit asseblief gaan se nie maar gaan groot word met affeblief.. So gaan my Ani patat glo in liewe Liesis!

Gister aand gaan klim ek in die bed. Ek was goed bemoerd.. Sommer al na deal or no deal gaan le.. Nee dis kak vroeg.. Ani vra, mamma moet ek nou in my bed gaan klim? Kyk, parraboud le in my bed en movies kyk tot sy slaap.. Ja ek is n kak ma, Ek lees nie stories nie! Disney het dan vir ons n channel gegee ir R12.80 n maand om hulle aan die slaap te maak.

Nee, se ek, bokkie, Mamma het net n poef dag gehad sy wil kom le. Ek klim regs in en kani le kry nie..

Mamma, se bokkie, jy kan die channel change.

Ek wil nie.. Ek wil nie kyk wie soek n boer nie, gee nie om wie maak n kafe flat die mooiste nie en ek wil ook nie weet wie se throne is in gedrang nie.

Ek wil le, relax, refleck en bid…

Ek beginne praat met liewe Liesis… Eers saggies in my kop.. En toe sommer hardop toe ek beginne baklei.

Ek baklei nie soos daai bouncers by Boksburg se nightclubs nie.. Ek raak net emosioneel! Vra vrae, hoekom ek, hoekom nou?

Ek kry antwoord.. Hoekom NIE jy nie?? Hoekom nie NOU nie??

Vandag was n rou dag.. Ek was bang vir hoe hy sou uit draai.. Ek moes fokus om te verstaan.. Ek was gefok maar gefokus.. Dankie Lidi de waal😉

Maar iewers tussen gisteraand se baklei en bid het iets net reg uitgewerk!

Ek se vanaand.. Dankie dat U MY gekies het.. En dankie dat U dit NOU gedoen het!!

Slaap sag mense van my wereld.. Sluit vandag se deur en maak more sin met volharding oop!

2 thoughts on “ASB liewe Liesis

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s