Nommer asseblief!!

As daar nou een ding is wat my meer irriteer as n Platinum Life cold call dan is dit n eiendoms agent!

As my foon lui en dis n 021 nommer dan raak ek sommer dadelik al befok! Het die mense geen ander skills as om op die foon n resitasie wat deur een of ander bemarkings gegradueerde (soms wonder ek of daar enige graad agter die versie is) op te se nie? Am I speaking to mrs So& so.. Dan wil ek vra.. Why? Of, no! Maar ek kom mos uit n goeie huis en antwoord dan maar politely.. Yes this is she..

Dan begint die hele storie.. Hier middel deur die storie begin ek ongeduldig raak en beginne inchip.. No thank you.. No not interested, not at this stage..Kyk ek glo vas dat in cold call training word hulle geleer dat n nee beteken probeer so bietjie harder, nee is nie n aanvarbare antwoord of not today beteken maybe.. Dan sodra die boodskap deurgedring het en hulle aanvaar dat nee beteken fokof sal die patroon aan die ander kant van die lyn die audacity het om te vra.. please can you give me 3 numbers of friemds or family I can try??? Dadelik flip my switch en ek wonder watter een van julle dose het my nommer vir Platinum Life of Discovery of SPCA gegee!!!! Dis net dan en daar wat ek so wens ek kon daai pop wat met my man geflirt het of die koei wat voor my ingedruk het by die woolies ry se nommers in die hande kry! Ahh no se ek dan maar weer polite.. I can’t recall any numbers, you know these cell phones made us very dumb.. En tjoeps druk ek die rooi knoppie nog voor hulle kan vra ek moet nog 6 minute aanhou en die oproep evaluate.

Verstaan nou vir my mooi.. Ek kyk nie neer op n call center agent nie, ook nie op n eiendoms agent nie.. Almal verdien n kansie om n geldjie te maak.. En almal moet iewers mos nou maar begin. Ons hoor dan van baie sukses stories wat so begin.. I started out in the basement at the call center and today I am the CEO of watsenaam communications.

En die waarheid agter die satiriese kyk na die jobbie is dat jy nooit weet waar jy volgende gaan op eindig nie.

Dit bring my na deel 2 van die storie.Die foon lui.. Jy tel op.. Die stemmetjie se half bewerig.. Good day Mrs So&so, this is So&so from So&so property agents. I want to find out if you are in the market to sell, buy, rent or let? As jy uit die bo dorp kom of enigsins enige maniere het dan se jy politely, no not at the moment. Die arme eiendoms agent gaan dan vra, may I take your email adress for future communication. Jy se dan weer politely, sure.. It’s So&so@So&so.com of jy se.. No thank you. Dan is die oproep verby. Die agentjie se skouers sak, kry beklemming op die hart en maak weer moed bymekaar vir die volgende oproep..

Die foon lui.. Jy tel op.. Die stemmetjie se half bewerig.. Good day Mrs So&so, this is So&so from So&so property agents. I want to find out if you are in the market to sell, buy, rent or let? Nou.. As jy van die onder dorp af kom, of n moerse chip op jou skouer het dan is jou standaard antwoord, waar het jy my nommer gekry? Hoe weet jy ek het hier&daar n eiendom of weet jy van die poppie (is nie eers die poppie act nie maar wel die POPIA act) of enige ander ongeskikte antwoord, as die eiendoms agent lucky is dan sit die koei die foon in haar oor neer en sy kan met groot letters oor haar databasis bladsytjie skryf.. RUDE BITCH!

Dan..Die foon lui.. Jy tel op.. Die stemmetjie se half bewerig.. Good day Mrs So&so, this is So&so from So&so property agents. I want to find out if you are in the market to sell, buy, rent or let? Is die stem aan die ander kant amper blyer om van jou te hoor as sy eie ma.. Jaaaa se hy, ek sukkel al maande om van my huis ontslae te raak of jis, weet jy ek wil graag een van my eenhede verkoop of kan jy glo my huurder het oornag uitgetrek en ek sukkel my gat af om huurders te kry.. Dis dan wat daai eiendoms agent sy skouers stok styf orent staan die arme ding dink die jackpot is gewen en die confidence in die stemmetjie oorheers alles. Maar natuurlik kan ek help, ek stuur sommer dadelik n bemarkings plan en maak n afspraak vir n evaluasie, se die tannie moet mooi skoon maak ek kom neem kiekies..

Soms net soms werk alles reg uit..

Hoe weet ek die goete wonder jy seker??

Dis eintlik n lang storie.. Maar die kort weergawe gaan so iets..

Toe die kak die fan nou slat by my groot kop designer job so maand of drie terug loop drink ek koffie by die antie in die dorp wat huise verkoop. Haar dogter en ek het saam gejol back in the day en is vandag nog nie kwaad oorlat ons dieselfde outjie gevry het nie.. Eintlik is ons nogal close.. Hulle is soort van my go to as ek nie wil he Ma moet weet daar is n struggle nie.. Julle weet mos hoe n ma kan worry en probeer om alles te fix met melktert en trane.

Anyway, daar sit ek in sak en as… Weet nie hoe gaan ek vir Goggo betaal nie en die idee van my eie klere stryk laat my dadelik n bloeinde maagseer ontwikkel!Ek se.. Ma (ek noem die antie so want sy is mos soos my eie ma.. Maar nie soos my eie ma nie…) leer my huise verkoop. Sy het so minuut vir my gekyk. Haar uitdrukking was bietjie soos daai wat Mr Bean kry as hy weet hy het nou kak droog gemaak. Wat wil jy leer vra sy.. Gaan verkoop n huis dan leer jy mos! En net daar voor my koffie koud was het ek n email adres, my kiekie is geneem (wonder nou nog hoekom neem eiendoms agente kiekies wat orals in die dorp op asblikke is?!?) en my badge is georder!

Ek ry daar weg later, warrelwind maak al die files in my brein rondwaai.. Wat die hel het jy nou gedoen VetGirl ??

Ek parkeer my kar skuins daai aand, bleskop kyk soos gewoontlik by die venster uit en vra wat gaan aan??

Sit, se ek. Hy lyk nou ook soos Mr Bean.

Ek is n eiendoms agent, se ek.Nou lyk hy eers confused.. Wat? Vra hy??So vertel ek die hele storie. Ek wag dat sy cracker ontplof soos op Liberty Island op nuwe jaar… Niks!

Wow! Se hy, liefie.. Ek dink jy sal n amazing eiendoms agent wees.. Ja se ek, die antie dink ook so.

Ek slaap skaars daai aand, staan vroeg op en make up die comic van my. Trek ietsie wat lyk asof dit kan werk in n kantoor environment aan en klok in net voor 9.

Ek sit daai hele oggend en luister hoe canvas die ander.. Ek het n nota boek en n pen wat amper alles neerskryf.. Ek maak planne en begin komissie tel nog voordat ek n eiendom het om te verkoop.. Maar dis niks.. Ek weet dit sal kom!

Die foon lui.. Jy tel op.. Die stemmetjie se half bewerig.. Goeie more mevrou Venter, ag skuus ek pla, dis Jackie van Property CoZa, kan ek gou n minuut van jou tyd steel?? Ag ek is eintlik op n skattejag vandag.. Ek hoor mevrou het n eiendom in daai fensie estate in die bo dorp.. Se my.. Woon mevrou daar of is dit dalk n plekkie wat ek kan uitverhuur of verkoop vir u?

Daar is defnitief nog vrek ongeskikte mevrou Venters daar buite.. Maar ek het agter gekom dat as jy net jou approach verander kom jy met baie meer weg.. Party oproepe is so lekker ken mekaar storie dat ek sommer n invite kry vir n braai..

Goeie more mev So&so, dis Jackie van Property coza.. Kan ons gesels???

2 thoughts on “Nommer asseblief!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s