S’cuse me Ma’am!

Ek hol vanaand deur die Checkers soos n besetene!! Het gesit en wyn drink saam my tribe en skoon vergeet da is nie kak papier by die huis nie.. En bleskop gaan jag more en mamma beer het nie die skafting gepak soos met elke ander jag nie!

Ek gryp van daai kosblik snacks wat deur Gordon Ramsy of iemamd wat kokkedoor gewen het SELF gemaak het en op Checkers se rakke kom pak het..n slaaiblaar en klein tamaties binne in my Tupperware piekniek bak sal die triek doen!

O shit onthou ek.. Goggo is op verlof en ons moet seker eet, daai mooi foil bakkies ready to bake meals vang my oog.. Ek weet nie watter een om te kies nie, onthou toe maar die disse proe maar almal dieselfde, een het pasta en die ander een rys.. Ek gryp toe maar die een met pork want ZCC goggo isi daar nie en dis die cheapste.

Dis net voor agt en ek sien dat Precious nie meer lus is vir til slaan nie. Ek se maar sorry lovey, put that closed for now sign on the behind of my groceries.. Ahh madam se sy.. You know this shop is busy until after 8 ! Ek kry vi Precious jammer.. Staan da met ha masker heeldag en scan mense se wants, needs en spoils heeldag!

Ek onthou die tyd toe ek 16 was en til by die Spar geslaan het.. Voor scans, jy moes intik op die til 2.99 brood, 26.75 mince en so aan.. Dink arme griek Harry het baie verloor met my vinnige vinger-disleksia!

Nietemin, kla geshop… Fok amper vergeet ek Kek papier! Vra vi Precious sy moet net wag ek moet witgoud gryp.. Onthou toe ek is op die rooiwyn kan en hol toe sommer by pharmacy verby en gryp Gaviscon ultra extra moetie!

Intussen loop dink n ander Antie dat Precious se til vacant is, net om te hoor dat ek nog shop en die hele queue ophou! Sy rol haar oe toe ek gou weer inglip met die 18 rolle shit print paper. Ag fok, dink ek, het jy nie jou mixed berry jam vergeet vir daai brood van jou nie antie???

Anyhow, ek swipe daai neon oranje kaart wat jou mos goedkoper betaal, kry R6.75 discount.. Eks amper so bly ek hardloop om n tjoklit te gaan koop, maar ek sien antie agter my sal n aar bars!

Uit by die shop, weer gesanitize by die deur, deur die man met n suit en n mej. SA sash wat se “Customer Relations”.. Well, paint me gold and call me Oscar! Wie will relations bou by die Checkers se deur??

Ek love mos daai nuwe klein trolleys wat die shops nou het.. Kyk, daai groot ou staal trollies kon my ma met R 500 vol maak en die hele maand ons en die weeshuis voer.. Nou het die trolleys geshrink.. Soos ons inkomste.. Maar dit vat steeds R 1000 om so plastiek wielietjie mandjie half vol te maak.

Nee wag, ek dwaal…

Ek loop deur die mall.. Dis net voor 8..dis half eary in die plek, clicks en mr.price is al toe.. Die china shop ook! n Paar verlate karre staan in die parkeer terrein, meer daar naby die Spur.. Eet mense nog daar? Dog ons het die plek geboycot???

Da isi meer baie car guards wat rondhang nie.. Nee ek dink hulle maak geld van so 2 – 6. Ek stoot maar my eie trolley, 2 sakkies se kak duur groceries en n pak kak papier. Ek laai in, balanseer die eiers op die laptop bag dat hulle tog net sag val as ek die draai vang.

“s’cuse me ma’am” hoor ek. Eers skrik ek, toe kry ek benoudheid! “s’cuse me ma’am, please can you help me with food?”

My instink se, draai om, se “not today” en klim in jou kar en ry.. Moenie terug kyk nie!

Dis mos wat ons doen, gee die troley stoter 5 rand, die car guard 2 rand en loop soos n skouperd met daai silk klappe weg!

Julle! Ek het n totale gemoeds bekakking!!!

Ek draai om en agter my staan n kind wat nie veel ouer as my Anjapanja kan wees nie. Sy het skool klere aan en twee poniekrullebolle langs haar kop. Ek kan nie die kind in die oe kyk nie.. Hoe laai ek n EcoSport se boot vol lekkernye en non essentials… Behalwe die kak papier en die kind het nie kos nie??

Maar hoor hoe fuktup is ek.. Ek kyk eers rond, waar staan die pa/ma/boetie/pimp wat die kind so uitstuur om te bedel??

Ek dra baie min kontant aan my.. Ek tiep my beursie uit en krap onder in my handsak.. Ag as dit R 30 was is dit baie.. Ek gee die kind die sente wat in my lewe niks beteken nie.

Sy is dankbaar, sy tel nie die geld nie, sy sal seker iewers gaan sien hoeveel dit was en haar sommetjies doen.. Net soos ek doen as maand einde nader staan en ek moet optel soos ek inlaai.

Ek weet nie of sy brood en polony gaan koop het nie, ek weet nie of haar pimp alles gevat het nie, ek weet nie of sy gom gaan koop het om te snuif nie en ek weet nie in watse kak die meisiekind haarself gekry het nie.. Maar as my sente haar vanaad, net vanaand nog laat survive dan is ek happy.

Shit julle.. Ons loop so met sy klappe op ons oe rond.. Die nood daar buite is so groot! Ek weet ons is almal al so bliksems moeg gegee.. Maar hey! Nog n R 30 het my nie armer gemaak nie.. Inteendeel, ek is vanaad ryker want iemand se nood is geblus.. Al Is dit net vir vandag!

4 thoughts on “S’cuse me Ma’am!

  1. Dit is erg as n kind vra. En dis maklik om geld te gee. Dit is egter n beter n idee om vir die kind lekker gesonde kos te koop, as geld, juis om die gevaar van pimps of geld vir dwelms of drank uit te skakel. So weet jy sat die geld drem n magie volmaak en nie vir verkeerde goed gebruik word nie

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s