Alles loop reg, altyd reg……

Daar is mos so bakkie advertensie, of is dit nou n lugredery?? Hulle slagspreuk loop iets soos, “Life is a journey, not a destination!”

Nou maar toe, wie sou kon raai dat die journey soos n grondpad vanaf Nelspruit, deur die Oos-Vrystaat op donkie kar, regdeur Lesotho dan sho’t left sal vat deur die karoo en so paar draaie tussendeur Namakwaland se blometjies tot reg in die beloofde land van die Kaapse wynlande, sou wees?

Mense! Dis nou maar so! Hierdie lewe van ons is die laaaaangpad na die uiteindelikke rusplek.

My journey het amper 42 jaar terug begin.. Dit was soos die cement highway tussen joburg en die weste.. gladde pad, paar spoedkameras en so nou en dan n trafgic jam!

My kinderdae was soos daai dorpies wat die kleuterskool gebou het, mooi glad, jyt sommer skopfiets geleen by die anner maatjie, paar stoptekens en altyd n cafe langs die pad wat sweets verkoop het vir 10 sent.

Toe word ek tiener, die pad was bietjie swaarder, die stoptekens het verkeersligte geword, jy kon nie in 2de wegtrek soos voorheen nie.. Moes maar sien of dit ry maar, wees versigtig of stop die fok nou anders is jy ini kak, ligte is nie.

Jy word grootmens met liksens.. Weet jy wat beteken liksens?? Nou betaal jy jou eie pad vorentoe!!! Jy is windgat, ry n Uno met nitro onner die seat, bang vir niks en jaag teen duisende myle per uur die grootmens lewe in! Dis n fokop!! Jy is so haastig om adult te wees, maar nog nie groot genoeg ballas om jou eie tampons te koop of eie wasgoed te doen nie! Geld vir dop is baie, duur skoene en handsakke is meer werd as n polis op jou lewe… Juis nou wat jy die roekelooste is!

Daai pad loop ook mooi, pa en ma maak seker dat jy jouself nie in meer kak kan kry as wat jy kan handle nie!

Dan slat realiteit jou soos n koue vis! Ek is nou groot, gedink dis sommer tjoef tjaf dan is jy in die Kaap! Nee ou perd, dis n lang ver pad met baie obstacles.

Erens tussen windgat en aftree skop die kop 3de rat in! Nou is dit maak of breuk.. omdraai kan jy nie, maar die destination is nog kak ver!

n Wiel bars, jy is op die paal! Daar is n stop-en-go, jy word retrench! Jy dink jy vat kortpad, eindig op in n doodloop straat, jy verloor n vriend, familielid of ouer! Nog n tolhek, jy kry nog n koevert briefie wat se jy moet betaal!

Dammit, die pad wynplaas toe is lank! Dis harde werk en vol teenspoed. Die fatigue van n journey is genoeg om jou die handoek te laat ingooi!

Die journey begin vandag, nou, weer!

Waarookal jy gister was is myle nader aan waar jy moet wees!

Ek was vir jare op my journey, ek het die langpad gevat.. Die scenic route.. Dit was amazing! Ek het saam met die rykes gecelebrate en saam die armes gehuil.

My GPS is vir die eerste keer in baie lank nie gestel op die fastest route nie, maar vir die eerste keer in n langtyd weet ek wat die destination is, ek sien al hoe daai vuil EcoSport aankom waar hy hoort, met gekraskde windshield, petrol liggie aan en all!

Dis dalk nie my final destination nie.. Maar shit, die journey is worth it!!!

One thought on “Alles loop reg, altyd reg……

  1. Ek voel jou gemoed…better kan geen mens dit stel op papier nie. Ek was,…is daar. Die pad is lank en vol hobbels, maar met die regte gesindheid sal jy die eindbestemming haal. Hou moet.. Hou aan skryf, jy is awesome

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s