Hallelujah!

Ek is opi paal! Bleskop verbeel hom dis nog die 90s en ons moet trou!

Ek het benoudheid oor my gesig geskryf. .. My bors het asma en my maag loop spoel.

Ek wili trou nie! Ek wili kraam nie! Ek wili n mevrou of mamma wees nie!

Ek verduidelik vir bleskop hoe ek dinge sien.. Hy en ek dra nie dieselle brille nie.. Hy wil sommer honne kry en his en hers handoeke, koppies en kussings.. Ek kan nie!

Ons babatjie kom, sy is mooi en ons maak huisie so tussen geleende goete en cheap gordyne.

Hy is n mooi Pappa.

Ekt belowe ek sal trou as hy mooi pappa is!

Eerste jaar van pophuis speel staan na n einde.. Ek moet se ja of nee.. Ek wil nog keer toe is die venue gebook en Andre Croukamp moet rok maak!

Die reelings is in volle swang en n week voor die troue trek ek uit, soos die maagd Maria wat uit spookasem n baba verwek het. Bleskop mag my en die verkose kind nie sien nie.. As hy na 7 dae nog steeds wil Days of our Lives speel sal ek trou!

Ek en ma maak alles DIY.. Daai week spoeg ons gastelyste bymekaar en maak naam plaatjie bangles. Ons beplan blomme en oefen servet voue…

Pa loop in en vra wie speel die troumars.. Nee o fok Pa, gil ek.. Troumars?? Ek dra dan n silver en swart rok teen skemer op n vrydag.. Trou mars is soos katolieke mass op kersdag!

Ek en Pa maak n bottel wyn oop.. Nou gaan ons soek vir die perfekte song vir die isle af.

Ons soek deurAndre Rieu, vra Mozart en klop by Bette Midler. Niks vang aanklank nie.

Sjjjjt pappa, luister hier.. Alleluja.. Il divo.

Trane loop en ons weet.. Dis die song..

Dus 10 jaar later.. En ek reminisce oor daai dag.. Gedink ek gaan Google vra oor daai song se betekenis..

Kyk hoe mooi!

God be praised!! Jy is my eerste, my laaste my alles bleskop.. Die dag toe ons se amen het die Here gehoor en gese… Hallelujuah!

Ons worship Hom, soveel minder as wat ons moet.. Maar sy blessing is elke dag deel van ons…

Alleluja!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s