Klara and the Chickens

Klara was n stads mens.. Gewerk in die hoofstad, gewoon in n voorstad en klere in die bo dorp gekoop.

Klara het gehou van blink goed, duur lap en egte leer en pels! Klara was die girl wat almal wou ken, maar wat niemand naby laat kom het nie.

Klara was pretensieus, baie geld gehad en valet gepark waar sy gekuier het.

Klara het liberaal groot geword en was wys vir die wereld en sy trieks.

Klara het een oggend wakker geword en in haar inloop hangkas ingewals soos elke ander oggend en kon uit die hele kas vol duur klere nie iets behalwe pajamas wat haar mamma by Miladys gekoop het aantrek nie. In Klara se hangkas was n stapel komberse, party langhaar, ander kort en stekerig en ander goedkooo mr. Price fluffies. Met handoek om die lyf val Klara op die troosbersies neer. Die trane het geloop soos een wat by die graf van haar moeder staan!

Al hierdie GOETTE… maar geen goette nie. Klara was verward, deurmekaar. Haar worries was soos etse uitgekerf op haar gesig.. Haar wenkbroue, wel gemanikuurd het toe sommer onnet gelyk, sy sien hoe haar gunsteling hakskoene ook al afgeloop is en sy besef al die klere is net fancy dress vir n partytjie waarna sy nie genooi is nie.

Klara besluit net daar om n paar jeans, boots en tandeborsel in haar sak te gooi. Sy maak haar pretend 4×4 vol petrol en beginne ry.. Suid.. Of was dit wes?

Klara land aan op n klein dorpie so 18 ure later.. Deur die nag gery met Nana Mouskouri se Playlist op repeat.

Die dorp het n skool, kerk, 2 koffie shops, n cafe en n paar sinkplaat huise.

Klara het gaan sit onder die groot peper boom in die tuin van die koffie winkel, half opgesmuk want daar was geen sparkling water nie! Sy bestel n boheemse quiche met beet, patat en spinasie. Die dorp het charm..

‘n Lang donker aantreklikke man stap na Klara toe, hy is van die dorp af. Hy knoop n geselsie met haar aan en verduidelik dat hy plek in die ou gerestoureerde huis het as sy slaap plek soek.

Klara en die dapper man begin n vriendskap wat geen mens kan verduidelik nie. Sy kook vir die dorpsmense met hulp van pinterest terwyl hy restoreer met hulp van instink.

Saam saam lewe hulle.. Maar apart. Hul vind liefde vir geveerde voet hoenders en red gevlerkde platvoete tot in Riebeeck stad.

Klara en die dapper lang man red n kuiken een aand op n uitstappie vir vars produk. Die eendjie lyk of hy dalk down sindroom kon he, nie te min, kuiken is saam hoender hospitaal toe. Die twee verbeel hul dis hul eerste geborene.. Voer groei meel, maak water sakke en maak beurte om kuiken warm en aan die lewe te hou.

Helaas, kuiken is heen.

Klara en die lang dapper man smee n eed.. Elke gevlerkde wese sal hul probeer red.

Klara dra elke dag haar gestreepte groen rok, sy staan by die perske boom en beloof trou aan die chickens.

Haar hart is heel, haar roeping gevind.. Die mooiste van haar lewe is die wete dat sy van die bo dorp nou bekend is as Klara.. And the chickens

Oogedra aan my liefste Zebeth.. As ek kon woorde neerskryf vir die dankbaarheid vir die geskenk.. Sou ek vir altyd skryf! In my lewe het ek nog NOOIT iets so kosbaar ontvang nie xxx

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s