Shit happens!!

Party mense is doeners, ander is praters.. Party mense is dromers, ander is make-it-happeners. Party mense is rerig genuine en ander is sommer dose!!

Vandag beleef ek weer die feit, jy kan nou maar n promiser, giver en all round fokken nice mens wees dan is daar een drol in die drink water wat alles net mooi solid opfok!

Al ooit alles gedoen? Above and beyond gegaan en dan soos n loop maag in die middel van die mall, ruk iemand die mat onder jou Jimmy Choo ripoffs uit en.. babaaaam val jy op jou gat, kak in jou broek, en alles is uit jou hande uit?

Dit kom my toe oor vandag! Ek was op cloud nine.. Alles by die boek gedoen.. The quick and the dead teorie toegepas.. Dinge loop soos n olimpiese yskaatser op ys en toe die volgende oomblik is jy weer een wat met gehuurde skaatse aan n plastiek pikkewyn vashou en probeer regop bly!

Net na die epic val, die tantrum en die uitkak van die coach het ek lekker gehuil.. Gewonder hoe gaan ek myself redeem en weer die ys aanvat. Gedink die sport is dalk nie vir my nie.. Gebid vir n maklikke uitkoms.

Mense dis kak.. Dis sommer baie kak!!

Ek het so rukkie terug gesit, my eie kak met klippe gegooi en amper verdrink in die huper kak situasie waarin ek sit.

Toe onthou ek.. SHIT HAPPENS!!

Soms is alles nie genoeg nie, soms is hoop te min… Ja, en soms is bid vir die verkeerde redes!

Ek kan mos n aar bars as iemand se.. It is what it is… Maar fok weet..it is what it fucking is!

Jy kan kies hoe JY operate, jy kan kies hoe JY dinge hanteer.. Jy kan kies hoe JY opstaan na jy val.. Party mense is nou maar net dose, party mense se integriteit is nie in dieselfde monopoly game as joune nie.. En dis okay!

Rol die dice, speel die game en as dit jou beurt is om R200 te collect moet dit nie vir granted vat nie want n ander doos het daai kak bruin property gekoop en n moerse hotel opgesit wat jou R200 gaan charge om met jou plastiek skippie daar te stop as die fokken dice op 3 rol!

Shit happens! Shit makes grass grow.. Take off your damn crocs and get knee deep in the shit.. For you, my friend, will grow!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s