2020

Twenty twenty! Twenty Plenty!

Onthou julle toe ons in matriek was en Fourty Days gecelebrate het.. Ons het gedink ons is grootmense.. Het soos visse gesuip en ons gatte aan die onnies af gevee! Wat kon hul tog aan ons doen.. Ons is dan oor 40 dae klaar met skool.. Klaar met die kinder kak en leer en reels en curfews en uniforms!!

Toe kom twenty twenty.

Ons het die nuwe jaar ingesien, so idilies, op n lagune in die oos kaap, bonfires, duur gin al ons special mense bymekaar.. n gesoenery en geklink van plastic strand glase verwelkom ons die beste jaar van ons lewe. Na die vakansie op die kanale van Port Alfred met sy sunset cruises op n duur rivierboot en grand wynglase begin ons die jaar met sterre in ons oe.. Goals so lank soos my voor arm, ambisie soos n bloedjong politikus!

Dinge loop so sag soos n muis met pantoffels. Niks kan die jaar opfok nie! Oorsese reise word beplan, nuwe huise word van gedroom en daai 13de tjek die jaar gaan soos n wen lotto ticket wees!

n Sjienees eet n mot of rot of vlermuis of iets en net so, siem-sala-biem val daai hele fensie mooi geversierde koek in die as!!

Ons is weer rebelse tieners, gehok, gecurvew, drank en siegrets weg gevat en in masker uniforms!

Ons hoor hoe kak dit met ander gaan, werke word verloor, karre kan nie betaal word nie en die magistraat moet sy stamp op “ek-haat-jou” briefies druk!

Nie ek nie! Ek het mos n high power job.. Een wat ek gaan doen tot die dag wat ek aftree met n kak goue horlosie en miljoene se pension payout! Ek worry my oor niks.. Ja die paycut is nou bietjie kak, maar sodra hoofseun die hekke oopmaak is ek weer terug tussen die bodorp se mense met hul grand parties en unlimited budgets!

Toe nie!

Ek druip matriek.. Moet weer in standerd ses begin! My maatskappy kan my nie meer voltyds bekostig nie. Ek huil soos n tiener vir 2 dae in my hangkas. Bleskop verloor alle respek en vertroue in my, goedgetroue Magog dra tee en toebroodjies aan hangkas toe, probeer troos. Dag 2, 4 uur stap sy in die hangkas in met n glas wyn. Sy beduie ek moet uit die kas klim, op die stoep gaan sit en die bottel wyn wat sy in die skelm kas gevind het leeg drink. You will be making yourself sick, se sy. Se ek moet nou klaar huil en n plan maak, want, se sy, I love you and I can’t work for another madam.. So you MUST make a plan!!

… I made a plan! Vir Magogs, vir Anikind, vir bleskop… En vir MY!!

Ek begin op 42 n splinter nuwe loopbaan, een waarvan ek niks geweet het nie, een wat sekerlik die laaste een op my lysie van jobs was.

Benoud het ek begin, vier maande later het ek meer bereik as wat my wildste drome my toegelaat het!

2020 was toe werklik 20plenty!

Ons lugkasteel van ons droomhuis word n realiteit! Ek is weer n betrokke mamma, n rol wat ek vir amper 11 jaar afgeskeep het! Ek is n voltydse mevrou, ook n rol wat ek nie baie betrokke was by nie en ek is n voltydse besigheidsvrou, n rol wat ek nie gedink het ek klere voor het nie!

Al wat ek regtig wil se is, as jy dink jy kan moet jy glo jy kan! As jy genoeg redes het om jou drome te laat waar word dan sal dit! As jy net diep genoeg gaan soek na wat regtig vir jou belangrik is, sal dit jou prioriteit word!

Ons het hierdie week ons 40days gehad.. Net 40 dae van 2020 oor.. Ek weet nie of 1 Januarie 2021 alles gaan erase nie, ek weet nie of alles hunky dory gaan wees nie.. Maar ek gaan glo!

Het jy agter gebly in 2020? Of gaan jy n beter jy wees in 2021?

2 thoughts on “2020

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s