Lag n slag!

Vandag moet ek bietjie vir myself lag! Voel of die laaste ruk heeltemal te ernstig was.. So soektog na jouself, jou waarde en jou menswees.. Klomp bull shit eintlik.. Want ek is nog al die tyd net ek!!

Vanmore klop daar n mannekie so aan my kop.. Ek dink nie hy wou in nie, hy wou uit die miernes wat my brein is.. Ek onthou, dis seker die wynmaker van die paar glasies wyn wat ek gister middag geniet het, ekt vergeet om die deur oop te maak toe ek klaar saam met hom gekuier het. Arme ding moes heel aand tussen my gesnork en sooibrand deur sukkel om sy pad huis toe te kry. Ek help hom uit met so bietjie hulp van n ou familie lid.. Grand-pa. Woeps is hy weg, verduidelik vir my hy kom nie weer gou kuier nie.. Ek is tevrede, hy maak anyways net kak as hy kom!

Ontslae van een beslommernis besluit ek dis tyd om die dag aan te pak met n lekker stort, ag fok, skeer sommer beenhare terwyl ek so lus is vir die dag (n takie wat ek haat tot in my diepste.. Wie het besluit vrouens moet gladde bene he anyway???) Ini stort spuit ek van daai was seep wat belowe om jou te invigorate vir die volgende 18 ure van jou lewe op daai sponsies wat lyk soos lemoensakkies wat fensie gevou is. Ek loofah al die dooie velle af, skrop tussen die voue en tel linker been op om te beginne hare verwyder.. My voetjies maak vuisies om die koue kraan knop soos hul vasklou.. Regterbeen staan sterk en konsentreer om nie te gly nie. Halfpad deur linkerbeen onthou ek weer watse kak job die hele storie is.. Kla maak moet ons kla maak.. Bleskop se altyd hy kani verstaan hoekom ek nie elke dag skeer nie, hy skeer dan sy gesig elke dag. My fok Sarel! Jou gesiggie is so groot soos n hotel sepie, my bene is soos uitgespoelde rivier babers! Moer groot, vol duike en glibberig!

Nietemin, die taak word voltooi. Die hare handoek word gevou soos een by n salon en die handoek wat oorbly is net net te klein om die skaam ook te cover.

Oppad aantrek kamer toe staan n spieel, een wat geraam is in n ou venster koesyn.. My oog vang die spulletjie wat verby stap en ek staan terug en bekyk myself, skaam wat uitsteek en alles! Og, dink ek, die feit dat jy man het en boonop nog swanger geraak het en elke nou en dan n geluk tussen die lakens kry gaan my verstand te bowe. Die lyf, ongemaklik! Die hare, muiserig! Die vel, soos n gebrande checkers sak!

Asof dit nie genoeg straf was nie staan ek nader aan die spieel en sien die porra in my het ook wakker geword, het n baard haar.. Lang baard haar!! Die tweezer knyp nie lekker nie en die plastiek naels (al wat op die stadium aanvaarbaar is op die lyf) kan die ding nie vasgevang kry nie. Ruk en pluk tot die ding wortel en al uit is. En wat doen ek? Blaas die haar maan toe of iets en maak n wens!!! Kan nie lekker onthou, maak mens so met wimpers wat uitval of baard hare nie?

So voor 7 vanoggend het ek al n wynmaker weg gejaag, n walvis ge-onthaar en voorkom dat ek in n fish-en-tjips antie verander! Dit wil gedoen word.

Die missie om die lyf te cover het ons nou al in n paar vorige blog posts bespreek.. So nie weer nie! In kort, dis n kakspul!

Die comic word in gekleur, die naam plaatjie met magneet (wat ek gistetaand met my dronkgat alweer iewers laat le het.. Dankie tog vir Magogs!) word links bo die tiet opgesit en die fake diamond jewelery is aan. Vandag lyk ek soos sukses dink ek!

As sukses nou net haar kar sleutels kan kry dan kan die dag begin! Weereens red Magogs die dag.. Sy dra ook die laptop sak kar toe en gee n lysie benodighede van pick n pay.

Oppad na sukses is daar mos radio stasie wat die tyd van die jaar mense help met so engel projek. Ek luister en daar is die fyn geverfde eyeliner nou op die wang. Ek vra, Jirre, hoe is dit moontlik dat iemand die swaar survive, die hartseer kan hanteer? Kan n paar rand van die welwilentheids engele regtig die mense se lewe beter maak? Maar dit doen, dalk nie vir altyd nie, dalk net vir vandag.

Ek kyk in die tru spieeltjie, magtag ek lyk n sight! Van fab to drab in 15 minute.

Ek patch met emergency make-up kit en stap by die kantoor in. Ek en vriendin maak koffie, catch up oor gisteraand se gebeure en begin die skof.

Kort kort vang ek myself iets dom doen, skryf met n toe pen, dial n ID nommer inplaas van n foon nommer of sluk aan n lee koffie koppie.

My ure is so te se verby en die laaste bietjie skinder en grappies op kantoor maak klaar.

Die rit huis toe is mos eentonig, selfde verkeer, selfde pad, selfse stop by pick n pay, net n ander lysie vandag.

Ek koop n ice cream, bliksems wat die ola fridge so by die till sit. Ek eet hom skelm in die kar want ek het nie vir die huismense ook gekoop nie. En waragtag sal ek n stukkie op my bloes laat val, dit nie agterkom nie en deur n hele interrogation moet gaan toe ek by die voordeur instap.

Ek kon nie lieg nie, net lag!

Lag vir die hele dag wat nou weet voor my afspeel. Lag omdat alles net te ernstig was die laaste ruk! Lag omdat ek deur al die dinge nogsteeds net ek is!

Terrapie is duur, lag kos niks… Veral as jy vir jouself kan lag!

One thought on “Lag n slag!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s