Juwie se Stoel

So, in plaas van sit en doen wat ek eintlik moet, sit ek in die Lockdown Lounge, sigret ini hand en wynglas naby.

Sien, ek moet eintlik sit en admin doen, die tyd van die jaar en die nuwe job van my is vir my vreemd. In my previous life was die tyd van die jaar n blur… Dit was event op event, red bull op red bull en so nou en dan kots van senuwee. Nou is dit jaar einde en boekhou werk moet gedoen word, maar ek is so bietjie gestremd as dit kom by filing en organise.

Ek is nie rerig n procrastinator nie, maar as jy net geduldig is sal ek dit doen. So stel ek nie uit om te doen wat ek moet nie, ek vat n oomblik (of twaalf) om my thoughts te gather en dan vol stoom te begin.

My thoughts dwaal na die mamoerse job van huis oppak wat voor my le.. Ek gaan dit waragtag nie doen twee dae voor die trek lorrie kom nie.. Ek moet mos nou al beplan, ding is gebook vir die 8ste Februarie!

Die lockdown lounge is nou nie n fensie plek nie, niks duur dekor of spesiale verf tegniek teen die mure nie. Dis eintlik my Laundry… Was trof met kraan wat drup soos n agtienjarige by sy eerste strip show, lendelam rakkie wat die omo, koekseep en honnekos netjies hou, grand top loader wasmasjien, fektup tumbledryer en pa se jag diepfreeze.

Noodgedwonge het die kamer die lock down lounge geword. Voor hoktyd het ek sommer vinnig ingeglip vir my fix, maar toe grendeltyd kom het my vetgat seer geword op die onnerste bo emmer wat n sitplek geword het.

In n bevlieging van cabin fever besluit ek toe as ek hier tyd gaan spandeer terwyl ek my memoirs skrywe gaan ek n gemaklikke stoel moet kry!

My huis is vol leen goed, gee goed, deel goed, kak goed en special goed. ‘n Stoel wat nog nooit sy plek kon kry nie was n ge-erfde een.

… ek trou aan die verkeerde kant van 30 mos met bleskop, die se baba broer is mos toe soos my jongste sus.. Otherwise inclined. My sus fix karre, my swaer maak jam.. Vistaan?

In die can fruit borrel van die twee families is daar aan bleskop se kant n engel, wat woon saam met suster swaer. Mooi huis, met tema kamers en antiques wat gepaint is om te lyk soos duur designer shops sin.

Engel verlaat ons toe, skielik, sonder waarskuwing. Net een dag weg! Die Here het hom kom haal want Hy was ook moeg gesukkel en het n genuine saint nodig gehad.

Suster swaer verhuis na n kleiner plek, genoeg vir hom en die poedel,en n spesifieke stoel eindig op in die graadge.

Wil jy die stoel he? Vra hy een Sondag toe ons met troos kos aankom.

Fok, wonder ek, waarheen met die stoel?

Ja, se ek, gee.

Jare gaan verby. Die stoel is mooi.. maar nie vir my nie. Snaakse tossels van die koelie winkel in die dorp en die lap was dalk wat oorgebly het nadat Engel n antie se gordyne gemaak het.

‘n Stuk of ses jaar later kry stoel n plek.. In die lockdown lounge.. Ek loop haal sommer n tafeltjie wat ook amper weg gemoer is uit die stoor, kry n kersie en n potplant.. Even n asbakkie en n charger vir die tienkeldoos.

Lockdown lounge is nou nie rerig n venue vir kuier saam vriendinne nie. Lockdown lounge is glad nie fancy nie.. Maar lockdown lounge is my oase, daar waar ek kan sit, kan dink, kan uitstel, bid, huil en hoop. In lockdown lounge is daar n engel wat my boodskappe oordra aan die een wat saak maak…

… ek sit op Juwie se stoel.. En Juwie se stoel trek saam!

2 thoughts on “Juwie se Stoel

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s