Fok jou Eva!

Skaars n jaar of wat terug skrywe ek oor hoe vinnig my patat groot word toe sy wielietjie tas, diksool skool skoene wil he en boheemse haarstyle op n app vir my wys.

Min het ek gedink DIE dag gaan kom.. Of nog nie vandag nie.. Maar so naby aan dammit is soos n vloek woord is, is DIE dag!

My parrabout is offisieel n adolesent! n Pre-teen.. Amper vrou.. Ek wil myself bekak!!

Vroeer in die jaar skraap ek moed bymekaar om “die talk” te he. Ek was nog besig met euphemisms toe se prontuit vra.. Mamma, wil jy my vertel van seks en periods en daai goed?

Ek wou n hernia kry.. Sy weet obviously meer as wat ek dink! Fok, sy is skaars 11, speel nog Barbie, kleur Mickey Mouse prentjies in.. Wat weet sy van seks??

Ag mamma, ons hoor by die skool en in daai een klas wat juffrou so en so gee van die goed. Ek wou die skool gaan afbrand.. Ek het so opgesien na die gesprek en ook uitgesien.. ‘n bonding experience.. Maar NEE Motshega het besluit n jyffie met stywe tieities wat skaars self 6 keer haar periods gehad het moet MY kind die goed vertel.

Nie te min, ek vra vi sus wat weet sy eintlik.. Sy vertel my allerhande goete, gebruik woorde soos vagina en penis.. Soooo klienies, so korrek….. Sooooo verkeerd!

Ekt nie in die gesprek in gegaan on beman nie.. Neeee ek het al die goete gaan koop by dischem, pads, wipes spray en n cute sakkie wat as n calligraphy pen sakkie kan musgis word.

Ek verduidelik toe nou maar op my onkundige mamma manier van die dinge.

Dominee-vrou-vriendin het vertel van die “pad party” wat sy en haar dogter gehad het.. Net daar onthou ek en ek se sus, nou gaan ons pads in onse panties sit, van die dikkes met die double sided tape tot die dunnetjies met vlerkies wat halfpad deur die dag aan jou duie gaan vas sit. Ons ruik aan die wipes, lag oor die goete met die toutjies wat 6 maal swel as ons hulle in n koppie water gooi.

Dit was n mooi aand.

Maar niks.. Nee fokol kon my voorberei vir die dag as dit aan kom nie.

Mamma, my maag kramp se sy.. Ek vra wil jy poef!? Nee se sy, dis nie poef pyne nie.

Ek se klim uit die swembad jou maag kry koud.. Ek weet nos wat hier aan die kom is.

Klim uit laat ons gaan Buscopan drink!

Ek gee sommer n eetlepel vol, toe sy goed gedrug is se ek, parratjie mamma dink dis nou groot meisie dinge.

Haar oe lyk soos n klipspringer sin ini donker as die jag boere agter opi bakkie sit ek korrel vang.

Relax patat.. Niks wat ons kan doen nie, dis hoe dit is.. Jy het mos goedjies en mamma sal jou help.

Mamma se fokken senuwees is helemal kla! Mamma kan op 42 nie eers daai tyd van die maand hanteer nie.. Maar nou ja, evabitch het ons in die kak gekry.. Verwoerd het witmense ini kak gekry en soos dinge aangaan gaan julius die swart mense ini kak kry.. Shit happens, deal with it!

Baie benoud kom sit anjapanjaparrabout vanaand langs my, mamma, is dit seer? Ja se ek, jou maag kramp. Nee mamma is dit seer as jy vrou word?

Nee se ek, sussie, dis n wonderwerk! Dis die mooiste dag van jou lewe. Daai dag weet jy dat jy eendag n mamma kan word, jy weet jou kleindigtertjie dae is verby.. Daai dag weet jy dat jy die sterkste wese is wat die Liewe Here gemaak het. Dis n voorreg, ja dis soms net ongemaklik en n kakspul.. Maar dis jou lot.. Jy is gemaak as n vrou..

My liewe baba, embrace hierdie tyd. Jy maak my trots , jy maak my huil, jy is n vrou!

One thought on “Fok jou Eva!

  1. Love die share. Dink dit is een van die dae ons almal se beurt ??

    Regards Anna – Marie van Rooyen 082 716 5661 ________________________________

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s