21 Today!

Vandag is ek vir die 2de keer 21! Hoe flippen awesome is dit??

Ek het gister soos n besetene gekuier, vandag my gat af gewerk en vanaand chill ek saam my bleskop en parrabout.. Ek drink n rustige glasie wyn en sit en reminisce oor die laaste 21 jaar.

Met grysheid kom wysheid se hulle.

Daar is n paar goed wat ek wens ek het geweet die eerste keer toe ek 21 geword het.

1. Jou hart gaan baie breek!

Elke kerel was n trouman.. Tot hy opgefok het! As hy vir jou ogies maak, n dop koop en jou nommer vat het jy al begin trourok soek. Die vrugte trou koek val in die as, jou hart breuk in stukke en jou wereld wil eindig.. Wens ek het toe geweet dis tydelik, dis n leerskool en dis voorbereiding op die dag wat daai bleskop verby jou stap en jou voete onder jou uitruk.. Soos niemand anders nog ooit gedoen het nie.

2. ‘n Balaans staat het n + en –

Elke inkomste het n uitgawe.. Jaaaa dis lekker om te spend as jy het, dis kak om terug te betaal as jy op plastic geshop het! Kyk, ons almal het needs.. Dis die wants wat jou in die rooi in druk! Wens ek het toe geweet dat dit beter is om mooi te dink oor die wants, die needs eerste te betaal en maar so bietjie wag vir die ander kak.. As jy bietjie gewag het het jy oor die rooi boots gekom en dit nie op krediet gekoop om net 1 keer te dra nie!

3. Friende kom en gaan

Vandag doen on alles saam, dan kry jy n boyfriend, werk in Dubai of eet jou snot en dan is die vriendskap ook verby! Wens ek het toe geweet dat jy n select tribe moet he wat jou rug beskerm, elkeen met n ander funksie in jou lewe.. Een help jou n beter mamma wees, die ander een se ore is n asblik vir al die kak in jou lewe… En die ander een ry jou dronkgat na jou pedi afspraak vir jou verjaarsdag.. Elkeen super special op sy eie manier.

4. Familie is vol kak

Ja ja bloed is dikker as water! Maar elke huis het mos maar sy kruis. Familie is daai beslommernis waar sonder jy nie kan klaar kom nie, almal irriteer jou, maar jy kan nie n dag sonder hulle klaar kom nie. As ek toe geweet het dat familie die Here se manier is om jou voete op die aarde te hou, jou dankbaar te maak vir wie en wat jy het en jou nederig te maak, sou ek nooit n fight gepick het oor n kak lelike enamel pispot erfstuk nie!

5. Kraampyne is nie so erg nie!

Dis die een ding wat ek bly is ek het nie op 21 geweet nie.. Ek sou dalk meer kinders gehad het! Motherhood het my kom haal in die laaste jaar van my twintigs! Die beste, moeilikste, lekkerste, stressvolste ding wat ek nog ooit aangepak het. As ek toe geweet het ek gaan n mamma wees sou ek dit nie geglo het nie. As iemand my toe gese het dat 3.5kg jou hele lewe sal verander het ek gedink hulle lieg. As ek toe geweet het dat ek nooit weer vir n dag selfsugtig gaan wees nie het ek dalk meer rooi skoene gekoop!

6. Jy is nooit te oud nie!

Jy is nooit te oud om jou lewe te verander nie! Jy is nooit te oud om van voor af te begin nie! Jy is nooit te oud om bang te wees en met jou hele hart en siel die lewe uit te daag nie! As ek toe geweet het dat elke venture n expiry date het sou ek elke adventure tot en met my laaste asem aan gepak het!

7. Sleep when you are dead

Daar is eenvoudig nie genoeg ure in elke dag nie! Die tyd wat jy tot jou beskikking het moet jy OP gebruik! As ek toe geweet het hoe kort 24 uur is sou ek baaaaie minder slaap… En baaaaaaaie meer gedoen het. Ek verstaan hoekom ou mense so vroeg opstaan, want hul tyd raak minder, dae raak korter en dinge moet gedoen word.

8. Vandag is jou laaste dag

Dit klink baie morbied, maar die lewe is so vinnig verby.. Daar is geen guarantee dat jy more oggend gaan sien nie. As ek toe geweet het hoe kosbaar elke minuut is sou ek vir sestig sekondes elke minuut laat tel het. Ek sou daai rooi boots koop.. Al is dit op skuld, ek sou by daai familie ete gewees het al irriteer hulle my, ek sou nog tagtig keer my hart opgetel het met n besem en skoppie en ek sou daai vriendin wat bietjie commin is en snaaks aantrek ook genooi het na die fensie gin aand!

Ek is vir die 2de keer 21..en die keer gaan ek dit reg doen!

One thought on “21 Today!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s