Corona krismis!

Ek huil in die kerk!

Altyd

Elke keer

Nagmaal, troue, doop of random sondag diens.. Ek tjank soos een wat by n oop graf staan.

Weetie hoekom nie

Ek huil as ek tv kyk

Altyd

Elke keer

Versekering advertensie, Grey’s Anatomy en die kyknet musiek kanaal, Ek tjank soos n baba hondjie wat die eerste aand by sy nuwe huis is.

Ek huil as ek happy is

Altyd

Elke keer

n Mooi rok(wat pas), n vetkryt prentjie (wat glad nie lyk soos ek nie), as mej. SA gekroon word (al was sy nie my keuse nie), ek tjank soos n kind wat naby aan tantrum is.

Vanaand loop die trane onwillekeurig teen my wange af! Dis tog oukersaand, dis tyd vir vriende, familie, geskenke en baaaaaaie wyn!

Die jaar is anders, soos elke liewe ding die jaar.. Net anders! Bietjie fuktup.. Bietjie deurmekaar, baie anders!

Dis asof die 20plenty gode vir ons sit en lag… Jaaaaaah julle fools! Maak planne, ons sal julle wys!

Sus wag al vanaf April vir Kersdag. Dis die dag wat Hansiedomslim terug kom vanaf Amerika waar hy werk, net om te hoor daar is visa issues hy kom eers boxing day!

Ek sien uit na n kuier saam my skoonsus en ha flippen oulikke laaities, net om dit te moes uitstel na Januarie..

Die storie loop so, bleskop loop toets toe mos positief.. Na n week van hoes, proes, poep en lyfpyn jaag ek hom dokter toe.. Die stuur hom om n kak lang earbud in sy neus op te druk sodat ons die resultate kon kry.. Vir my het dit gelyk soos: “ahhhh siestog funny churches… Julle krismis planne is n fokop!” hy word toe nou statistiek en ons is sumier in lockdown level 100.

Almal met wie ons kontak gehad het word verwittig, voel half krimineel. Sorry guys, hou julle gesondheid dop, shit hoop julle is ok se ons. Sterkte se hulle.

Sterkte?

Ek huil as ek nie my sin kry nie

Altyd

Elke keer

Alles wat ek beplan het is gecancel, geen krismis poesente, crackers of Gamon nie! Ek huil soos Karin Zoid wat Ave Maria sing!

Ek sit ini lockdown lounge en praat met die Jirre. Ek vra hoekom dan nou? Hy weet mos ek hou van kuier met my mense.. Hy weet dan ek is n Desember baba en moet heeltyd mense om my he.. Ek is so bietjie kwaad want Hy ontneem my die jaar van alles.

Nee, se Hy. Jou mense is by jou! Jou persente is alles om jou..

Ek huil vanaand

Net vanaand

Net een keer!

One thought on “Corona krismis!

  1. Ai tog, dis baie baie erg! Hoop julle deurstaan die volgende rukkie. My skoonsus huil as sy baie kwaad is, sy sê dis vreeslik, want sy wil redeneer en argumenteer en baklei, maar sy kan nie ‘n woord uitkry nie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s