$45 dolla.. I love you longtime!!!

Kry ek vandag n hoer beroerte toe ek sien Nedbank stuur n sms wat se $45 is van my rekening af! Jaaa.. Dollar!!! Ek wil onmiddelik die fraud raporteer.. Want die hemel weet tussen uber en take alot raak die geldjies maar min in die savvy account!

Ek gaan kyk mooi wavoor die lot geld nou weer verdwyn. Maar ek is moerig hoor! Carte Blanche gaan van die scam hoor en Derick of Devi gaan iemand se strot aftrap!

Na n noukeurige ondersoek stel ek vas dat die kak huis vol geld my jaarlikse subskripsie is vir die WordPress blog van my alter ego VetGirl!

Ek is sommer die moer in vir haar ook.. Wie is sy anyway en hoekom moet EK betaal om die dronk gat aan die lewe te hou?

Dis mos nou die maer jare en elke sent moet jy paar keer omdraai voor jy jou gat met jou laaste pennie afvee!

Heeldag dink ek aan haar.. Wil haar laat verdwyn.. Hoekom doen sy die storietjies?? Vir n paar likes en shares op Facebook? Sy het nog nerens n sponsor gekry nie.. En het nog nie die wereld gereis saam met Thompson travel nie?

Ekt so bietjie gaan sit en wonner of dit die dollars werd is om haar aan die lewe te hou.. Vir wie? Dink ek?

VetGirl is n wynvlieg! Sy isoleer haarself in n een vietkante meter van n 300 vietkante meter huis.. Sy sit en chardonnay drink op n erf stoel, bitch en moan oor haar bleskop en haar al te slim pre teen. Sy klim met sooibrand in die bed en sit op die poep ketel die volgende oggend om te kyk hoeveel likes sy het.

Likes!?!

Define die likes haar? As sy soeveel likes het gaan haar lewe verander? Gaan likes en shares haar die $45 weer terug gee?

VetGirl is toe nou nie “all that, and a bag of chips nie”

Maar VetGirl is EK!

Ek kan my dag of week of maand afsluit met n ou storie.. My ou storie!

VetGirl is MY dagboek, my uitlaat klep en my merk op die kuber ruimte!VetGirl se wat ek nie die guts het om te se nie, sy voel wat my hart nie toelaat om te voel nie en sy inspireer my wanneer ek voel dis enough!

Ek waardeer al die likes en shares wat VetGirl kry, ek geniet die terugvoer en die comments.. Maar ek besef vandag dat daai dollars my sanity check is..

As VetGirl jou inspireer, laat lag, laat huil, n kak ma of n beter mamma maak, as VetGirl jou laat wyn, tee of Gin drink is ek bly.

Maar VetGirl is vir MY! Sy is my beste vriendin, sy judge nie, sy preek nie en sy motiveer my om n beter EK te wees..

Fok, sy blaker dan al my doen en late uit op die wereld wye web!!

$45 is die moeite werd as VetGirl vir nog net 1 jaar haar wasgoed in julle almal se fone kan kom was!

One thought on “$45 dolla.. I love you longtime!!!

  1. Ek love you long time too. Die dag wanneer ek nie meer jou pittige sielskos kan lees nie, kou ek wragtag my polse af. Jy is fenomenaal. Asseblief moet nooit jou talent onder enige emmer weg steek nie. As jy dalk eendag wil ek vergeet onder watter wenner, sal ek jou onmiddelik kom help soek. Baie respek. Viva vetgirl Viva!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s