lekker

Oweeeee…lekker gaan lekkerder raak ! Die gedeelte van die blog gaan propvol njom njom wees.

Die wat my goed ken, en die wat net na my kiekies kyk, kan mos sien dat ek lief is vir lekker eet. Ek is gek oor lekker kos, lekker kuier, lekker entertain ! Ek kan ure lank sit en beplan aan my volgende “geleentheid”. Ek beplan tot in die laaste detail; die kos, die borde, die tafeldoek, naam plaatjies en die weg neem geskenkie vir elke gas. Selfs ‘n braai is altyd ‘n oefen kans op my cullinary masterpieces. Ek probeer selfs ‘n ou potato bake lyk na iets wat ‘n master chef opgetoor het, die kom soms met ‘n indemnity waar my proefkonyn gaste moet teken; “al is dit onsmaaklik, oneetbaar, sal ek nie kla nie en ook nie ‘n dokters rekening stuur nie.

Ek het ‘n magdom kookboeke waardeur ek blaai soos koffietafel glans boeke. Het al moerse lever arch files vol uitskeur respete gemaak – maar loer net watse spices ‘n pork belly nodig het of ‘n marinade wat wildsvleis soos hoender kan laat proe. Ek loer hoe lank moet ‘n lamsboud in die oond gaan en vra vir google hoeveel grade celcius is 375 grade fahrenheit. Ek glo dat ek al ‘n paar bloutjies geloop het – maar ek dress dit altyd mooi op, so almal voel te skaam om te iets te se.

Ek is mal oor ‘n kitchen gadget ! Ek deepry, dry fry, presure cook en slow cook enige ding wat eetbaar lyk. Ek meng sous met al die left over souse, en toor met knorr uie sop pakkies.

Ek is by no means ‘n Huigenoot Wen Resep bydraer nie ! Maar ek het nou so fensie Huawei Pro 20 sellulere tienkeldoos wat die allermintigste fotos neem, so wanneer ek myself in die kombuis bevind, besig om iets op te toor, sal ek stap vir stap kiekies neem, terwyl ek ‘n glas wyn in die linkerhand hou en met my regterhand deur die yskas blaai om ‘n eksotiese bestandeel te soek, my resepte met jou deel – AS die dis eetbaar uitdraai.

shutterstock_394775977.jpg